Nuus

Wat ’n wonderlike reünie: Prof Dan Kgwadi se hoërskoolonderwysers, Maria Sefotlhelo (links) en Martha Virgina (regs), is baie trots op die prestasies van hul voormalige leerling.

 

Tydens die ontbytgeleentheid het prof Dan Kgwadi, die visekanselier, gepraat oor die prestasies en uitdagings wat die NWU, wat die tweede grootste universiteit in Suid-Afrika is, in die gesig staar. Hy het gesê die universiteit toon geen verdraagsaamheid teenoor studente wat die instelling op sosiale media slegmaak, maar dit vier wanneer hulle hul grade by die NWU behaal nie.

 

Ander onderwerpe wat prof Dan bespreek het, was die belyning van alle kurrikulums regoor al die kampusse en die uitbreiding van die infrastruktuur op die kampusse in Mahikeng en Vanderbijlpark, waar daar groot ruimte vir verdere ontwikkeling is.

 

Visekanselier kuier saam met sy voormalige onderwysers

Jare gelede, in die middel-1980’s, het onderwysers Maria Sefotlhelo en Martha Virgina geen idee gehad dat die lang seun in hul klaskamers eendag die visekanselier van een van die grootste universiteite in Suid-Afrika sou word, en hulle in daardie hoedanigheid sou toespreek nie.

Dit is egter presies wat op Saterdag 21 Oktober in Mahikeng gebeur het. Hierdie twee onderwysers was onder die alumni wat ’n ontbytgeleentheid bygewoon het wat ter ere van onderwysers gehou is en waar hulle voormalige leerling, nou prof Dan Kgwadi, die hoofspreker was.

 

Maria was sy Afrikaans-onderwyser toe hy in graad 11 en 12 by die Kebalepile Hoërskool in Mahikeng was, terwyl Martha vir hom die ingewikkeldhede van fisiese wetenskap en wiskunde aan dieselfde skool verduidelik het.

 

Een verenigde universiteit

 

Tydens die ontbytgeleentheid het 50 alumni met aandag geluister terwyl prof Dan vir hulle meer oor die transformasieproses by die universiteit vertel het. Hy het beklemtoon dat die NWU nou nie meer drie aparte kampusse is nie, maar een universiteit met verskillende entiteite. Hy het ook verduidelik dat die NWU nou agt fakulteite het, met agt uitvoerende dekane aan die hoof, in plaas van die 15 fakulteite van vroeër.

 

Alumniverhoudinge-praktisyn Susan van Rooyen het beklemtoon dat dit belangrik is dat alumni as rolmodelle vir huidige studente moet optree deur die kampus te besoek en met hulle te praat. Dit sal veral motiverend wees as die studente hoor dat die alumni dieselfde uitdagings gehad het wat hulle as studente nou ervaar en dat dit oorkom kan word.

 

Warren Makgowe, NWU se direkteur vir belanghebberverhoudinge, het ook met die alumni gepraat en die belangrikheid van die NWU-konvokasie beklemtoon, en verduidelik hoe alumni lede kan word.

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

NWU & U  |

NWU & U  |

X

Front page

 

On the front page photograph, Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) dances with Lyrinda Venter (in the role of ballet dancer Iris Kelly).

NWU & U