Nuus

Prof Wannie Carstens, voormalige direkteur van die NWU se Skool vir Tale, het prof Ena Jansen vir die eredoktorsgraad benoem.

 

Hou die vaandel hoog vir Afrikaans

 

Prof Ena Jansen, wat sedert 2002 in Amsterdam woon, het haar akademiese loopbaan in Suid-Afrika in 1972 aan die Universiteit Stellenbosch begin.

 

Van daar af het sy in 1984 na die Universiteit van die Witwatersrand beweeg, waar sy ’n besonder hooggeagte akademiese loopbaan gebou het. Daarna, tussen 2013 en 2016, het sy die gesogte pos van professor in die “leerstoel Zuid-Afrikaanse letterkunde” by die Amsterdamse Universiteit gevul.

 

Ena het ook ’n groot rol gespeel in die behoud van Zuid-Afrika-Huis (ZAH) in Amsterdam as ’n bate vir Afrikaans en Suid-Afrika, en om dit selfs verder te ontwikkel. Die gemoderniseerde ZAH is nou weer eens die plek in Amsterdam waar mense vergader om die belange van Afrikaans in die Nederlandse konteks te bevorder.

 

NWU vereer mediese en taalkundige

Die NWU het onlangs eredoktorsgrade toegeken aan ’n ervare kardioloog, skrywer en akademikus, en aan ’n internasionaal bekende vakkundige wat ’n uitmuntende bydrae tot die bevordering van Afrikaans in die Lae Lande (Nederland en België) gemaak het.

Prof Kubedi Patrick Mokhobo, wat die eerste swart kardioloog in Suider-Afrikaanse lande soos Swaziland, Lesotho en Suid-Afrika was, het tydens die lentegradeplegtigheid op die kampus in Mahikeng ’n eredoktorsgraad ontvang.

 

Die taalaktivis prof Ena Jansen is op die kampus in Potchefstroom vereer vir haar enorme bydrae tot die herlewing van die status van Afrikaans as vak in die Lae Lande.

 

Van nêrens na êrens

 

Prof Kubedi Mokhobo is bekend vir sy omvattende bydrae op die gebied van kardiologie en sy toewyding om aan behoeftige mense bekostigbare mediese sorg te verskaf. Albei hierdie rolle word in sy biografie, From Nowhere to Somewhere: An unchartered destiny, beskryf.

 

Die boek vertel sy persoonlike lewensverhaal. Hy het sonder ’n pa grootgeword en is deur verskillende mense aangeneem. Hy het eers op tienjarige ouderdom begin skoolgaan. Hy het egter sy skoolopleiding in ’n baie kort, intensiewe tydperk by klein plattelandse skole voltooi, en uiteindelik aan instellings soos Wits en die Rigs-hospitaal in Kopenhagen studeer.

 

Kubedi se prestasies sluit in dat hy instrumenteel was om sendinghospitale na staatsgeriewe te verander en dat hy ’n verpleegpraktykprogram begin het wat die basis vorm van die opleiding wat die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging aanbied.

 

Sy bydrae het ook onderrig en leer in die gesondheidswetenskappe ingesluit, veral in die verpleegkunde-departement van die voormalige Universiteit van Bophuthatswana (nou die NWU).

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

Prof Dan Kgwadi, NWU se visekanselier, ken ’n eredoktorsgraad aan prof Kubedi Patrick Mokhobo toe.

NWU & U  |

NWU & U  |

X

Front page

 

On the front page photograph, Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) dances with Lyrinda Venter (in the role of ballet dancer Iris Kelly).

NWU & U