redaksioneel

Prof Dan Kgwadi

Boodskap van

die visekanselier

Beste alumnus,

 

Die Raad het die verandering van ons primêre korporatiewe kleur goedgekeur om die unitêre aard van die Noordwes-Universiteit te simboliseer. Ek weet mense het verskillende opinies daaroor. Ek wil graag alle alumni aanmoedig om te besef dat die verbintenis wat die ou kleure met ’n spesifieke kampus het, te verdelend was om te behou en dat dit ons visie vir die toekoms weerspreek het.

 

Dink terug aan ons verlede met sy baie verskillende identiteite. Ons gee erkenning aan ons immer ontwikkelende identiteite as deel van ons geskiedenis. Ons koester hulle almal, soos wat mens die foto van ’n ou vriend sal koester.

 

Sommige van ons dink met nostalgie terug aan die ou UNIBO. Ander het op die ou Vaaldriehoekkampus van die PU vir CHO studeer. En sommige mag dalk oupa- of oumagrootjies hê wat aan die PU vir CHO studeer het toe dit nog bekend was as die Potchefstroomse Universiteitskollege, vanwaar die bynaam PUK kom.

 

Ek het grade aan beide die PU vir CHO en UNIBO behaal. Ek is dus ’n alumnus van die NWU, die universiteit wat geskep is deur die samesmelting van die Universiteit van die Noordwes en die PU vir CHO, met inkorporasie van Vista se Sebokengkampus. Ek is trots op waar ek studeer het en ek glo julle is ook.

 

Maar ons moes aanbeweeg na ’n gemeenskaplike, gedeelde toekoms. Ondersteun ons op ons voortgesette reis om hierdie toekoms te bou, terwyl ons erkenning gee aan die verlede en sy ryk erfenis.

 

Vriendelike groete,

 

 

Prof Dan Kgwadi

Visekanselier



die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

NWU & U  |

NWU & U  |

X

Front page

 

On the front page photograph, Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) dances with Lyrinda Venter (in the role of ballet dancer Iris Kelly).

NWU & U