REDAKSIONEEL

 

Redakteur

Nelia Engelbrecht

 

Redaksie

Willie du Plessis

Bertie Jacobs

Maryke Laas

Phenyo Mokgothu

Christopher Motabogi

Tumelo Muteme

Marelize Santana

Kiewiet Scheppel

Hanlie Smuts

Annette Willemse

 

Ontwerp en uitleg

Kurrikulumontwerp en Ontwikkeling

Grafiese Dienste

 

Fotografie

Redaksie en diensverskaffers

 

Vir verdere navrae/korrespondensie

Nelia Engelbrecht,

tel 018 299 4937 of nelia.engelbrecht@nwu.ac.za

 

Die NWU & U word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans en Engels uitgegee.

 

 

 

Alumniverhoudinge-praktisyns

 

Susan van Rooyen (Mahikeng)   susan.vanrooyen@nwu.ac.za

 

Abigail Leshope (Potchefstroom) abigail.leshope@nwu.ac.za

 

Zanele Ngobese (Vanderbijlpark) zanele.ngobese@nwu.ac.za

 

Wat ’n jaar

Geagte alumi

 

Vir die NWU sal 2017 waarskynlik uitstaan as een van daardie jare toe die “winde van verandering” teen orkaansterkte gewaai het.

 

Ons het hierdie jaar talle nuwe strukture by die universiteit geïmplementeer, byvoorbeeld toe ons die vorige 15 fakulteite in vyf gekonsolideer het en uitvoerende en adjunkdekane aangestel het.

Dit is nie die eerste keer dat die winde van verandering deur die NWU waai nie.

 

In 2009 het ek in die heel eerste NWU & U die volgende in die redaksionele boodskap geskryf: “Net na die samesmelting het talle studente en personeellede by die NWU waarskynlik vreemd gevoel op hulle eie werf. Soos Dorothy in The Wizard of Oz gesê het: ‘Toto, I've got a feeling we’re not in Kansas anymore’.”

 

Wel, die winde van verandering het weer so gemaak – ons as NWU-belanghebbers is uit ons gemaksones na onbekende terreine gewaai. Boonop staan ons nie eens op Dorothy se geelbaksteenpad nie – die pad onder ons voete wat die toekoms in strek, is ’n lewendige pers. (Ja, die NWU se nuwe primêre kleur is pers, soos julle op hierdie uitgawe se voorblad kan sien.)

Arme Dorothy. Verandering is nie altyd maklik nie. Dit daag ons uit en maak ons soms selfs kwaad, maar dit stimuleer ons ook om op ’n splinternuwe manier na die wêreld te kyk.

 

Van ons kan dalk voel dat die “goeie ou dae”, toe ons op een van die NWU se drie kampusse studente was, vir altyd verlore is. Ja, soos ek gesê het, dinge is maar geneig om te verander. Nuwe geboue word opgerig, personeel en studente kom en gaan, en universiteitstrukture verander.

 

Sommige dinge bly egter steeds dieselfde, en die NWU se strewe om uit te blink, is een daarvan. Ons wil inderdaad steeds met innoverende leer en onderrig en toonaangewende navorsing uitmunt, en sodoende deur kennis die samelewing dien. Ons wil dit egter as ’n unitêre instelling doen: een in gees en een in strewe.

 

Kom ons omhels hierdie verenigde NWU en ondersteun sy soeke na uitnemendheid.

 

Lekker lees en geniet ’n wonderlike feestyd saam met julle geliefdes.

 

Nelia en die

NWU & U-span

 

 

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

X

Front page

 

On the front page photograph, Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) dances with Lyrinda Venter (in the role of ballet dancer Iris Kelly).

NWU & U