Nuus

previous

<

Terug ná 50 jaar

 

Vyftig jaar nadat hulle hul eerste treë as groentjies op die kampus van die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys of die Potchefstroomse Onderwyskollege gegee het, was hulle weer hier in Potchefstroom.

 

Wat ’n gesellige dag was dit nie toe die eerstejaars van 1967 op 27 Oktober op die kampus kom kuier het nie. Theo Cloete, direkteur vir bemarking en studentewerwing, het vir hulle van die jongste onwikkelings by die NWU vertel en die universiteit se waardering vir hulle jarelange ondersteuning uitgespreek.

 

Alumni se wortels
lê wyd en syd

Van oral het oud en jonk gekom, almal met een gemeenskaplike doelwit – om hulle bande met mede-alumni en met hul alma mater te versterk.

’n Groep van 1967 se eerstejaars besoek die kampus in Potchefstroom. Hulle is Kobus van der Walt, An du Plessis, Frik Prinsloo, Cornelia Swanepoel, Ernst Breet, Francien Smuts en Izak Hoffman.

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

Alumni van die kampus in Potchefstroom het die afgelope tyd in Pretoria, Potchefstroom en die verre Swakopmund saamgetrek.

 

Vir die Pretoria-kuier op 20 September het sowat 120 alumni by die Olympus-funksiesentrum byeengekom. Prof Fika Janse van Rensburg, die adjunk-visekanselier op die kampus in Potchefstroom, het met die alumni gesels oor die NWU se unitêre strategie en hoekom dit vir die toekoms van die universiteit belangrik is. Dr Theuns Eloff, die voormalige visekanselier van die NWU, was ook een van die gaste.

 

Farmasie vier 75 jaar

 

Aptekers van oraloor het op 10 en 11 November ʼn draai op die kampus in Potchefstroom kom maak om saam met die Skool vir Farmasie hulle 75 jaar lange bestaan met 'n simposium en 'n gala-ete te herdenk.

 

Tydens die Vrydagmiddag-toer deur die nuwe farmasiegebou het menige alumnus se oë behoorlik geblink toe hulle die moderne geriewe sien.

 

Saterdag was dit simposiumtyd, met ʼn hele aantal gesiene sprekers op die program. Alumni kon luister na prof Sarel Malan, voorsitter van die Aptekersvereniging van Suid-Afrika, dr Joey Gouws, registrateur van die Medisynebeheerraad, Vincent Tlala van die Suid-Afrikaanse Aptekersraad, Joubert Krugel van die ouditeursfirma KPMG, en prof Antoon Goossens, die eerste dekaan van die voormalige Fakulteit Farmasie.

 

Die aand het prof Robert Balfour, die adjunk-visekanselier vir onderrig en leer, die gala-geleentheid geopen. Prof Awie Kotzé, die uitvoerende dekaan vir die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, het 'n oorsig oor die fakulteit en die posisie van Farmasie binne die fakulteit gegee.

 

Waar see en duine ontmoet

 

Daar waar Namibië se rooibruin duine die koue Atlantiese Oseaan ontmoet, het nog ’n groep alumni gewys hoe trots hulle is om steeds deel van die NWU te wees.

 

Personeel van die alumnikantoor en 30 alumni het op 3 November in die Swakopmund Plaza Hotel bymekaar gekom om bande opnuut te versterk, al is die universiteit meer as 1 000 km ver.

 

Tydens die kuiertjie het die alumni die universiteitsbestuur sterkte toegewens met die implementering van die nuwe strategie.

 

In die agterste ry saam met prof Fika Janse van Rensburg (middel) is Pretoria-alumni John Jacobs, Ruan Meyer, Ili Kirsten, Cecile Bisschoff en Adri Haasbroek. Voor is Martin Park, Morne du Toit en Nico Botha.

By die saamtrek in Swakopmund is Izette Schouwstra van die alumnikantoor, prof Rikus Fick, direkteur vir studentelewe op die kampus in Potchefstroom, en alumni Henry McCarthy, Elmine McCarthy, Julia Engels en Chris Engels.

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

X

Front page

 

On the front page photograph, Stephen Bogatsu (as Tyrone Jackson) dances with Lyrinda Venter (in the role of ballet dancer Iris Kelly).

NWU & U