REDAKSIONEEL

Prof Dan Kgwadi

 

Studentelewe kry ʼn hupstoot

 

Die Studentelewe-afdeling het verskeie inisiatiewe geïmplementeer om ons studentewaardeproposisie onder die huidige beperkings te bevorder.

 

Benewens verskillende leierskapsopleidingsinisiatiewe, is geleenthede georganiseer om te probeer om ons lewendige studentelewe op die kampusse te toon, ten spyte van die beperkings wat die pandemie meegebring het.

 

Dit sluit in die Eerstejaars-kunsweek en gemeenskapsbetrokkenheids-aktiwiteite soos die Blikkieskos- en Kaalvoetdag wat reeds op die Potchefstroomkampus plaasgevind het en ʼn Pride Wall wat op die Mahikengkampus onthul is.

 

Boodskap

van die visekanselier

Beste alumni

 

Terwyl ons voortgaan om teen die wêreldwye pandemie te stry, raak dit toenemend duideliker dat ons innoverend moet dink oor hoe ons as die NWU ons kernbesigheid bedryf.

 

Ons bly in die eerste plek ’n kontakuniversiteit en kan dus nie tevrede wees om slegs aanlyn klasse aan te bied nie. Ons het gevolglik onverpoosd gewerk om ons waardeproposisie vir studente onder Covid-19 te verbeter.

 

Ons het byvoorbeeld beperkte kontak-onderrig-leer – in die aangesig-tot-aangesig-modus – in die meeste van ons fakulteite bekendgestel. Dit was nie ’n maklike taak nie, aangesien ons sitplekkapasiteit deur die Covid-19-beperkings tot slegs 28% beperk is, met die meeste van ons lokale wat nie aan Covid-regulasies voldoen nie.  Ons beplan om in die tweede semester met sulke aangesig-tot-aangesig-kontaksessies voort te gaan indien die Covid-regulasies onveranderd bly.

 

Verskeie aanlyn geleenthede het plaasgevind om die studente-ervaring te verbeter. Ons rasbewustheidsweek is byvoorbeeld so pas afgesluit. Ons het ook ’n virtuele loopbaandag vir ons huidige studente aangebied, en ’n virtuele opedag vir voornemende studente.

 

Hoewel baie van-aangesig-tot-aangesig-geleenthede gekanselleer is as gevolg van die styging in onlangse Covid-19-gevalle, het ʼn paar reeds plaasgevind en sal hulle hervat word wanneer die Covid-19-situasie verbeter.

 

Hierdie pogings was bemoedigend en beklemtoon die wyse waarop ons studenteleiers en -strukture verantwoordelikheid geneem het en saam met ons personeel gewerk het om waarde by die studente-ervaring te voeg.

 

Dit is egter hartseer dat ons nog verliese as gevolg van Covid-19 in ons personeelkorps ervaar het, wat weer eens die vernietigende effek van hierdie pandemie beklemtoon.

 

Ons Covid-19-reaksiespan probeer dus onverpoosd om maniere te vind om die pandemie te hanteer, terwyl ons deurlopend daarna streef om ons aanbieding as instelling in hierdie uitdagende omgewing te bevorder. My opregte dank aan die personeel en studente wat onvermoeid werk om die NWU in hierdie moeilike tye vorentoe te neem.

 

Ons sal ongelukkig met gradeplegtigheidseremonies moet voortgaan totdat die situasie verbeter. Die getal graduandi per seremonie maak dit onmoontlik vir ons om geleenthede van-aangesig-tot-aangesig aan te bied. Gedurende die eerste seremonie in April 2021 het daar byvoorbeeld 3 000 studente gegradueer.

 

Ek bedank julle, ons alumni, vir julle voortgesette ondersteuning. Julle is ons ambassadeurs en ons sal weer in 2021 deur middel van die NWU se tweejaarlikse alumnitoekennings vir uitnemendheid erkenning aan ons buitengewone alumni gee. Besoek dus asseblief ons webwerf om te verseker dat die beste van die bestes vir hierdie gesogte toekennings benoem word.

 

My beste wense aan almal van julle terwyl ons die uitdagings van die pandemie trotseer.

 

 

Bly asseblief veilig.

 

 

 

Prof Dan Kgwadi

Hoof en visekanselier

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U