NUUs

Warren Makgowe, direkteur vir belanghebberverhoudinge, vertel vir ons meer oor die “Beter tesame” veldtog.

 

Waar daar ’n wil is, is daar ’n weg

 

Ten spyte van die uitdagings wat die Covid-19-pandemie in 2020 meegebring het, het die NWU – deur sy Ikateleng-projek – steeds daarin geslaag om aanvullende onderrig aan 847 leerders te bied, insluitende 563 in graad 12.

 

Dit is minder as gewoonlik, maar ’n noemenswaardige prestasie onder die huidige omstandighede.

 

“Al ses van ons sentrums moes verlede jaar tydens die harde inperking sluit en het eers weer oopgemaak toe die skole heropen het,” sê Lemogang Masethe, die Ikateleng-program se koördineerder.

 

’n Totaal van 1 320 leerders het hierdie jaar by Ikateleng aangesluit, en formele onderrig het in April begin. “Die NWU sal steeds aan Covid-19-regulasies voldoen en seker maak dat die nodige persoonlike beskermende toerusting by ons sentrums beskikbaar is,” sê Lemogang.

 

“Die NWU is toegewy aan sy sorgsaamheidsetiek en maatskaplike responsiwiteit.

Aan ons donateurs, NWK, Sanlam en Safripol: julle het ons gehelp om beter te word, en daarvoor sê ons dankie.”

 

 

Kyk na die video om meer te leer oor die Ikateleng-projek se lewensveranderende reis om skoolleerders te bemagtig om beter te word en meer te bereik.

Saai die saad en kyk hoe dit groei, en weet ons is beter saam

Kyk hoe dit groei, blom en aanhou floreer … en weet dat dit die saad is wat julle gesaai het wat hierdie pragtige proses aan die gang gesit het.

“Saadgeld” van alumni soos julle het gedurende die afgelope jare die NWU in staat gestel om dinamiese gegradueerdes te lewer wat ’n positiewe bydrae in Suid-Afrika, op die vasteland en in die buiteland lewer.

 

Julle, saam met ons ander donateurs en vennote, glo in ons droom en het die lewe van baie van ons studente verander. Julle het ons gehelp om hulle, ons studente, in staat te stel om uit te styg. Dit is waarom ons fondsinsamelingsveldtog “Beter tesame” genoem word.

 

Die NWU & U het met Warren Makgowe, direkteur vir belanghebberverhoudinge, gepraat oor die veldtog wat oor die volgende paar maande op verskillende projekte gaan konsentreer.

 

Kom ons bou saam ’n toekoms

 

“Ons wil vir julle wys hoe julle bydraes ’n positiewe impak op ons studente en gemeenskappe gehad het,” sê Warren. “Ons wil julle ook graag uitnooi om deel te wees van die veldtog en voort te gaan om ons te ondersteun wanneer ons ons studente ontwikkel en ’n toekoms bou waarop ons almal kan trots wees.”

 

Een van die suksesverhale wat die veldtog sal uitlig, is hoe die Hillensberg Trust die drome van verskeie NWU-studente ’n werklikheid gemaak het.  (Sien tekskassie, Maak drome waar.)

 

Nog ’n bemagtigende onderneming wat tydens die veldtog in die kollig geplaas sal word, is ons florerende 33 jaar oue Ikateleng-projek, wat aanvullende onderrig aan graad 10-, 11- en 12-leerders verskaf. (Kyk na die video om meer oor Ikateleng uit te vind.)

 

“Die verhale wat ons vir die veldtog bymekaarsit, is nie tot ons eie projekte beperk nie,” sê Warren.“Ons wil byvoorbeeld ook verhale insluit oor die Vroue in Ingenieurswese-projek wat deur die Fakulteit Ingenieurswese aangebied word.

 

“Deur hierdie stories te deel, leef ons die woorde ‘saam kan ons selfs meer vermag’ uit. Sluit by ons aan vir hierdie veldtog en belê in ons pogings om te sien hoe ons studente gegradueerdes word wat waarde toevoeg – net soos klein plantjies in majestueuse vrugdraende bome ontwikkel. Ons is op stuk van sake beter saam.”

Alumnus Sibusiso Simelane is dankbaar vir die ondersteuning wat hy van die Hillensberg Trust ontvang het.

 

Maak drome waar

 

Die Hillensberg Trust help hom om sy droom uit te leef, sê Sibusiso Simelane, wat ʼn BA-graad in musiek en samelewing het. “Ek het ’n aantal geleenthede gehad om oorsee te reis en my talent ten toon te stel. Elke keer wat ek die land moes verlaat, het die Hillensberg Trust my gehelp om my reisdokumente reg te kry,” sê hy.

 

Sibusiso is met die hulp van die trust tans ingeskryf vir vakke wat hom sal toelaat om volgende jaar vir ’n nagraadse onderwyssertifikaat in te skryf, aangesien sy droom is om ’n onderwyser te word wat in musiek spesialiseer.

 

Die trust het in 2020 R1,8 miljoen geskenk om NWU-studente te ondersteun. “Ons is geweldig dankbaar vir die befondsing van die Hillensberg Trust en hoop dat hierdie vennootskap vir baie jare sal voortduur,” sê Celeste Rossouw, senior spesialis vir belanghebberverhoudinge by die NWU.

 

“Sonder hulle finansiële ondersteuning sou ongeveer 20 studente elke jaar nie met hulle studies kon voortgaan nie.”

 

Die trust befonds studente wat ’n kwalifikasie op die gebied van medisyne, tegnologie, visuele kunste of musiek wil behaal. Dit is gemik op studente wat vir ’n tweede kwalifikasie ingeskryf is, asook op studente van die vermiste middelgroep – dié wat nie universiteitsgelde kan bekostig nie, maar ook nie vir NSFAS-befondsing kwalifiseer nie.

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

Help ons deur saad te saai

 

As jy by ons wil aansluit om saam ’n beter toekoms te bou, kan jy ’n e-pos stuur aan  Celeste Rossouw, senior spesialis vir belanghebberverhoudinge by die NWU.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

volgende

>

 

INHOUD

NWU & U