NUUs

Prof Carina Mels, direkteur van die Hipertensie in Afrika Navorsingspan (HART), sê hulle is trots daarop om deel van die Mei-metingsmaand in Suid-Afrika te wees. Sy glo dat herhaalde siftingsprogramme in Suid-Afrika nodig is om die bewustheid van hipertensie te verhoog.

 

Meer oor Mei-metingsmaand

 

2021 is die vierde jaar waarin die Internasionale Vereniging vir Hipertensie (ISH) die wêreldwye Mei-metingsmaand aanbied – ’n veldtog regoor die wêreld wat mense van hoë bloeddruk bewus maak.

 

Die ISH beraam dat in Suid-Afrika alleen een uit elke drie volwassenes verhoogde bloeddruk het.

 

As gevolg van die Covid-19-pandemie het die ISH besluit om ná Mei tot aan die einde van November met die veldtog vir bloeddrukmeting voort te gaan.

 

NWU se HART hou bloeddruk in toom

Daar is ’n stille moordenaar onder ons. Dit vloei deur ons are en dra tot groot gesondheidskwessies by wat ons lewens in ’n oogwink kan beëindig.

 

Hoë bloeddruk is ’n dodelike toestand en baie mense wat daaraan ly, kan salig onbewus wees van die gevaarlike en potensieel dodelike risiko’s daarvan vir hulle gesondheid.

Dit is waarom die Hipertensie in Afrika Navorsingspan (HART) in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe sy deel doen om ’n bewustheid vir en die meting van bloeddruk te bevorder.

 

HART het gedurende die hele Mei-metingsmaand (MMM) en op Wêreldhipertensiedag op 17 Mei verskillende siftings- en bewustheidsprojekte op die NWU se kampusse en in die omliggende gemeenskappe ondersteun.

 

Die doel was om lede van die algemene publiek aan te moedig om hulle bloeddruk te laat meet – gratis.

 

Moenie hierdie vyand onderskat nie

 

“Die gevare van hipertensie moet nooit onderskat word nie,” sê prof Carina Mels, direkteur van HART.“In Suid-Afrika is nie-aansteeklike siektes, waartoe hipertensie ’n groot bydraer is, nou een van die vernaamste oorsake van sterftes en ongeskiktheid.”

 

Carina sê bloeddrukstatistieke word net elke vier jaar vrygestel en nuwe statistiek is nog nie beskikbaar nie. “Vorige statistieke toon egter duidelik dat ’n verstommende 34,6% van die mense wat tydens die hipertensiebewustheidsprojekte getoets is, hipertensie gehad het.”

 

Sy sê ’n allemintige 56,7% van diegene wie se sifting hoë bloeddruk aangedui het, was heeltemal onbewus dat hulle probleme hiermee ervaar.

 

“Wat selfs meer kommerwekkend is, is dat slegs 49,2% van mense wat aan hoë bloeddruk ly, medikasie teen hipertensie ontvang.” Carina sê die proporsie van diegene wat reeds behandeling vir bloeddruk ontvang het, was slegs 28,3%.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

Hipertensie het geen waarneembare simptome nie en bloeddrukmeting is die enigste akkurate manier om dit te identifiseer.

 

vorige

<

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U