REDAKSIONEEL

Bert Sorgdrager

Boodskap vanaf die president

van die NWU-Konvokasie

Beste alumni

 

Ons kan trots wees oor die wyse waarop die Noordwes-Universiteit se alumni, studente en personeel saamgestaan het om te verseker dat hierdie instelling, ten spyte van ’n pandemie en menige uitdagings, steeds van krag tot krag gaan.

 

Jy weet die fondasie is stewig wanneer jou alma mater steeds ’n akademiese jaar met sukses kon voltooi en voortgaan om wêreldklas-onderrig aan sy huidige studente te bied.

 

Die NWU doen beloftes gestand en is suksesvol op pad na sy droom om ’n internasionaal gerekende instelling te word wat ware wêreldburgers kweek om in die globale ekonomie te kan meeding.

 

Om weereens internasionaal erkenning te kry deur ons plasing op die Center for World University Rankings (CWUR), se ranglys vir 2021/2022 wat hulle op 26 April gepubliseer het, is ʼn veer in ons hoed. Van al die universiteite op hul lys is die NWU in die top-4,7%, en boonop is ons sewende in die nasionale gradering.

 

Op ʼn praktiese noot

 

Die nuwe Beleid oor Alumniverhoudinge is goedgekeur en reeds beskikbaar. Hierdie is ’n maklike en gebruikersvriendelike beleid en gids om te verseker ons alumni bly verbind tot die NWU.

 

Daar is baie dinge waaroor ons dalk mag verskil, maar ons kan saamstem dat ons die fakkeldraers is wat moet verseker dat ons kindskinders ook die vrugte van gehalte-onderrig hier kan pluk.

 

Die Covid-19-pandemie het ons soms gepootjie, maar ons bly hoopvol dat daar deurentyd nuwe, innoverende planne sal wees om steeds ons take te voltooi. Die driejaarlikse NWU Konvokasie-vergadering wat in Maart sou plaasvind, sal in die tweede semester plaasvind – onderworpe aan enige Covid-verwante verwikkelinge – en ons sal ons lede op hoogte hou van alle datums en reëlings.

 

Enige alumnus het die reg om lidmaatskap tot die Konvokasie te bekom teen ’n eenmalige bedrag van R50. Jou stem kan dus steeds tel. Kontak nicolize.vanderwalt@nwu.ac.za vir meer inligting hieroor.

 

Alumni gaan weer skitter

 

Dit is weer tyd dat ons ons uitnemende alumni nomineer vir die NWU se tweejaarlikse alumni-toekennings vir uitnemendheid.

 

Klik hier om meer te lees oor die verskillende kategorieë en hoe die nominasieproses werk. Die rooi tapyt sal in Oktober vanjaar vir die wenners uitgerol word.

 

Dis lekker om te sien hoe ons studente en alumni presteer, hoe ons personeel gereken word in die akademiese sfeer en om gerus te wees dat personeel meer as die ekstra myl loop. Dit alles begin hier… maar vir ons as alumni hou dit nooit op nie – ons stap die pad graag saam met die NWU wat die hoeksteen van ons sukses is.

 

 

Groete,

 

Bert Sorgdrager

President van die NWU-Konvokasie

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U