NUUS

Bome en vroue gee lewe

 

Stel jou die volgende voor: die dekblad van die Alumnikantoor se spyskaart van gebeure vir Augustus/September vertoon ’n foto van ’n vrou wat onder ’n boom staan.

 

Die vrou sowel as die boom is simbole van lewe.

 

*Bome is die gashere van komplekse mikrohabitats – een volgroeide eikeboom kan byvoorbeeld die tuiste wees van tot so veel as 500 verskillende spesies. Net so gee vroue lewe en verskaf skuiling deur die “tuiste” vir hulle kinders te wees.

 

Met hierdie in gedagte gaan die Alumnikantoor fokus op Vrouemaand (Augustus) en op Boomplantweek (wat op 1 September begin).

 

Hulle gaan op 27 Augustus ’n Vroue in Besigheid-webinaar aanbied om ons alumni te bemagtig wat by sakeondernemings betrokke is, en gedurende Boomplantweek gaan hulle bome plant.

 

Wil jy graag in die boomplantpret deel? Wel, gaan haal jou graaf uit en kontak ons by nwualumni@nwu.ac.za. As jy nie fisies by ons kan wees nie, waarom plant jy nie jou eie bome nie? Stuur dan vir ons video’s van hierdie ‘groen’ geleenthede.

 

*Bron: The Royal Parks-webwerf

 

Neem jou plek  by die geleentheidstafel vir alumni in

As ’n mens na die propvol spyskaart van gebeure kyk wat die Alumnikantoor vir julle, ons alumni, beplan het, is dit duidelik dat hulle nie gaan toelaat dat die Covid-19-pandemie hulle geesdrif demp nie. Hopelik sal julle ’n goeie aptyt hê vir die “geregte” wat gedurende die volgende paar maande vir julle opgedis gaan word.

Kom ons kyk na hierdie fees.

 

 

Gee jou loopbaanpad ’n hupstoot

 

Is jy ernstig oor jou loopbaan, jou ontwikkeling en jou reis van lewenslange leer? Wel, jy hoef nie verder te soek nie: as jou loopbaanvennote is ons heeltyd aan jou sy.

 

Jy sal al die kundiges, advies en inligting wat jy nodig het op ons Facebook-blad kry. Van daar af kan jy die skakels na video’s van Bhive, die NWU Loopbaansentrum, en die NWU Besigheidskool kry – almal gratis instrumente om jou loopbaanpad te bevorder.

 

 

Salueer ons verpleegkundiges

 

Mei is Verpleegkundemaand, en aan hierdie helde wil ons sê: dankie, ons salueer julle!

 

Verpleegkundiges vorm ’n baie groot deel van ons alumni en lewer tans ’n ongelooflike bydrae in die gesondheidsektor. Dit is waarom ons julle gevra het om vir ons te vertel van verpleegkunde-alumni wat die stryd teen Covid-19 op ’n onbaatsugtige wyse aanpak.

 

 

Wat van ’n koppie koffie?

 

Ons gaan op 29 Mei saam met ons alumni van die pragtige Jakarandastad koffie drink. As julle in Pretoria by ons wil aansluit, stuur ’n e-pos aan nicolize.vanderwalt@nwu.ac.za.

 

 

 

Gedurende Junie – wat natuurlik Jeugmaand is – gaan ons op ons jong alumni en hulle prestasies fokus. As julle van enige alumni jonger as 30 jaar oud weet wat dit verdien om vereer te word, kontak ons by nwualumni@nwu.ac.za.

 

Reik ’n helpende hand

 

Die Alumnikantoorpersoneel gaan in Julie hulle moue oprol en gemeenskapswerk doen om te bewys dat hulle werklik die NWU se droom bewaarheid om ons sorgsaamheidsetiek uit te leef. In die gees van Madiba-dag op 18 Julie gaan hulle hul deel in die gemeenskappe rondom ons drie kampusse doen. Wil jy hulle ondersteun? Kontak nwualumni@nwu.ac.za om aan die projekte deel te neem of enige soort donasie te maak.

 

Vir die geleenthede wat vir Augustus beplan word, kyk na ons tekskassie met die opskrif Bome en vroue gee lewe.

 

Lekker smul!

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

Kersfees in Julie

 

Het julle geweet die Alumnikantoor het ’n spesiale aanbieding op hulle geleentheidspyskaart?

 

Ja, hulle noem dit “Kersfees in Julie”. Hierdie “gereg” sal later bekendgestel word, dus sal julle jul nuuskierigheid moet beteuel, en julle oë op ons Facebook-blad en weeklikse nuusbriewe hou.

 

 

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U