nUUs

 

Ons maskot, Eagi, verteenwoordig die handelsmerk-eienskappe van ʼn verenigde NWU.

 

Die arend het in talle kulture ’n positiewe betekenis. Dit verteenwoordig positiewe eienskappe wat perfek by die NWU se strategie en doelwitte pas. Dit sluit in sukses, ambisie, dapperheid, uitbreiding, nuwe lewe, leierskap en vryheid.

 

Eagi simboliseer ons toewyding om die lewe met kreatiwiteit aan te pak en bo die res uit te styg.

 

Hy verteenwoordig ook ons strewe om geleenthede te vind om uit te blink en voortdurend te verbeter.

 

Eagi vertel wat gebeur

Eagi, ons NWU-maskot, help julle om tred te hou met alles wat by die NWU gebeur. So, laat ons sonder meer na die nuuskamer toe gaan waar Eagi vir julle ’n oorsig sal gee.

Ons vertrou dat julle die volgende stories interessant sal vind. (Klik op die opskrif van elke artikel om meer te lees.)


NWU-Studentelewe en Skool vir Verpleegkunde  vier verpleegkundiges 

Internasionale Verpleegkunde- en Vroedvroudag word elke jaar op 12 Mei gevier, en vanjaar het die NWU hulde gebring aan alle verpleegkundiges vir die sleutelrol wat hulle in ons samelewing speel, veral tydens die Covid-19-pandemie.

 

Die Studentelewe-afdeling op die Mahikengkampus het die dag gevier deur uit te reik na die verpleegkundiges by die Gesondheidskliniek, terwyl dosente van die Skool vir Verpleegkunde ’n stille waak in die Wandellaan op die Potchefstroomkampus gehou het.

 


Skoolhoofde in die Noord-Kaap gaan by unieke diploma baat

Die Fakulteit Opvoedkunde is gekies as die voorkeurverskaffer vir die aanbieding van ’n unieke Gevorderde Diploma in Opvoedkunde vir skoolleiers in die Noord-Kaap.

 

Die diploma, wat op onderwysleierskap en -bestuur fokus, is ’n pasgeregistreerde kwalifikasie wat vir die eerste keer aangebied word. Dit is nasionaal ontwikkel en is ’n professionele en intreevlakkwalifikasie vir skoolhoofde, soos dit in die Suid-Afrikaanse Standaard vir Prinsipaalskap beoog word.

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL


Benoem die beste van die bestes van die NWU-alumni

Die NWU sal weer eens die merkwaardige prestasies van sy uitmuntende alumni vier tydens die sewende tweejaarlikse Alumni Uitnemendheidstoekenning-seremonie wat vir Oktober hierdie jaar beplan word.

 

Dit is die ideale geleentheid vir alumni, personeel en belanghebbers om verdienstelike alumni uit alle lewensterreine vir hierdie toekennings te benoem. Benoemings moet egter spoedig ingedien word, aangesien die tyd min raak – die sluitingsdatum vir voorleggings is 10 Junie.

 


Psigososiale bestuur van depressie onder tieners

Dr Precious Chibuike Chukwuere, ʼn postdoktorale genoot by die Skool vir Verpleegkunde, het onlangs ʼn konsepsuele raamwerk vir die psigososiale bestuur van depressie by tieners in die Noordwesprovinsie ontwikkel en laat geldig verklaar.

 

Sy doktorale studie het onthul dat die provinsie geen opvolgprogramme beskikbaar het vir tieners wat ontslaan is nadat hulle vir depressie behandel is nie. “Daar is dus ʼn behoefte dat die hoofde van gesondheidsinstellings maatreëls vir opvolgsorg in plek moet stel om hulle herstel te bespoedig,” sê hy.

 


Nuwe ontdekking verseker vir NWU-navorser ’n plek in top- wetenskaplike publikasie

Wanneer magneetvelde en lang uitbarstings van warm gas, genaamd strale (jets) op mekaar reageer, word die strale gebuig.

 

 Dit is ’n belangrike ontdekking, en prof James O Chibueze het vir sy aandeel daaraan vir hom ’n plek in die gesogte navorsingspublikasie Nature verdien.

 

Prof James is ’n medeprofessor by die Sentrum vir Ruimtenavorsing en die hoofskrywer van die artikel, “Jets from MRC 0600-399 bent by magnetic fields in the cluster Abell 3376”.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U