NUUs

vorige

<


 Eric en Salome More vier vanjaar hulle 32ste huweliksherdenking. Die paartjie is met drie pragtige dogters, een skoonseun en twee kleinseuns geseën. 

Vier 32 gelukkige jare saam

 

Ons het in 1984 in die eetsaal van die destydse Motlatlane-koshuis ontmoet.

 

Die oomblik toe ek haar gesien het, het ek dadelik geweet dat sy die persoon gaan wees met wie ek die res van my lewe wil deurbring en wat die moeder van my kinders sal wees. Ek was reg.

 

Ek was in my voorlaaste jaar van ’n BSc in opvoedkunde en my (toekomstige) vrou was in haar eerste jaar van ’n graad in sosiale wetenskappe. Sy was deel van die eerste graduerende klas van die Fakulteit Geesteswetenskappe by die voormalige Universiteit van Noordwes.

 

Ons het ongeveer in Maart 1984 begin uitgaan. Ek het vir haar gewag om haar studies te voltooi, waarna sy my die gelukkigste man wat lewe gemaak het deur in 1989 in te stem om met my te trou.

 

Ek sal vir ewig dankbaar wees vir die NWU – nie net vir my opleiding nie, maar ook vir die geleentheid om die liefde van my lewe te ontmoet – my maat en my beste helfte.

 

Ware liefde by die NWU – hier is ons wenners

’n Skuins blik van hom af in die kafeteria, ’n skaam glimlag van haar wanneer hulle oë in die biblioteek ontmoet … ja, dit is die veelseggende tekens dat jong liefde op ons NWU-kampusse blom.

Ons het onlangs vir julle, ons alumni, gevra om julle mooiste NWU-liefdesverhale uit die verlede met ons te deel, en julle het. Al die alumni wat aan ons veldtog deelgeneem het om Februarie as die maand van die liefde te vier, verdien om wenners te wees. Ons weet immers hoeveel harde werk, vergifnis en deursettingsvermoë dit verg om die vlam van liefde lewendig te hou.

 

Ons salueer julle vir julle toewyding aan mekaar, en ook dat julle deur die jare hierdie pad saam met die NWU gestap het.

 

Onder die stories wat ons ontvang het, het die roerende verhale van twee paartjies ons harte gesteel, en ons het hierdie twee wenners met geskenkpakke verras. Ons deel graag hulle stories op hierdie bladsy (sien die tekskassies).

 Dit is duidelik dat Mari en Willem Grobler ná 60 jaar van getroude lewe steeds verlief is. Mari het ʼn BA-graad in tale aan die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys behaal, en Willem BCom en MBA. Voordat hulle afgetree het, was Mari ’n hoërskoolonderwyseres in Engels, en het Willem verskillende poste in die suiwelbedryf (Clover SA) beklee, insluitende dié van finansiële bestuurder en rekenmeester. 


Steeds spesiaal ná 60 jaar

 

Ek is Willem Grobler en my vrou se naam is Mari. As ek my lewe kon oorhê, sou ek haar selfs vroeër gevra het om met my te trou.

 

Een dag, ná ’n wandeling onderdeur die yslike eikebome, het ek die Groot Vraag gevra. Sy het eers toe ons by die koshuis se deur kom, “ja” gesê voordat sy in die veiligheid van die koshuis ingeglip het.

 

Dit is hoe ek die “Gold Rush” op 10 Maart 1957 gewen het. Gedurende die volgende twee jaar het ons dikwels hand aan hand deur die strate op die kampus en in die omgewing geloop, haar klein handjie in myne of my arm om haar skouers.

 

Op Sondagaande tydens die koue wintermaande het ons die asbesbankies verruil vir musiek in die Totiussaal. Die hoofgebou se trappies het ook handig te pas gekom as ’n kuierplek.

 

Ons het nou twee getroude kinders en drie kleinkinders, en het op 4 April 2021 ons 60ste huweliksherdenking gevier.

 

Kyk na hierdie video wat al die paartjies en hulle inspirerende stories toon.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Mari en Willem Grobler op hul troudag, 60 jaar gelede.

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U