REDAKSIONEEL

Nicolize van der Walt is die afdelingshoof van die Alumnikantoor.

 

 

NWU & U se
redaksionele span

Redakteur

Nelia Engelbrecht

 

Redaksie

Belinda Bantham

Willie du Plessis

Bertie Jacobs

Zenoyise John

Maryke Laas

Phenyo Mokgothu

Christopher Motabogi

Tumelo Muteme

Marelize Santana

Kiewiet Scheppel

 

Ontwerp en uitleg

Karen Viljoen

 

Fotografie

Redaksie en diensverskaffers

 

Redaksie

Nelia Engelbrecht

Tel 018 299 4937 of nelia.engelbrecht@nwu.ac.za

 

Die NWU & U word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans en Engels uitgegee.

 

 

Boodskap van die Alumnikantoor

Kom ons praat…

 

Partykeer is daar mos ’n klippie in jou skoen. Dit veroorsaak nie bloeiende wonde nie, maar hy krap en pla. Jy is ongemaklik bewus van sy teenwoordigheid.

 

So is dit in ons lewens ook en soms karring ons eerder aan met daardie klippie, pleks van om die skoen uit te trek, die klippie uit te skud en sonder sukkel voort te gaan.

 

Dieselfde geld vir daardie klein krapperighede wat ons soms in die lewe ervaar. Daarom is my uitnodiging kort en kragtig: indien die klippie pla, kontak ons en laat ons daaroor praat.

 

Daar is min dinge so lekker as wanneer ek met ons alumni kan gesels. Selfs oor moeilike onderwerpe.Soms kom daar ’n bot, ongemanierde e-pos deur en my eerste reaksie is gewoonlik skok. Dan onthou ek: mense word deur emosies gedryf. En dan reik ek graag uit.

 

Die media, sosiale media, die riemtelegram en ander bronne kan soms inligting as die evangelie verkondig. Dit kan alumni soms warm onder die kraag laat of selfs in sekere gevalle uitgesluit en vervreemd laat voel.

 

Kom ons praat daaroor. Diskoers is gesond. Soms sal ons dalk moet saamstem dat ons NOOIT ooit sal saamstem nie – met die nodige respek. Die NWU ag sy alumni waardig en ons weet dat julle die penwortel is wat die pragtige instelling laat groei.

 

Ons is trots op elke alumnus wat ons vaandel na buite uitdra. Ons nooi julle terug vir enige verdere studie, ons nooi julle kinders en kleinkinders – hier is genoeg lig sodat die son oor almal kan skyn.

 

Kom skop daardie klippies uit en maak die instelling se hande nog sterker sodat ons steeds van die beste akademiese uitvoerprodukte in die land kan lewer.

 

Ons hoor graag jou stem. Kontak my by nicolize.vanderwalt@nwu.ac.za.

 

 

Vriendelike groete,

 

Nicolize en die span

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

Alumniverhoudinge-praktisyns

 

Tshepisho Sebeela (Mahikeng) tshepisho.sebeela@nwu.ac.za

 

Abigail Leshope (Potchefstroom) abigail.leshope@nwu.ac.za

 

Zanele Ngobese (Vanderbijlpark) zanele.ngobese@nwu.ac.za

 

 

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U