Ontdek die NWU

Dit is ons:

 

As die storms van die lewe rondom ’n mens woed, is dit waarskynlik veiliger om binnenshuis te bly tot dit verby is, eerder as om die stormsterk winde te trotseer. Dit is egter nie wat die NWU gedoen het toe ons die Covid-19-pandemie in die gesig gestaar het nie.

 

Te oordeel aan die Universiteitsbestuurskomitee (UBK) se aanbieding aan die Raad tydens ’n werkswinkel op 17 Maart 2021, het die NWU die uitdagings trompop geloop.

 

Die UBK beskryf in die aanbieding hoe die strategieë wat geïmplementeer is ons aktiwiteite beïnvloed het, en hoe ons intervensies ons in staat gestel het om voordeel te trek uit die nuwe geleenthede in die hoëronderwyssektor.

 

 

Ons trotseer die storm

In plaas daarvan dat ons toegelaat het dat die Covid-19-storm ons oorweldig, het ons deurgedruk en die nuwe geleenthede wat dit gebring het ten beste benut. Klik op die beeld hierbo om toegang te kry tot die aanbieding wat ons aanpasbaarheid en proaktiewe gesindheid demonstreer.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U