Nuus

 

Die regte is Neo se passie

 

Neo, wat ’n advokaat van die Hoë Hof is, het sedert Maart hierdie jaar as uitvoerende dekaan van die Fakulteit Regte waargeneem nadat die voormalige uitvoerende dekaan van Regte, prof Stephen de la Harpe, in Februarie as gevolg van Covid-19-verwante komplikasies oorlede is.

 

Neo het haar akademiese loopbaan by die NWU as ’n junior lektor in die Fakulteit Regte begin en voortgegaan om ons universiteit in verskeie hoedanighede te dien.

 

Sy het as lektor, senior lektor, hoof van die Departement van Privaat- en Gewoontereg en direkteur van die Skool vir Voorgraadse Studies gedien, en was sedert Maart 2018 die adjunkdekaan vir gehalteversekering en belanghebberverhoudinge.

 

Topgroep nuwe leiers neem hulle plekke in

Drie seniorposte is onlangs by die NWU gevul om sodoende ons leierskorps verder te versterk.

Prof Maphahlaganye Jeffrey Mphahlele sal op 1 Julie 2021 as adjunk-visekanselier vir navorsing en innovasie by die NWU-familie aansluit, terwyl twee uitvoerende dekane ook aangestel is.

 

Die dekane is prof Dumisane (Dumi) Moyo, wat as uitvoerende dekaan van die Fakulteit Geesteswetenskappe aangestel is, en dr Neo Morei, wat die nuwe uitvoerende dekaan van die Fakulteit Regte is. Dumi staan sedert 1 Mei 2021 aan die hoof van Geesteswetenskappe, en Neo sal die leisels van Regte op 1 Junie amptelik oorneem.

 

Kundige op die gebied van die mediese wetenskap

 

Maphahlaganye dien tans as visepresident vir navorsing by die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (SAMNR) – ’n pos wat hy sedert Oktober 2014 beklee.

 

Sy resumé is ’n voorbeeld van sy uitmuntende werk op die gebied van navorsing, en sy bydraes op die gebied van die mediese wetenskap in die besonder.Hy het sedert 2020 op die Ministeriële Advieskomitee oor Covid-19-entstowwe by die Ministerie van Gesondheid gedien.

 

Hy beklee ook verskeie internasionale leierskapsposisies, onder meer as die visevoorsitter van die Association Board of the European and Developing Countries Clinical Trials Partnership en die visevoorsitter van die Global Research Collaboration for Infectious Disease Preparedness.

 

Hy het reeds in verskeie navorsingspublikasies oor deurslaggewende onderwerpe soos die versterking van immunisasiedienste en -beleide en die beheer van aansteeklike siektes deur inenting gepubliseer.

 

Vir meer inligting oor Maphahlaganye se loopbaanhoogtepunte, klik hier.

 

Kommunikasie is na aan Dumi se hart

 

Voordat hy by die NWU aangesluit het, was Dumi ’n medeprofessor en ʼn adjunkdekaan van die Fakulteit Geesteswetenskappe aan die Universiteit van Johannesburg.

 

Voor dit het hy was hy die streeksprogrambestuurder vir media en toegang tot inligting by die Open Society Initiative for Southern Africa, en die streeksbestuurder vir die Strengthening Media and Society Project van die World Association of Newspapers and News Publishers.

 

Sy navorsingsbelangstellings sluit mediabeleid en -regulering, asook media, politiek, kultuur en tegnologie in Afrika in.

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

“Die Raad is vol vertroue dat die pasaangestelde adjunk-visekanselier, prof Maphahlaganye Mphahlele, navorsing en innovasie by die NWU tot hoër hoogtes gaan voer.

 

“Sy geesdrif, toewyding tot navorsingsuitnemendheid en befaamde kundigheid sal hom ’n welkome – en integrale – deel van die NWU maak, waar hy die universiteit se span navorsers, innoveerders en akademici sal lei.”

 

- Dr Bismark Tyobeka, voorsitter van die NWU-Raad

 

vorige

<

 

Verkry kennis om ander te bemagtig

 

Al drie die pasaangestelde NWU-leiers spog met indrukwekkende kwalifikasies.

 

  • Prof Maphahlaganye Mphahlele het ’n BSc-graad by Wits verwerf (1992), en die volgende kwalifikasies by Medunsa: ʼn mediese BScHons in mikrobiologie (1993), ’n meestersgraad in mediese wetenskap (virologie) (1995), en ʼn doktorsgraad in mediese virologie (1999).

 

  • Dr Neo Morei het haar eerste regsgraad (BJuris) in 1992 aan die voormalige Universiteit van Bophuthatswana (nou die NWU) verwerf. Dit is in 1994 deur ’n LLB-graad aan die voormalige Universiteit van Noordwes (nou die NWU) en ’n LLM in 1997 gevolg. Sy het in 2010 met ’n LLD aan die NWU gegradueer.

 

  • Prof Dumi Moyo het ’n BAHons in Engels (1991) en ’n nagraadse diploma in media- en kommunikasiestudies (1995) aan die Universiteit van Zimbabwe voltooi. Nadat hy in 1998 ’n MPhil-graad aan dieselfde universiteit voltooi het, het hy in 2006 ’n doktorsgraad in media- en kommunikasiestudies aan die Universiteit van Oslo verwerf.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U