X

Voorblad

 

Die NWU se handelsmerkwinkels het onlangs R70 000 vir die universiteit se Covid-19-reaksiefonds geskenk.

Eagi, die NWU se maskot, het die tjek vir Elmarie de Beer, uitvoerende direkteur van Finansies en Fasiliteite, by haar huis afgelewer, in ooreenstemming met Covid-19-veiligheidsregulasies.

 

Die reaksiefonds is daarop gemik om skootrekenaars en toestelle aan behoeftige studente te verskaf, terwyl ondersteuning ook aan personeel en die gemeenskappe rondom die kampusse verleen word. Klik hier indien jy ook ʼn skenking wil maak.

 

NUUs

Ruhann Steyn sê internasionale samewerking is die sleutel om die gevaarlike uitwerking van sonweerstoestande te beperk.

 

Reis terug in tyd

 

Ruhann se belangstelling in alles wat met die son te doen het, het op hoërskool in Pretoria begin.

 

Hy is gekies om die United Space School van die Johnson’s Space Centre by die National Aeronautics and Space Administration (NASA) in die Verenigde State van Amerika te besoek.

 

Hy is in 2015 terug na NASA om as mentor vir studente oor sonstraling en interplanetêre reise op te tree.

 

 

Navorsing neem Ruhann woestyn toe

 

Ruhann se navorsing oor die son het hom al tot in die Arabiese woestyn geneem.

 

Tydens sy PhD-studies het hy die geleentheid gehad om na die woestyn in die Sultanaat van Oman te reis om op 26 Desember verlede jaar ’n ringvormige eklips waar te neem.

 

“Die woord ringvormig (Engels: annular) verduidelik presies wat ek gesien het: ’n verstommende ring van vuur wat die son gevorm het toe die maan 92% van sy oppervlak verduister het.”

 

Oman was een van die beste plekke in die wêreld om die asemrowende eklips te sien, en Ruhann sê dit was ’n spesiale Kersfees, al was hy sonder vriende en familie in die woestyn.

 

Hy hoop om – wanneer die huidige Covid-19-pandemie dit toelaat – na Oman terug te keer om weer ’n eklips te kan sien.

 

Ruhann hou ’n wakende oog op die son

Die son is dalk 150 miljoen kilometer weg, maar wat op sy oppervlak gebeur, het ’n geweldige impak op die aarde en sy bewoners.

’n Massiewe sonstorm kan ’n vernietigende uitwerking hê op die aarde se magneetveld, ons elektrisiteitsnetwerke en die tegnologie wat ons elke dag gebruik. Dit is waarom ’n NWU-navorser dit sy missie gemaak het om ’n wakende oog oor hierdie buierige en onvoorspelbare hemelliggaam te hou.

 

Ruhann Steyn, navorser, dosent en tans PhD-student, speel ’n belangrike rol om te help om ’n sonobservatorium van wêreldgehalte by die NWU te vestig. Dit sal plaaslike en internasionale navorsers bemagtig met data om te bepaal wanneer gebeurtenisse op die son sal plaasvind en die uitkoms daarvan te voorspel.

 

Hy sê die teoretiese grondslag vir hierdie projek het reeds tydens sy meestersgraadstudies in 2016 begin. “Ons het sedertdien baie werk gedoen, en hoop nou om die grootste observatorium in Afrika wat uitsluitlik aan songebeurtenisse aandag skenk by die universiteit te vestig.”

 

Die plan is om hierdie observatorium op die dak van die Natuurwetenskappe-gebou op die NWU se Potchefstroomkampus te installeer.

 

“Ons doelwit is om ’n selfvoorsienende gerief met die modernste teleskope te hê.”

 

Moenie die uitwerking van die son onderskat nie

 

Ruhann, wat by die NWU se Sentrum vir Ruimtenavorsing werk, verduidelik dat sy doktorale navorsing hoofsaaklik oor die vervoer van son- energieke partikels in die heliosfeer handel. In ’n neutedop beteken dit dat hy ontploffings op die son bestudeer, asook die gevolglike skokgolwe en partikels, hoe hierdie skokgolwe en partikels deur die ruimte beweeg, en wat dit vir die aarde beteken.

 

“’n Ontploffing op die son, ook bekend as ’n korona-massa-uitskieting, kan sterk genoeg wees om satelliete buite werking te stel en selfs groot opwekkers op aarde te beskadig.”Hoewel dit selde voorkom, het dit die afgelope jare in 2003 in Swede en ook in 1989 in Kanada gebeur, toe dele van die elektrisiteitsnetwerk uitgeskakel is.

 

“Dit sal weer gebeur. Ons weet dat aktiwiteit op die son oor die volgende drie tot vyf jaar geleidelik sal toeneem en weer ’n maksimum sal bereik, wat tot verskeie massiewe sonstorms sal lei.”

 

Hy is deel van ’n span wat teoretiese modelle ontwikkel om met weervoorspellings in die ruimte te help.

 

“Een van die kernresultate van my navorsing is om ’n intydse voorspellingstelsel by die NWU te implementeer. Dit sal gedoen word deur satellietdata te verwerk met behulp van ’n algoritme wat intern ontwikkel word. Op hierdie manier sal ons binne minute van ’n songebeurtenis weet en die potensiële uitwerking daarvan op die aarde kan bereken.”

 

Hy sê omdat die data vanaf die son teen die spoed van lig beweeg, kan dit binne agt minute ingesamel word.

 

“Die gevaarliker protonpartikels waarvoor ons op die uitkyk moet wees, is egter swaarder en kan tot drie dae neem om die aarde te bereik. Hierdie gevaarlike partikels kan selfs ons DNS deur straling beskadig, en dit is waarom ons voorbereid moet wees en moet antisipeer wat die uitwerking kan wees, veral op ruimtevaarders.”

 

“Ek is dankbaar teenoor my kollegas, veral prof Du Toit Strauss, die hoof van die span wat navorsing doen oor die vervoer van son- energieke partikels. Hulle ondersteun my studies en moedig my aan om my doelwit te bereik om die observatorium te vestig, die teleskope te bou en te reis na waarheen die son my ook al neem.”

 

- Ruhann Steyn

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende ArTIKEL

vorige artIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Ruhann Steyn hoop om deur middel van ’n observatorium wat daarop fokus om die son te bestudeer, internasionale kundiges na die NWU te lok.

’n Songebeurtenis kan ’n verwoestende uitwerking op die aarde hê.

 

Reis na Antarktika

 

Ruhann het tydens sy meestersgraadstudies vir drie maande as vrywilliger by die Suid-Afrikaanse basis in Antarktika gewerk.

 

Sy werk oor die magneetveld van die son het handig te pas gekom toe die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap hom gekies het om met die installasie van ’n magnetometer onder die ys van Antarktika te help.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

Voorblad

 

Die NWU se handelsmerkwinkels het onlangs R70 000 vir die universiteit se Covid-19-reaksiefonds geskenk.

Eagi, die NWU se maskot, het die tjek vir Elmarie de Beer, uitvoerende direkteur van Finansies en Fasiliteite, by haar huis afgelewer, in ooreenstemming met Covid-19-veiligheidsregulasies.

 

Die reaksiefonds is daarop gemik om skootrekenaars en toestelle aan behoeftige studente te verskaf, terwyl ondersteuning ook aan personeel en die gemeenskappe rondom die kampusse verleen word. Klik hier indien jy ook ʼn skenking wil maak.

NWU & U