X

Voorblad

 

Die NWU se handelsmerkwinkels het onlangs R70 000 vir die universiteit se Covid-19-reaksiefonds geskenk.

Eagi, die NWU se maskot, het die tjek vir Elmarie de Beer, uitvoerende direkteur van Finansies en Fasiliteite, by haar huis afgelewer, in ooreenstemming met Covid-19-veiligheidsregulasies.

 

Die reaksiefonds is daarop gemik om skootrekenaars en toestelle aan behoeftige studente te verskaf, terwyl ondersteuning ook aan personeel en die gemeenskappe rondom die kampusse verleen word. Klik hier indien jy ook ʼn skenking wil maak.

 

REDAKSIONEEL

Prof Dan Kgwadi

 

Ons het julle ondersteuning nodig

 

Ons het ’n Covid-19-reaksiefonds bekendgestel wat daarop gemik is om studente te ondersteun deur aan hulle skootrekenaars/toestelle te verskaf, en om hulp aan personeel, studente en die gemeenskappe rondom ons kampusse te bied deur die nodige toerusting te verskaf en na ander behoeftes om te sien.

 

Ons het R30 miljoen (vir data en toestelle) begroot om afstandsonderrig en -leer te ondersteun, maar dit sal nie voldoende wees nie. Julle kan tot dié fonds bydra deur hierdie webbladsy te besoek om iets te skenk. Julle is ook welkom om skootrekenaars en tablette te skenk wat julle nie meer gebruik nie.

 

Boodskap van die

visekanselier

Geagte alumni

 

Ek skryf aan julle te midde van ’n wêreldwye pandemie wat ons gedwing het om ons kontakonderrig- en -leeraktiwiteite op te skort en talle van ons ander aktiwiteite in te kort.

 

Ons werk onverpoosd om te probeer om die 2020- akademiese jaar te red en te verseker dat ons geen student agterlaat nie.

 

Aanlyn onderrig en leer

 

Ons het vanaf 4 Mei 2020, ná ’n tydperk van oriëntasie vir personeel en studente in hierdie omgewing, met aanlyn onderrig en leer begin, en dit is vir talle van ons ’n nuwe ervaring. Ons sal met hierdie aanlyn program voortgaan totdat ons die groepe studente wat prioriteit geniet weer op ons kampusse kan integreer.

 

Aangesien talle van ons studente uitdagings ervaar wat betref geskikte toestelle soos skootrekenaars, data en konnektiwiteit, het ons stappe ingestel om waar moontlik diegene wat hulp nodig het, te help. Ons koördineer ook ons pogings met nasionale pogings om die aanlyn proses vir onderrig en leer te fasiliteer.

 

Vir studente wat nie toegang tot ons aanlyn aanbiedings het nie, berei ons gedrukte materiaal voor, wat ons met behulp van koerierdienste aan hulle sal stuur. Hierdie veelvuldige modaliteite word nie gelyktydig uitgevoer nie en studente sal dus teen ’n gedifferensieerde tempo vorder.

 

Ons hoop om die akademiese jaar voor die einde van die jaar af te sluit, maar indien nodig en afhangend van die verloop van die pandemie, kan dit na volgende jaar oorloop.

 

Ons dra op verskillende maniere by

 

Ek wil almal van julle bedank vir julle ondersteuning in hierdie moeilike tydperk. Ek weet dat daar min van julle is wat nie negatief deur Covid-19 geraak word nie. Baie van julle is ouers van studente en ek wil julle bedank vir die volgehoue betaling van julle gelde gedurende hierdie moeilike tyd.

 

Ons dra op talle verskillende maniere tot die bekamping van Covid-19 by – van die vervaardiging van persoonlike beskermende toerusting en handreinigers, tot die ontwikkeling van toetse om Covid-19-infeksies op te spoor en farmaseutiese middels om dit te beveg.

 

Soos ons vroeër in hierdie uitgawe se “Nuus van Eagi”-artikel genoem het, het ons ’n spesiale webblad waar julle inligting kan kry oor die betekenisvolle voetspoor wat die NWU-gemeenskap in die stryd teen Covid-19 laat.

 

Gebruik die geleenthede

 

Hierdie tipe ontwrigting kan op meer as een manier benader word.

Hoewel die risiko’s van die krisis en ons pogings om dit te versag tans voorop in ons almal se gedagtes is, moet ons altyd op die uitkyk wees vir die geleenthede wat onderliggend aan alle risiko’s is.

 

Ons kan probeer om hierdie storm so goed as wat ons kan te trotseer, en ná die pandemie onder beheer gebring is, terugkeer en sake soos gewoonlik hanteer.

 

Aan die ander kant kan ons dit as ’n geleentheid sien om ons digitale besigheidstrategie te versnel en te verseker dat ons ’n baie meer aanpasbare en multimodale benadering volg in die wyse waarop ons ons dienste in belang van ons studente en ons land lewer.

 

Ons wil egter steeds ons lewendige kampusse as ’n groot deel van enige toekomstige student se ervaring en waardeproposisie sien.

 

Bly asseblief veilig in hierdie moeilike tyd.

 

Groete en beste wense,

 

 

 

Prof Dan Kgwadi

Visekanselier

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende ArTIKEL

vorige artIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

Voorblad

 

Die NWU se handelsmerkwinkels het onlangs R70 000 vir die universiteit se Covid-19-reaksiefonds geskenk.

Eagi, die NWU se maskot, het die tjek vir Elmarie de Beer, uitvoerende direkteur van Finansies en Fasiliteite, by haar huis afgelewer, in ooreenstemming met Covid-19-veiligheidsregulasies.

 

Die reaksiefonds is daarop gemik om skootrekenaars en toestelle aan behoeftige studente te verskaf, terwyl ondersteuning ook aan personeel en die gemeenskappe rondom die kampusse verleen word. Klik hier indien jy ook ʼn skenking wil maak.

NWU & U