X

Voorblad

 

Die NWU se handelsmerkwinkels het onlangs R70 000 vir die universiteit se Covid-19-reaksiefonds geskenk.

Eagi, die NWU se maskot, het die tjek vir Elmarie de Beer, uitvoerende direkteur van Finansies en Fasiliteite, by haar huis afgelewer, in ooreenstemming met Covid-19-veiligheidsregulasies.

 

Die reaksiefonds is daarop gemik om skootrekenaars en toestelle aan behoeftige studente te verskaf, terwyl ondersteuning ook aan personeel en die gemeenskappe rondom die kampusse verleen word. Klik hier indien jy ook ʼn skenking wil maak.

 

REDAKSIONEEL

 

Redakteur

Nelia Engelbrecht

 

Redaksie

Belinda Bantham

Willie du Plessis

Bertie Jacobs

Maryke Laas

Phenyo Mokgothu

Christopher Motabogi

Tumelo Muteme

Marelize Santana

Kiewiet Scheppel

Annette Willemse

 

Ontwerp en uitleg

Karen Viljoen

 

Fotografie

Redaksie en diensverskaffers

 

Redaksie

Nelia Engelbrecht

Tel 018 299 4937 of nelia.engelbrecht@nwu.ac.za

 

Die NWU & U word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans en Engels uitgegee.

 

Alumniverhoudinge-praktisyns

 

Tshepisho Sebeela (Mahikeng) tshepisho.sebeela@nwu.ac.za

 

Abigail Leshope (Potchefstroom) abigail.leshope@nwu.ac.za

 

Zanele Ngobese (Vanderbijlpark) zanele.ngobese@nwu.ac.za

 

 

Innovasie maak grendeltyd betekenisvol

Geagte alumni

 

Dit is wonderlik hoe ons woordeskat die afgelope paar maande uitgebrei het. Koronavirus. Covid-19-pandemie. Staat van inperking. Sosiale distansiëring. Dit is alles woorde wat ’n rukkie gelede nog nie deel ons alledaagse woordeskat was nie.

 

Ja, ons leef inderdaad in ’n nuwe werklikheid – of, soos sommige dit noem, die nuwe normaal. Een van die woorde wat deel van hierdie nuwe normaal is, is frustrasie. Dit is byvoorbeeld wat jy voel wanneer jou troeteldiere en/of kinders ’n lawaai opskop terwyl jy met ’n aanlyn vergadering met jou kollegas besig is, jou pantoffelvoete mooi onder die eetkamertafel weggesteek.

 

Gelukkig – as gevolg van die natuurlike oorlewingsinstink van ons spesie – is daar ’n ander woord met ’n baie meer konstruktiewe betekenis wat ook in hierdie tyd na vore kom, naamlik innovasie.

 

Dit het by die NWU vir ons personeellede tweede natuur geword om buite die boks te dink. Ons IT-departement het hulle kapasiteit en verbeelding tot nuwe hoogtes gevoer en die byna onmoontlike vermag om aanlyn leer moontlik te maak. Daarby het ons akademici hul uiterste bes gedoen om nuwe aanlyn onderrigvaardighede te bemeester – alles om die akademiese jaar te help red.

 

By die NWU reik ons ook na gemeenskappe buite ons kampusse uit. Op die Eagi-nuusbladsy is daar skakels na verskeie NWU Nuuskamer-artikels oor ons akademici en studente wat met innoverende idees vorendag gekom het om mense en gemeenskappe in hierdie moeilike tye te help.

 

Jy bevind jouself ook waarskynlik in hierdie dae in ietwat onbekende vaarwaters. Kom ons wees almal innoverend – nie net om die inperkingstyd te oorleef nie, maar ook om uitdagings in geleenthede te omskep. Weet asseblief dat ons by die NWU in hierdie tyd aan julle, ons alumni, dink.

 

Lekker lees,

 

Nelia en die

NWU & U-span

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende ArTIKEL

vorige artIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

Voorblad

 

Die NWU se handelsmerkwinkels het onlangs R70 000 vir die universiteit se Covid-19-reaksiefonds geskenk.

Eagi, die NWU se maskot, het die tjek vir Elmarie de Beer, uitvoerende direkteur van Finansies en Fasiliteite, by haar huis afgelewer, in ooreenstemming met Covid-19-veiligheidsregulasies.

 

Die reaksiefonds is daarop gemik om skootrekenaars en toestelle aan behoeftige studente te verskaf, terwyl ondersteuning ook aan personeel en die gemeenskappe rondom die kampusse verleen word. Klik hier indien jy ook ʼn skenking wil maak.

NWU & U