X

Voorblad

 

Die NWU se handelsmerkwinkels het onlangs R70 000 vir die universiteit se Covid-19-reaksiefonds geskenk.

Eagi, die NWU se maskot, het die tjek vir Elmarie de Beer, uitvoerende direkteur van Finansies en Fasiliteite, by haar huis afgelewer, in ooreenstemming met Covid-19-veiligheidsregulasies.

 

Die reaksiefonds is daarop gemik om skootrekenaars en toestelle aan behoeftige studente te verskaf, terwyl ondersteuning ook aan personeel en die gemeenskappe rondom die kampusse verleen word. Klik hier indien jy ook ʼn skenking wil maak.

 

NUUs

 

Stof tot nadenke van Unicef

 

Volgens die Verenigde Nasies se Kinderfonds kan amper die helfte van alle sterftes by kinders onder vyf jaar aan ondervoeding toegeskryf word.

 

Dit is omdat kinders wat ondervoed is ’n groter risiko loop om aan gewone infeksies te sterf, en omdat die frekwensie en erns van sulke infeksies groter is, en hulle ook stadiger herstel daarvan.

 

Swak voeding in die eerste 1 000 dae van ’n kind se lewe kan ook tot dwerggroei lei, waar die kind te kort vir sy of haar ouderdom is. Dit hou verband met die inkorting van kognitiewe vermoëns en swakker skool- en werksprestasie.

 

Hoewel die voorkoms van groeibelemmering sedert 2000 afneem, is meer as een uit vyf – 144 miljoen kinders onder vyf jaar – in 2019 deur groeibelemmering aangetas.

 

Sowat 47 miljoen kinders onder vyf jaar ly wêreldwyd aan uittering, wat beteken dat ’n kind te maer is vir hulle lengte, terwyl 14,3 miljoen erg uitgeteer is.

 

Bron: Die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef), wat ’n agentskap van die Verenigde Nasies is wat vir die verskaffing van humanitêre en ontwikkelingshulp aan kinders wêreldwyd verantwoordelik is.

 

Voedingkundiges uit Afrika word transformasieleiers

Om baie oor voeding te weet, is een ding. Om te weet hoe om daardie kennis aan ander oor te dra sodat hulle beter en gesonder eetgewoontes aanleer, is heeltemal ’n ander uitdaging.

Prof Johann Jerling is die direkteur en stigterslid van die voedingsleierskapsprogram vir Afrika (African Nutrition Leadership Programme) terwyl dr Christine Taljaard-Krugell die algemene bestuurder van die program is.

Die voedingsleierskapsprogram vir Afrika (African Nutrition Leadership Programme, ANLP) van die NWU se Sentrum van Uitnemendheid vir Voeding (CEN) het homself die afgelope 17 jaar bewys as ’n noodsaaklike hulpmiddel vir leiers van regoor Afrika.

 

Die ANLP is ’n intensiewe leierskapsprogram wat oor 10 dae strek. Dit help professionele persone wat regoor die vasteland in die breër voedingsgebied werk om hul leierskapsvaardighede in transformasie te ontwikkel.

 

CEN, saam met ’n aantal nasionale en internasionale vennote, was hierdie jaar die gasheer vir afgevaardigdes van so ver as Tanzanië, Kenia, Burundi, Ethiopië en Nigerië.

 

Professionele persone word vaardige leiers

 

Daar is reeds bewys dat die program uiters suksesvol is, en dit ontvang elke jaar bykans 200 aansoeke. Van hulle word ongeveer 50 deelnemers vir die twee jaarlikse sessies gekies.

 

Die eerste groep vir 2020 is in Maart ontvang, en die tweede groep sal in November by die Elgro River Lodge buite Potchefstroom bymekaar kom, indien die Covid-19-pandemie dit toelaat.

 

Die program word gefasiliteer deur akademici van die NWU en eksterne lede wat die deelnemers met vaardighede in kommunikasie, leierskap, beplanning vir persoonlike groei, mentorskap en netwerking help toerus.

 

Deur Afrika-leiers met die nodige leierskapsvaardighede in transformasie toe te rus, help CEN hulle om die vasteland ’n beter plek en sy mense gesonder en gelukkiger te maak.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende ArTIKEL

vorige artIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

Hoe die program waarde skep

 

Marlyne Mananga, ’n senior lektor aan die Yaoundé I Universiteit in Kameroen, sê sy het by haar mentor van die kursus gehoor.

 

“My mentor het in 2008 die kursus bygewoon, en hy het my elke jaar aangemoedig om te kom. Toe die geleentheid homself verlede jaar voordoen, het ek dit met albei hande aangegryp,” sê Marlyne.

 

Sy het die program in Maart vanjaar bygewoon en sê die kursus het haar as introvert gehelp om haar leierskapsvaardighede en selfvertroue te verbeter.

 

Hierdie professionele persone het hul leierskapsvaardighede in transformasie geslyp tydens die leierskapsprogram wat die Sentrum van Uitnemendheid vir Voeding in Maart by die Elgro River Lodge naby Potchefstroom aangebied het.

NWU & U  |

NWU & U  |

Voorblad

 

Die NWU se handelsmerkwinkels het onlangs R70 000 vir die universiteit se Covid-19-reaksiefonds geskenk.

Eagi, die NWU se maskot, het die tjek vir Elmarie de Beer, uitvoerende direkteur van Finansies en Fasiliteite, by haar huis afgelewer, in ooreenstemming met Covid-19-veiligheidsregulasies.

 

Die reaksiefonds is daarop gemik om skootrekenaars en toestelle aan behoeftige studente te verskaf, terwyl ondersteuning ook aan personeel en die gemeenskappe rondom die kampusse verleen word. Klik hier indien jy ook ʼn skenking wil maak.

NWU & U