X

Voorblad

 

Die NWU se handelsmerkwinkels het onlangs R70 000 vir die universiteit se Covid-19-reaksiefonds geskenk.

Eagi, die NWU se maskot, het die tjek vir Elmarie de Beer, uitvoerende direkteur van Finansies en Fasiliteite, by haar huis afgelewer, in ooreenstemming met Covid-19-veiligheidsregulasies.

 

Die reaksiefonds is daarop gemik om skootrekenaars en toestelle aan behoeftige studente te verskaf, terwyl ondersteuning ook aan personeel en die gemeenskappe rondom die kampusse verleen word. Klik hier indien jy ook ʼn skenking wil maak.

 

nUUs

 

Ons maskot, Eagi, verteenwoordig die handelsmerk-eienskappe van ʼn verenigde NWU.

 

Die arend het in talle kulture ’n positiewe betekenis. Dit verteenwoordig positiewe eienskappe wat perfek by die NWU se strategie en doelwitte pas. Dit sluit in sukses, ambisie, dapperheid, uitbreiding, nuwe lewe, leierskap en vryheid.

 

Eagi simboliseer ons toewyding om die lewe met kreatiwiteit aan te pak en bo die res uit te styg.

 

Hy verteenwoordig ook ons strewe om geleenthede te vind om uit te blink en voortdurend te verbeter.

 

Jaco du Preez het hierdie foto van Eagi op 17 Februarie 2020 in Potchefstroom geneem gedurende die NWU se Varsitybeker-wedstryd teen die Shimlas.

 

Eagi vertel wat gebeur

Eagi, ons NWU-maskot, help julle om tred te hou met alles wat by die NWU gebeur. So, laat ons sonder meer na die nuuskamer toe gaan waar Eagi vir julle ’n oorsig sal gee.

Ons vertrou dat julle die volgende stories interessant sal vind:


NWU-kundiges takel Covid-19

Dit is in tye van onrus dat kennis die kompas word wat rigting gee en ons help om die talle uitdagings wat ons in die gesig staar te die hoof te bied. Ons akademici staan gereed om te lei en te dien, en huiwer nie om hul kundigheid tydens die huidige Covid-19-pandemie te implementeer nie.

 

Klik hier om al die NWU se nuusberigte te sien wat die talle maniere toon waarop die NWU-gemeenskap uitreik om hul kennis te deel en die lewe gedurende hierdie moeilike tye makliker te maak.

 


Vier navorsers vir Wetenskap Oscars benoem

Vier van ons navorsers is vir hierdie jaar se Wetenskap Oscars benoem.

 

Die benoemdes vir die NSTF-South32-toekennings is prof Rose Hayeshi, prof Frikkie van Niekerk, prof Henk Bouwman en prof Josef de Beer.

 

Die NSTF-toekennings is uniek in Suid-Afrika en gee erkenning aan die uitmuntende bydraes van individue en groepe tot wetenskap, ingenieurswese en tegnologie (SET) en innovasie.

 


Splinternuwe kwalifikasie in Megatroniese Ingenieurswese vir die NWU

Die Fakulteit Ingenieurswese kondig met trots aan dat ons ’n splinternuwe ingenieurskwalifikasie by ons bestaande reeks programme gaan voeg.

 

Die Baccalaureus in Megatroniese Ingenieurswese-program is deur die Ingenieursraad van Suid-Afrika goedgekeur en sal vanaf 2021 aangebied word.

 

Megatroniese ingenieurswese is ’n multidissiplinêre vertakking van ingenieurswese en sluit ’n kombinasie van robotika, elektronika, rekenaarstelsels, telekommunikasiestelsels, kontrole- en produkingenieurswese in.

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende ArTIKEL

vorige artIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL


NWU-akademikus skryf oor ervarings van migrante uit Afrika in Europa

’n NWU-akademikus en navorsingsprofessor in die Fakulteit Geesteswetenskappe op die Mahikengkampus, prof Erhabor Idemudia, was die medeskrywer van ’n boek saam met prof Klaus Boehnke van die Jacobs Universiteit Bremen, Duitsland.

 

Die boek is getiteld Psychosocial Experiences of African Migrants in Six European Countries: A Mixed Method Study en is ’n empiriese narratief van die sielkundige en sosiale ervarings van 3 500 migrante uit Afrika in ses lande van die Europese Unie.

 


Nuwe NWU-stem vir gewilde radioprogram

Die NWU is reeds jare lank ’n teenwoordigheid wat luisteraars op die baie gewilde weeklikse omgewingsradioprogram, Omgewingspraatjies, ingelig en vermaak het. Daar word op hierdie tradisie voortgebou met ’n nuwe kundige wat in die voetspore van sy NWU-kollegas volg.

 

Ruhann Steyn, ’n navorser en dosent wat tans ook met sy PhD besig is, neem oor by prof Juaneé Cilliers, wat op 25 April haar laaste program aangebied het.

 

Omgewingspraatjies het deur die jare heen bewys dat dit ’n buitengewone platform vir die publiek, wetenskaplikes en entoesiaste is om oor belangrike omgewingsaangeleenthede te gesels.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

Voorblad

 

Die NWU se handelsmerkwinkels het onlangs R70 000 vir die universiteit se Covid-19-reaksiefonds geskenk.

Eagi, die NWU se maskot, het die tjek vir Elmarie de Beer, uitvoerende direkteur van Finansies en Fasiliteite, by haar huis afgelewer, in ooreenstemming met Covid-19-veiligheidsregulasies.

 

Die reaksiefonds is daarop gemik om skootrekenaars en toestelle aan behoeftige studente te verskaf, terwyl ondersteuning ook aan personeel en die gemeenskappe rondom die kampusse verleen word. Klik hier indien jy ook ʼn skenking wil maak.

NWU & U