X

Voorblad

 

Die NWU se handelsmerkwinkels het onlangs R70 000 vir die universiteit se Covid-19-reaksiefonds geskenk.

Eagi, die NWU se maskot, het die tjek vir Elmarie de Beer, uitvoerende direkteur van Finansies en Fasiliteite, by haar huis afgelewer, in ooreenstemming met Covid-19-veiligheidsregulasies.

 

Die reaksiefonds is daarop gemik om skootrekenaars en toestelle aan behoeftige studente te verskaf, terwyl ondersteuning ook aan personeel en die gemeenskappe rondom die kampusse verleen word. Klik hier indien jy ook ʼn skenking wil maak.

 

NUUs

’n Portret van prof Sieg Eiselen soos deur Santa Louw geskilder.

 

’n Jaar van feesviering

 

Die Dierkunde-departement het beplan om sy eeufees met ’n jaar van spesiale programme, uitstallings en aktiwiteite te vier om die impak van sy onderrig, leer en navorsing  te toon, terwyl hulle daaraan werk om geleenthede te skep om nuwe idees in die jare wat voorlê te bevorder.

 

Die feesvierings het vroeër in 2020 afgeskop, maar as gevolg van die Covid-19-pandemie sal dit nou aanlyn aangebied word of tot ’n later datum uitgestel word.

 

Volgens prof Rialet Pieters, ’n medeprofessor en vakgroepbestuurder, het die departement beplan om ’n reeks openbare lesings deur internasionale kundiges soos dr Ian McCallum, prof Richard Sikora en prof Bernd Sures aan te bied.

 

Ander aktiwiteite wat uitgestel gaan word, sluit verskeie geleenthede vir gemeenskapsbetrokkenheid in, soos prof Jonny van den Berg se bekendstelling van voorskoolse kinders aan die wêreld van insekte by die Botaniese Tuin in Potchefstroom.

 

Verder het nagraadse studente ’n rivierskoonmaak-aksie vir Internasionale Vismigrasiedag in Mei beplan, asook ’n uitreik na die plaaslike tak van PAWS.

 

’n Spesiale eeufeesuitgawe van die African Journal of Zoology gaan ’n reeks navorsingsartikels deur personeellede van die departement publiseer. Nog ’n pret-aktiwiteit is Paddadag wanneer al die personeellede en studente soos paddas aantrek.

 

Afhangend van verwikkelinge rakende die pandemie word ’n aantal sosiale aktiwiteite en reünies ook vir later vanjaar beplan.

 

 

Dierkunde: van ’n presidensiële stal tot aan die voorpunt van moderne wetenskap

Hoe het die tyd nie verander nie. ’n Eeu gelede was ’n stal die plek waar dierkundestudente hul praktiese werk in Potchefstroom gedoen het. Dis moeilik om dit te glo as ’n mens na die moderne laboratoriums kyk waarin studente vandag werk.

Om terug te kyk en te sien hoe ver dinge in die afgelope 100 jaar gevorder het, is deel van die eeufeesvierings van die Skool vir Biologiese Wetenskappe, met Dierkunde en Plantkunde wat aan hul wortels uit 1920 terugdink.

 

Terwyl personeellede, studente en alumni vir ’n groot viering voorberei, het die NWU & U in die argiewe gaan rondkrap vir ’n paar interessante geskiedkundige mylpale en feite oor elkeen van hierdie vakgebiede. Die fokus in hierdie uitgawe is op Dierkunde.

 

’n Nederige begin

 

Die praktiese werk in die stalle is ná die aanstelling van Sieg Eiselen as die eerste voltydse dosent in plant- en dierkunde in Februarie 1920 begin. Die stal, wat deel was van die voormalige presidensiële woning van MW Pretorius, is in ’n tydelike laboratorium omskep, terwyl die dosente in die gang en op die stoep van die hoofhuis klasgegee het.

 

Omdat die beligting in die hoofhuis so sleg was, moes baie van die praktiese werk en talle van die disseksies buite gedoen word, met Sieg wat self emmers water uit die Mooirivier na die presidensiële laboratorium aangedra het.

 

Studentegetalle neem toe

 

Ten spyte van die primitiewe geriewe het die studentegetalle aangehou groei.

 

Hoewel bestaande rekords nie ’n presiese getal ingeskrewe studente noem nie, is die getal mikroskope wat die Dierkunde-departement geleen het ’n aanduiding daarvan.

 

Hulle het in 1921 die eerste mikroskoop bekom, en twee jaar later nog 40 by die Potchefstroomse Landboukollege geleen.

 

Veranderinge oor dekades heen

 

Hier is ’n tydlyn van hoe Dierkunde oor die dekades gegroei en verander het.

 

  • In 1925 is Plantkunde en Dierkunde geskei en het albei vakgebiede onafhanklik begin funksioneer.

 

  • Op 25 Mei 1940 is ’n laboratoriumgebou vir die Dierkunde-departement voltooi en amptelik in gebruik geneem.

 

  • Teen die einde van 1960 was Dierkunde goed gevestig en het nasionaal en internasionaal bekend begin word, veral op die gebied van malakologiese navorsing (navorsing oor weekdiere/slakke).

 

  • Die aanbieding van praktiese werk vir Unisa-studente het so ver terug as 1967 begin toe ’n enkele student vir sy eerstejaarsprakties in dierkunde opgedaag het.

    Vergelyk hierdie nederige begin met 2014, toe meer as 1 000 Unisa-geregistreerde studente in biologie, biochemie, dierkunde, plantkunde, mikrobiologie, fisiologie en geologie hulle praktiese werk op die kampus in Potchefstroom gedoen het.

 

  • ’n Groot toename in studente by die Dierkunde-departement teen die 1970’s het veroorsaak dat die geriewe uitgebrei moes word en vereis dat van die personeel na ander geboue moes skuif.

 

  • In Maart 1978 moes ’n totaal van 60 000 bottels met slakke (in chronologiese volgorde) na gebou G16 verskuif word.

 

  • Die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys was die eerste universiteit in Suid-Afrika om ’n skanderingselektronmikroskoop vir navorsing te gebruik.

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende ArTIKEL

vorige artIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Hierdie logo is vir Dierkunde se eeufeesvierings gedurende 2020 ontwerp.

’n Stal – wat deel was van die voormalige presidensiële woning van MW Pretorius – is ’n eeu gelede in ’n tydelike laboratorium omskep, terwyl die dosente in die gang en op die stoep van die hoofhuis klasgegee het.

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

Voorblad

 

Die NWU se handelsmerkwinkels het onlangs R70 000 vir die universiteit se Covid-19-reaksiefonds geskenk.

Eagi, die NWU se maskot, het die tjek vir Elmarie de Beer, uitvoerende direkteur van Finansies en Fasiliteite, by haar huis afgelewer, in ooreenstemming met Covid-19-veiligheidsregulasies.

 

Die reaksiefonds is daarop gemik om skootrekenaars en toestelle aan behoeftige studente te verskaf, terwyl ondersteuning ook aan personeel en die gemeenskappe rondom die kampusse verleen word. Klik hier indien jy ook ʼn skenking wil maak.

NWU & U