X

Voorblad

 

Die NWU se handelsmerkwinkels het onlangs R70 000 vir die universiteit se Covid-19-reaksiefonds geskenk.

Eagi, die NWU se maskot, het die tjek vir Elmarie de Beer, uitvoerende direkteur van Finansies en Fasiliteite, by haar huis afgelewer, in ooreenstemming met Covid-19-veiligheidsregulasies.

 

Die reaksiefonds is daarop gemik om skootrekenaars en toestelle aan behoeftige studente te verskaf, terwyl ondersteuning ook aan personeel en die gemeenskappe rondom die kampusse verleen word. Klik hier indien jy ook ʼn skenking wil maak.

 

PROFIELE

In aksie … Sokkerinstituut-alumnus Thabo Rakhale speel tans vir Chippa United.

 

“Die Sokkerinstituut was ’n goeie grondslag om my voor te berei vir die professionele sokkerwêreld, aangesien alles daar met uitnemendheid gedoen is,” sê Thabo.

 

Thabo is een van die voormalige Sokkerinstituut-spelers wat die universiteit tydens die jaarlikse alumnireünie van die Sokkerinstituut besoek het.

 

Om iets terug te ploeg, het hy tydens dié geleentheid sy ervaringe van professionele sokker met ’n nuwe groep van die instituut se spelers gedeel.

Alles te danke aan Sokkerinstituut, sê Thabo

Toe die NWU die Sokkerinstituut in 2007 gestig het, was die belangrikste doelwit om goed afgeronde toekomstige sokkerspelers, afrigters en administrateurs te ontwikkel terwyl hulle terselfdertyd studeer.

Een so ’n persoon is die voormalige Orlando Pirates-speler Thabo Rakhale, wat nou vir die Chippa United-sokkerklub speel.

 

Hy skop af

 

Hierdie talentvolle middelveldspeler het in Sebokeng, Gauteng grootgeword en in 2007 by die Katleho Impumelelo Sekondêre Skool gematrikuleer. Hy het die volgende jaar as sokkerspeler en student in sportwetenskap by die NWU se Sokkerinstituut aangesluit.

 

Tydens sy tyd by die instituut het Thabo en sy span twee Universiteite Sport Suid-Afrika-kampioenskappe (USSA-kampioenskappe) gewen – in 2009, en weer in 2010.

 

Nadat hy in 2011 ’n diploma in sportwetenskap verwerf het, het Thabo by sy eerste span, Sivutsa Stars, aangesluit. Hy het egter geen wedstryde gespeel totdat hy in 2012 by sy gunstelingklub, Orlando Pirates, aangesluit het nie.

 

Hy is twee keer aan ander klubs geleen – een keer in 2012-2013 terug aan Sivutsa, en toe in 2013-2014 aan Polokwane City. Hy het by Pirates gebly totdat hy in 2018 vir Chippa United begin speel het.

 

Thabo is in 2018 gekies om die uitdunne van die Turkse span Istanbulspor by te woon. Dit het nie uitgewerk nie, maar die ervaring was baie waardevol.

Jomo, soos hy in sokkerkringe bekend staan, sê om deel te wees van die NWU en die Sokkerinstituut was vir hom ’n openbaring.

 

Wat die toekoms mag bring

 

Sy kontrak met Chippa United eindig in Junie vanjaar en daar word bespiegel dat hierdie middelveld-maestro dalk op pad is na Kaizer Chiefs, maar die tyd sal leer.

 

Wat die toekoms ook al inhou, hy is vol lof vir Chippa United.

 

“Dit is ’n goeie span, en om vir hulle te speel, berei enige speler sosiaal en professioneel goed voor. Ek het baie positiewe dinge by my huidige span geleer – op die veld, asook van die veld af. As spelers was daar altyd ’n gees van broederskap en spanwerk onder ons,” sê Thabo.

 

“Wat ook al gebeur, ek fokus op die oomblik daarop om my spel te verbeter en die span te help.”

 

Thabo sê wanneer hy eendag sy sokkerstewels ophang, sal hy terugkeer na wat hy studeer het: die wetenskap van sport.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende ArTIKEL

vorige artIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

Voorblad

 

Die NWU se handelsmerkwinkels het onlangs R70 000 vir die universiteit se Covid-19-reaksiefonds geskenk.

Eagi, die NWU se maskot, het die tjek vir Elmarie de Beer, uitvoerende direkteur van Finansies en Fasiliteite, by haar huis afgelewer, in ooreenstemming met Covid-19-veiligheidsregulasies.

 

Die reaksiefonds is daarop gemik om skootrekenaars en toestelle aan behoeftige studente te verskaf, terwyl ondersteuning ook aan personeel en die gemeenskappe rondom die kampusse verleen word. Klik hier indien jy ook ʼn skenking wil maak.

NWU & U