X
Voorblad
Die NWU se handelsmerkwinkels het onlangs R70 000 vir die universiteit se Covid-19-reaksiefonds geskenk.
Eagi, die NWU se maskot, het die tjek vir Elmarie de Beer, uitvoerende direkteur van Finansies en Fasiliteite, by haar huis afgelewer, in ooreenstemming met Covid-19-veiligheidsregulasies.
Die reaksiefonds is daarop gemik om skootrekenaars en toestelle aan behoeftige studente te verskaf, terwyl ondersteuning ook aan personeel en die gemeenskappe rondom die kampusse verleen word. Klik hier indien jy ook ʼn skenking wil maak.
NUUs
INHOUD
’n Nuwe manier om te leef
Toe hul hele roetine skielik ontwrig is, moes Marianke Saayman en Etienne Marais, nes so baie ander mense, by ’n nuwe lewenswyse aanpas.
Gesigmaskers en handskoene was skielik deel van hul uitrustings, en die norm was om binne te bly. Hulle kon nie meer saam inkopies doen nie, en net een op ’n keer is toegelaat om winkel toe te gaan – net elke tweede dag.
Hul koors is gereeld by verskillende kontrolepunte gemeet, ook voordat hulle by die winkel ingaan en wanneer hulle terugkeer.
“Elke persoon het ’n app op hul foon. Dit werk met ’n QR-kode wat geskandeer word om te verseker dat jy getoets en gesond is. Dit het lank geneem om aan die voortdurende bevestiging van jou gesondheidstatus gewoond te raak.”
Soos talle Suid-Afrikaners nou moet maak, moes hulle ook van die huis af werk.
“Die werk moes steeds gedoen word en ons moes steeds ons brood verdien. Ons bied nou aanlyn klasse vir ons studente aan en moes ekstra opleiding kry om nuwe vaardighede vir hierdie onderrigmetode aan te leer. Ons het baie tyd verloor en moet inhaal.”
DIE NWU & U
Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.
Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.
Navigasie
>
<
volgende ArTIKEL
vorige artIKEL
KLANK
video
MEER INLIGTING
KLIK
DEEL
Maande voordat die Covid-19-pandemie uitgebreek het, het Marianke Saayman en haar kêrel, Etienne Marais, besluit om ’n werksaanbod te aanvaar om Engels in China te onderrig, en het op Nuwejaarsdag in die stad Hangzhou aangekom.
Marianke het ’n stabiele loopbaan as joernalis agtergelaat, en Etienne was besig om sy PhD-graad klaar te maak toe hulle hierdie nuwe hoofstuk begin het.
Min het hulle geweet dat Hangzhou, soos soveel ander Chinese stede, in ’n staat van inperking sou wees toe die virus sy stormloop begin en dood, ekonomiese vernietiging en chaos agtergelaat het.
Sedert daardie vroeë dae het die virus vinnig versprei. Duisende het gesterf aan Covid-19, die lewensbedreigende siekte wat deur die virus veroorsaak word, en biljoene mense is in isolasie tot hul huise beperk terwyl regerings die stryd begin het om die verspreiding daarvan te keer.
Van vakansie tot isolasie
“Ons het die eerste keer in die middel van Januarie daarvan gehoor terwyl ons met vakansie was tydens die lentevakansie wat die Chinese Nuwejaar inlui.” Marianke sê hulle het besef dit is ernstig toe die skool waarvoor hulle werk hulle in kennis gestel het dat die vakansie verleng is. Wat ’n week van rus moes wees, het maande van onsekerheid en isolasie geword.
Strate was verlate en besighede, restaurante en winkels gesluit, en dit is gevolg deur ’n algemene sluiting van die stad. Vir Marianke en Etienne het verveling begin tydens die lang wag dat normaliteit terugkeer.
“Een troos was dat ons nooit oor kos en ander noodsaaklikhede bekommerd was nie. Aanvanklik kon ons by die groot supermarkte koop, maar nadat hulle ook gesluit het, kon ons noodsaaklikhede kry by ’n klein winkeltjie voor die kompleks waar ons bly.”
Marianke sê hulle moes kies tussen pessimisme en paniek, of om positief te bly. Hulle het laasgenoemde gekies.
“Hoewel baie mense siek geword het en talle ouer en kwesbare mense in die land dood is, was dié wat gesterf het net ’n klein persentasie van die mense wat die infeksie gehad het.” Sy sê dit is waarom hulle besluit het om in China te bly toe talle ander Suid-Afrikaners huis toe gekom het.
“Ons is hoopvol. Die situasie in China verbeter elke dag en daar is ’n drastiese afname in virusinfeksies.”
Haar boodskap aan Suid-Afrikaners? “Wees proaktief en beskerm jouself teen Covid-19. Was jou hande, dra beskermende klere en handhaaf jou sosiale afstand. Moet nooit ophou hoop nie. Leef vir elke oomblik. Dit sal beter raak.”
Wat veronderstel was om vir twee van die NWU se alumni die begin van ’n nuwe avontuur te wees, het hulle in die middel van die dodelike virusuitbreking gelaat wat intussen die res van die wêreld in sy genadelose greep beetgekry het.
Die paartjie bly op die 28ste verdieping van een van die geboue in hulle kompleks. Die balkon kyk op die tuin uit – ’n welkome gesig te midde van die Covid-19-pandemie.
Marianke sê hulle is toegelaat om te gaan stap. “Dis was egter winter – alles was dood en dit was koud.”
Die dae voor die virus toegeslaan het: Etienne op een van die brûe waaroor hy en Marianke stap op pad na hulle kompleks.
Marianke op hul balkon tydens die inperking.
<
>
vorige
<
X
Voorblad
Die NWU se handelsmerkwinkels het onlangs R70 000 vir die universiteit se Covid-19-reaksiefonds geskenk.
Eagi, die NWU se maskot, het die tjek vir Elmarie de Beer, uitvoerende direkteur van Finansies en Fasiliteite, by haar huis afgelewer, in ooreenstemming met Covid-19-veiligheidsregulasies.
Die reaksiefonds is daarop gemik om skootrekenaars en toestelle aan behoeftige studente te verskaf, terwyl ondersteuning ook aan personeel en die gemeenskappe rondom die kampusse verleen word. Klik hier indien jy ook ʼn skenking wil maak.
NWU & U