X

Voorblad

 

Die NWU se handelsmerkwinkels het onlangs R70 000 vir die universiteit se Covid-19-reaksiefonds geskenk.

Eagi, die NWU se maskot, het die tjek vir Elmarie de Beer, uitvoerende direkteur van Finansies en Fasiliteite, by haar huis afgelewer, in ooreenstemming met Covid-19-veiligheidsregulasies.

 

Die reaksiefonds is daarop gemik om skootrekenaars en toestelle aan behoeftige studente te verskaf, terwyl ondersteuning ook aan personeel en die gemeenskappe rondom die kampusse verleen word. Klik hier indien jy ook ʼn skenking wil maak.

 

NUUS

Bo en onder is van die slim, informatiewe en vermaaklike animasies wat die Grafiese Ontwerp-studente geskep het.

 

Animasies gee lewe aan volksverhale

 

Een van die opwindende projekte fokus op storievertelling deur animasies wat die derdejaarstudente vervaardig.

 

Dosent Ricardo Liut verduidelik dat dié studente ’n kort animasie van ’n Setswana- of Afrikaanse volksverhaal moes produseer.

 

“Die doel van hierdie animasie is om ’n volksverhaal te herinterpreteer. Studente kan hierdeur ’n bydrae tot die onderrig van inheemse tale lewer, asook tot die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse kultuur vir ’n moderne teikengehoor.”

 

 

 

Klik hier vir meer inligting oor die prestasies van die NWU se Grafiese Ontwerp-studente.

 

Grafiese ontwerpe omarm taal

en kultuur

Suid-Afrika het ’n menigte ryk kulture en idees wat in ʼn groot verskeidenheid tale uitgedruk word.

 

Een van die plekke waar meertaligheid by die NWU floreer, is in die Grafiese Ontwerp-vakgroep, waar tale en ontwerp in bekroonde projekte saamvloei.

Hierdie is van die bekroonde projekte wat geskep is in tale wat nie die moedertaal is van die studente wat daaraan gewerk het nie. Hierdie projekte het pryse in groot Suid-Afrikaanse ontwerp- en advertensiekompetisies gewen.

Dosente beklemtoon dat projekte nooit onderneem moet word bloot om kompetisies te wen nie.

 

Nietemin is wen aan die orde van die dag – ons Grafiese Ontwerp-studente is immers jaar na jaar toppresteerders in groot ontwerp- en advertensiekompetisies soos die Loeries en die Pendorings.

 

Hierdie weninskrywings het ’n gemene deler: die effektiewe gebruik van taal wat ’n viering is van wat dit beteken om ’n Suid-Afrikaner te wees.

 

Verken die onbekende

 

“Studente kry die geleentheid om nie net in die tale waarmee hulle gemaklik voel, te werk nie, maar ook in tale wat hulle dalk nie so goed ken nie,” sê Marina Herbst, die vakvoorsitter vir BA Grafiese Ontwerp. Sy sê dit is hoofsaaklik omdat hulle aan realistiese projekte in werklike veldtogte werk, en nie net aan klasopdragte nie.

 

Dit inspireer studente om taal, kultuur en volksoorlewerings te ontdek wat aanvanklik vir hulle vreemd kan wees.“Taal, en so ook visuele taal, is kompleks, en dit gee hulle kreatiwiteit kans om te ontluik wanneer hulle dinge in visuele mediums soos drukwerk, video’s, films, boeke en ook algeheel geïntegreerde veldtogte skep.

 

“Sommige van hierdie projekte is deel van ’n groter, langtermyn-navorsingsprojek wat ten doel het om verhale, mites en legendes uit Afrika te bewaar.”

 

Sy sê studente het met talle uiteenlopende kliëntevrywilligers, soos die Bokone Bophirima Craft and Design Institute, gewerk. In hierdie geval is die hoofgehoor Setswana-sprekend en het die studente mense in Noordwes nagevors en die taal in hul ontwerpe geïnkorporeer.

 

Ander tale wat dikwels in projekte gebruik word, is isiXhosa, isiZulu en Afrikaans.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende ArTIKEL

vorige artIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

Vier ’n diverse samelewing

 

Volgens dosent Jo-Ann Chan is die finale projek in die vierdejaars se illustrasiemodule ontwerp om die studente toe te laat om hul portefeuljes só uit te brei dat dit hul belangstellings, sterkpunte en ambisies weerspieël.

 

“Talle studente kies om projekte aan te pak wat die taal en letterkunde ondersoek van kulture wat van hulle s’n verskil. Dit demonstreer ons studente se vermoë om nie net ’n kultureel-uiteenlopende en ryk samelewing te omarm nie, maar dit ook te vier,” sê Jo-Ann.

 

Dosent Marina Herbst sê die studente se terugvoer toon dat blootstelling aan ander tale en kulture hul horisonne verbreed.

 

“Hulle voel dat hulle beter in die Suid-Afrikaanse konteks kan kommunikeer nadat hulle die projekte voltooi het. Studente hou daarvan om uitgedaag te word. Hulle ervaar ’n behoefte om deel te voel van Suid-Afrika en om met die Afrika-vasteland se ryk erfenis in kontak te wees.”

 

NWU & U  |

NWU & U  |

Voorblad

 

Die NWU se handelsmerkwinkels het onlangs R70 000 vir die universiteit se Covid-19-reaksiefonds geskenk.

Eagi, die NWU se maskot, het die tjek vir Elmarie de Beer, uitvoerende direkteur van Finansies en Fasiliteite, by haar huis afgelewer, in ooreenstemming met Covid-19-veiligheidsregulasies.

 

Die reaksiefonds is daarop gemik om skootrekenaars en toestelle aan behoeftige studente te verskaf, terwyl ondersteuning ook aan personeel en die gemeenskappe rondom die kampusse verleen word. Klik hier indien jy ook ʼn skenking wil maak.

NWU & U