X

Voorblad

 

Die NWU se handelsmerkwinkels het onlangs R70 000 vir die universiteit se Covid-19-reaksiefonds geskenk.

Eagi, die NWU se maskot, het die tjek vir Elmarie de Beer, uitvoerende direkteur van Finansies en Fasiliteite, by haar huis afgelewer, in ooreenstemming met Covid-19-veiligheidsregulasies.

 

Die reaksiefonds is daarop gemik om skootrekenaars en toestelle aan behoeftige studente te verskaf, terwyl ondersteuning ook aan personeel en die gemeenskappe rondom die kampusse verleen word. Klik hier indien jy ook ʼn skenking wil maak.

 

REDAKSIONEEL

Tumelo Letlojane het ’n BCom in finansiële rekeningkunde aan die NWU verwerf.

 

Hy het vanaf September 2018 tot Mei 2019 as waarnemende adjunk-hoof- finansiële beampte by die Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit gewerk voordat hy as die hoof van finansiële bestuursdienste aangestel is.

 

Voor dit was hy in diens by die Lesedi Plaaslike Munisipaliteit.

 

 

Thuthuka het dit moontlik gemaak

 

“As student was ek deel van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) se Thuthuka-beursfondsprogram.

 

“Daarna, terwyl ek by die Lesedi Plaaslike Munisipaliteit was, was ek ’n mentor en tutor vir graad 11- en 12-leerders by die Kganya Lesedi Sekondêre Skool.

 

“Ek is bly om te kan sê die meeste van daardie leerders het sedertdien aan ’n universiteit gegradueer en party van hulle is nog met hul honneursgrade besig, meestal in rekeningkunde en regte.

 

“Om ’n mentor vir hierdie leerders te wees, was my manier om iets aan Thuthuka terug te gee. Ek wou ook sien dat die rekeningkundeberoep in voorheen-benadeelde skole groei.”

 

 

Die NWU het my die waarde van harde werk geleer

Beste mede-alumni,

 

Met Suid-Afrika wat uitdagings soos werkloosheid en afhanklikheid van die regering in die gesig staar, is ek dankbaar dat my tyd by die NWU my die waarde van harde werk laat besef het.

 

Terwyl ek op die Mahikengkampus studeer het, was ek die redakteur van die sake- en sportafdeling van die kampuskoerant, The Album.

 

Die feit dat ek kon deel wees van die koerant het regtig my professionele lewe verander en gevorm. Dit het aan my die geleentheid gegee om kritieke en waardevolle eienskappe te ontwikkel, waaronder my leierskaps- en gekoördineerde beplanningsvaardighede, wat my uiteindelik laat deurdruk het en laat sien het hoe my doelwitte verwesenlik word.

 

Uitdagend sowel as opwindend

 

Die lewe op die kampus was terselfdertyd uitdagend en opwindend.

 

My betrokkenheid by die kampus se mediagemeenskap het my selfvertroue en vermoë om netwerke te bou baie verbeter. Soos hulle sê, “jou netwerk is jou netto rykdom”, en as skrywer kon ek onderhoude met ’n klomp ongelooflike mense voer, van wie sommige nou leiers op hul vakgebiede is.

 

Ek is vandag die hoof van finansiële bestuursdienste by die Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit.

 

Ek is ook ’n stigter en hoof- uitvoerende beampte van Tumelo L and Associates, ’n rekeningkundefirma wat klein en medium ondernemings met hul besigheidsnakomingsbehoeftes help.

 

Ons span brei uit

 

Ons span by Tumelo L and Associates is besig om te groei, met die onlangse aanstelling van ’n geoktrooieerde rekenmeester, ’n belastingpraktisyn en vyf rekeningkundeklerke. Dit was vir ons ’n groot mylpaal om ’n ervare geoktrooieerde rekenmeester by ons span te laat aansluit en om meer werk vir gegradueerde rekeningkundiges te skep.

 

Om by die munisipaliteit te werk en terselfdertyd ’n besigheid te bedryf, kan nogal uitdagend wees, maar deur genade en harde werk kan ’n mens twee balle in die lug hou.

 

Terwyl ek my daaglikse take by die munisipaliteit verrig, werk my span by die firma aan besigheidskwessies. So verseker ek dat my privaat praktyk, wat ek aan die munisipaliteit verklaar het, nie my voltydse werk beïnvloed nie. Trouens, dit help my om relevant te bly op rekeningkundige gebied.

 

As ’n rekenmeester en professionele staatsfinansiesbeampte, kom ek soms voor ’n klomp uitdagings te staan. Ek glo egter dat al die lewens- en professionele vaardighede wat ek by die NWU verkry het, my voorberei het vir enige terugslag of mislukking wat ek kan teëkom op my pad om die “staatsamptenaar van die toekoms” te wees.

 

 

Vriendelike groete,

 

Tumelo Letlojane

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende ArTIKEL

vorige artIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Skryf gerus en vertel ons waar in die wêreld julle jul bevind en hoe dit met jul loopbane gaan, of skryf sommer oor ditjies en datjies wat julle na aan die hart lê.

 

Stuur julle briewe na nelia.engelbrecht@nwu.ac.za, faks dit na 086 614 3222 of pos dit aan Nelia Engelbrecht, Korporatiewe Kommunikasie, Noordwes-Universiteit, Privaat Sak X1290, Potchefstroom, 2520.

 

ONS HOOR GRAAG VAN JULLE!

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

Voorblad

 

Die NWU se handelsmerkwinkels het onlangs R70 000 vir die universiteit se Covid-19-reaksiefonds geskenk.

Eagi, die NWU se maskot, het die tjek vir Elmarie de Beer, uitvoerende direkteur van Finansies en Fasiliteite, by haar huis afgelewer, in ooreenstemming met Covid-19-veiligheidsregulasies.

 

Die reaksiefonds is daarop gemik om skootrekenaars en toestelle aan behoeftige studente te verskaf, terwyl ondersteuning ook aan personeel en die gemeenskappe rondom die kampusse verleen word. Klik hier indien jy ook ʼn skenking wil maak.

NWU & U