X
Voorblad
Die NWU se handelsmerkwinkels het onlangs R70 000 vir die universiteit se Covid-19-reaksiefonds geskenk.
Eagi, die NWU se maskot, het die tjek vir Elmarie de Beer, uitvoerende direkteur van Finansies en Fasiliteite, by haar huis afgelewer, in ooreenstemming met Covid-19-veiligheidsregulasies.
Die reaksiefonds is daarop gemik om skootrekenaars en toestelle aan behoeftige studente te verskaf, terwyl ondersteuning ook aan personeel en die gemeenskappe rondom die kampusse verleen word. Klik hier indien jy ook ʼn skenking wil maak.
INHOUD
Sebo Marobela se mode-ontwerpe is pret, gemaklik en vrolik.
Sebo Marobela se mode-ontwerpe is pret, gemaklik en vrolik.
Sebo Marobela se mode-ontwerpe is pret, gemaklik en vrolik.
Sebo Marobela se mode-ontwerpe is pret, gemaklik en vrolik.
<
>
Yebo!
As een van die eerste voorsitters vir die organisasie vir jong entrepreneurs (Young Entrepreneurs Business Organisation, YEBO) op die kampus, het Sebo die geleentheid gehad om entrepreneurskap as moontlike loopbaan te verken.
Hier is Sebo (links) en sy medekomiteelede, Zaakir Choonara, Neil Amero Kruger, Tumi Maretlwa, Chane Sharp, Bernice Robberse, Ncebayakhe Magodla en die YEBO-voog, dr Natanya Meyer.
Dit was deur die studente-organisasie YEBO dat Sebo in 2014 Nederland toe is, waar hy en sy span die derde plek in die jaarlikse wêreldwye entrepreneurskapsweek verower het. Van links is Sebo, Ncebayakhe Magodla, Bernice Robberse, Chane Sharp, Zaakir Choonara en Neil Amero Kruger.
Sebo Marobela, entrepreneur en mode-ontwerper, word betower deur sterk Afrika-patrone en spatsels kleur, en laat koppe draai waar hy ook al gaan. As ’n mens die gewildheid van sy modehandelsnaam, Caraci, as maatstaf gebruik, lyk sy toekoms baie blink.
“Ek is mal oor die mag wat klere verskaf en hoe ’n mens kan transformeer as jy mooi aantrek,” sê Sebo in sy ateljee in Johannesburg, en voeg by dat sy handelsmerk ’n weerspieëling van sy uitgaande persoonlikheid en sy lus vir die lewe is.
“Ek dink jy kan sê ek het my lewe en my ontwerpe in ’n tas gepak en agter my drome aangehardloop,” lag Sebo wanneer hy praat oor sy kleurvolle lewensreis – plaaslik en internasionaal – en sy strewe om altyd goed te lyk en te voel.
’n Kleindorpse seuntjie droom van helder stadsliggies
Sebo, wat in Phalaborwa in Limpopo gebore is en grootgeword het, onthou hy het altyd van ’n lewe in ’n groot stad gedroom. Hy sê hy was “absoluut betower” deur wat hy op die televisie gesien het en het van die blink stadsliggies begin droom.
Ná skool het hy in 2010 ’n oorbruggingsjaar geneem en as lid van die produksiepan by die Hlananathi-teaterprojek aangesluit.
“Ek het werklik gevoel of my drome van my kindertyd waar geword het, en ek het elke oomblik op die verhoog terdeë geniet en myself met hart en siel in my optrede gestort.”Sebo onthou hoe hy die voorreg gehad het om tydens die 2010 FIFA-wêreldbeker ses maande lank deur Suid-Afrika te toer en in tradisionele dansuitvoerings, kort toneelstukke en musiekblyspele op te tree.
Daarna het hy as agent vir telefoonbankdienste en kliëntedienste vir ’n groot handelsbank begin werk, en twee jaar lank “’n goeie bestaan gemaak” terwyl hy steeds deel van die opwindende gewoel van Johannesburg was. Die vaardighede wat hy daar geleer het, is vaardighede wat hy steeds koester, omdat kliëntediens uiters noodsaaklik is vir sakesukses.
Die NWU wink
Teen daardie tyd het ’n universiteitsgraad gewink. Sebo het in 2012 by die NWU in Vanderbijlpark aangesluit en in 2015 ’n BCom-graad in bemarking en besigheidsbestuur verwerf.
“Ek was mal oor alles wat die studentelewe behels,” sê Sebo. Die NWU het boonop aan hom sy eerste blootstelling aan internasionale reise gegee en sy voete op die pad van entrepreneurskap geplaas. (Kyk na die Yebo!-tekskassie in die linkerkolom.)
Entrepreneurskap roep
As selferkende partytjieliefhebber sê Sebo dit is nie altyd maklik om goed te lyk sonder die kontant om gedurig nuwe uitrustings te koop nie. In plaas daarvan het hy sy uitrustings met oorspronklike en kleurvolle elemente opgedollie. Kort voor lank het sy vriende sy ontwerpe begin raaksien en hom gevra om vir hulle uitrustings te ontwerp en te maak.
Een tas, 20 rokke
Sebo wou meer van die wêreld sien en het Amerika toe vertrek om as raadgewer by ’n somerkamp te werk. Hy is met net die nodigste weg uit Suid-Afrika, maar het ’n ekstra tas saamgevat met 20 rokke wat hy gemaak het.
“Ek lag nog steeds as ek aan die reaksie dink van die ou wat die bagasie geskandeer het toe hy die rokke sien – dit was kostelik!”
Vier weke nadat hy begin het om die rokke in Amerika te verkoop, was dit uitverkoop. “Omdat ek altyd klere met my eie handelsmerk dra, kon mense die gees van Afrika eerstehands sien en ervaar, en dit het hulle opgewonde gemaak,” sê Sebo.
Hy het al die geld gespaar wat hy daar verdien het, en met sy terugkeer na Suid-Afrika het hy sy Caraci-etiket in 2017 begin en vandag is sy droom steeds volstoom op koers.
’n Unieke mode-ervaring
Caraci het onlangs ’n vennootskap met Airbnb gesluit om aan toeriste ’n unieke geleentheid te bied om (wanneer toerisme weer hervat) Suid-Afrika se modehoofstad en die geskiedkundige modeplein in die ou Johannesburgse middestad te besoek en te verken.
Die Nommerpas-vliegbaadjie-ervaring (Custom Bomber Jacket Experience) gee aan besoekers die geleentheid om ’n Caraci-vliegbaadjie saam met Sebo en sy span te skep. Die ervaring sluit ’n fotosessie in die byderwetse buurte van Maboneng en Braamfontein in, asook ’n vlog-video van die hele ervaring.
DIE NWU & U
Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.
Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.
Navigasie
>
<
volgende ArTIKEL
vorige artIKEL
KLANK
video
MEER INLIGTING
KLIK
DEEL
Brokkies
Sebo as ʼn jong platejoggie by die kampus se radiostasie, River FM.
X
Voorblad
Die NWU se handelsmerkwinkels het onlangs R70 000 vir die universiteit se Covid-19-reaksiefonds geskenk.
Eagi, die NWU se maskot, het die tjek vir Elmarie de Beer, uitvoerende direkteur van Finansies en Fasiliteite, by haar huis afgelewer, in ooreenstemming met Covid-19-veiligheidsregulasies.
Die reaksiefonds is daarop gemik om skootrekenaars en toestelle aan behoeftige studente te verskaf, terwyl ondersteuning ook aan personeel en die gemeenskappe rondom die kampusse verleen word. Klik hier indien jy ook ʼn skenking wil maak.
NWU & U