X

Voorblad

 

Die NWU se handelsmerkwinkels het onlangs R70 000 vir die universiteit se Covid-19-reaksiefonds geskenk.

Eagi, die NWU se maskot, het die tjek vir Elmarie de Beer, uitvoerende direkteur van Finansies en Fasiliteite, by haar huis afgelewer, in ooreenstemming met Covid-19-veiligheidsregulasies.

 

Die reaksiefonds is daarop gemik om skootrekenaars en toestelle aan behoeftige studente te verskaf, terwyl ondersteuning ook aan personeel en die gemeenskappe rondom die kampusse verleen word. Klik hier indien jy ook ʼn skenking wil maak.

 

ProfiELE

Die kombinasie van politiek en joernalistiek maak dit vir alumna Sentleeng Lehihi makliker om politieke verwikkelinge vir haar teikengehoor te ontsyfer.

Sentleeng deel haar mening as ʼn gas op die Dr Love-program van die kampusradiostasie, NWU FM.

Sentleeng lewer verslag oor die algemene verkiesings in Botswana.

Sy kombineer en vertolk politiek en menslikheid

Sentleeng Lehihi se gesig, opvallende haarstyl en boeiende stem is afgeëts in die gedagtes van miljoene Suid-Afrikaners wat haar eiesoortige joernalistiek op die openbare uitsaaier se radio- en televisiestasies volg.

Nadat sy haar BA-graad in joernalistiek in Johannesburg voltooi het, het sy by die NWU vir haar honneursgraad in politiek en internasionale betrekkinge ingeskryf.

 

Delf dieper

 

“Ek het geweet ek wil ’n joernalis word, maar ek het besluit om my ma se raad te volg en my studies voort te sit eerder as om dadelik te begin werk,” sê sy oor haar besluit om haar honneursgraad aan die NWU te voltooi.

 

Die titel van Sentleeng se navorsingstudie was “An analysis of trade in illicit diamonds in the Democratic Republic of Congo's mining industry”. Dit was die uitvloeisel van wat sy beskryf as ’n aangebore belangstelling in die verskynsel van die bestuur van mense en hulpbronne.

 

Hoewel sy soms met haar navorsing gesukkel het, het sy haar studie laat in 2011 voltooi en haar graad met lof behaal.

 

Van uitdagings tot sterkpunte

 

“Ek glo die uitdagings wat ek ervaar het, het my baie gehelp om my sterkpunte te ontwikkel en aan my swakhede te werk. In my beroep as joernalis is navorsing noodsaaklik, en danksy my nagraadse studies kan ek nou met gemak navorsing doen,” sê Sentleeng.

 

Sy sê lesse uit modules – soos die formulering van buitelandse beleid en onderhandeling, internasionale politieke ekonomie, streekstudies, sekuriteit en wêreldwye transformasie, en die ontleding van buitelandse beleid – is uiters waardevol in haar werk.

 

Die wêreld deur haar oë

 

“Die wêreld verander voortdurend, en as joernalis is dit my verantwoordelikheid om die veranderende wêreld vir die massas te bestudeer en te vereenvoudig. Begrip van die formulering en aanpassing van beleid is noodsaaklik.

 

“Ons moet byvoorbeeld nou ’n wêreldwye pandemie in die vorm van Covid-19 hanteer. Ons wêreldgemeenskap moes selfondersoek doen as die beste vorm van verdediging, en dit sal verreikende gevolge hê vir hoe ons voortaan sal leef en sake doen,” verduidelik Sentleeng.

 

Sy beskryf haarself as selfgemotiveerd en ’n baie entoesiastiese spanwerker wat leierskapsrolle en verantwoordelikhede kan aanvaar, en dit werklik geniet om met mense te werk en idees te deel.

 

En wanneer dit tyd is om te ontspan, ontsnap sy na die wêreld van flieks.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende ArTIKEL

vorige artIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Voordat sy ʼn artikel oor ’n Suid-Afrikaanse polisiehelikopterloods skryf, vlieg Sentleeng saam met hom om eerstehands te ervaar wat sy werk behels.

As ʼn gas op die Morning Live-TV-program bespreek Sentleeng haar dekking van ʼn brand in ʼn winkel in Mahikeng in 2019 en hoe omstanders probeer het om die winkel te plunder.

NWU & U  |

NWU & U  |

Voorblad

 

Die NWU se handelsmerkwinkels het onlangs R70 000 vir die universiteit se Covid-19-reaksiefonds geskenk.

Eagi, die NWU se maskot, het die tjek vir Elmarie de Beer, uitvoerende direkteur van Finansies en Fasiliteite, by haar huis afgelewer, in ooreenstemming met Covid-19-veiligheidsregulasies.

 

Die reaksiefonds is daarop gemik om skootrekenaars en toestelle aan behoeftige studente te verskaf, terwyl ondersteuning ook aan personeel en die gemeenskappe rondom die kampusse verleen word. Klik hier indien jy ook ʼn skenking wil maak.

NWU & U