PROFIELE

NWU-alumnus prof Gilbert Motsaathebe is ’n medeprofessor aan die Universiteit van Johannesburg en ’n buitengewone professor by die navorsingsentiteit Inheemse Taalmedia in Afrika op die NWU se Mahikengkampus.

 

Nuuskierigheid vuur ondersoeke aan

 

Gilbert sê sy navorsingsnuuskierigheid is geprikkel is toe hy by e.tv gewerk het.

 

“Soos my publikasies toon, gaan my navorsingsbelangstelling oor media en gender, joernalistiekopvoeding en -praktyk vanuit ’n dekoloniale perspektief, post-apartheid films en inheemse taalmedia,” sê hy.

 

Gilbert het ses boeke en meer as 30 akademiese artikels en hoofstukke in geakkrediteerde ewekniebeoordeelde publikasies gepubliseer.

 

Onder sy artikels wat al baie aangehaal is, is:

 

  • “Book publishing in indigenous languages in South Africa: challenges and opportunities”
  • “South African cinema and its depiction of race, gender and class: Portrayals of black women in post-apartheid South African films”
  • “Gendered roles, images and behavioural patterns in the soap opera Generations”
  • “Reporting corruption in African media environments”

 

Alumnus lees tussen die reëls van die mediabedryf se boodskappe

NWU-alumnus prof Gilbert Motsaathebe is op die voorpunt van film- en mediastudie in Suid-Afrika en ook oorsee. Sy kundigheid strek van hoe swart vroue in films uitgebeeld word tot hoe korrupsie op die vasteland toegesmeer word, en die geleenthede wat daar vir inheemse tale is.

Gilbert, wat in die plattelandse dorpie Morokweng gebore is en grootgeword het, is as akademikus, navorser, produksieleier en mediaverhoudingepraktisyn ’n baanbreker op die gebied van films.

 

Hy is tans ’n medeprofessor aan die Universiteit van Johannesburg (UJ) en sy onderrig en navorsing het aan hom verskeie gesogte toekennings, insluitende die gerekende SEPHIS-toekenning, besorg. (SEPHIS is ʼn befondsingsprogram vir PhD- en postdoktorale studente.)

 

Stap terug op sy spore

 

Gilbert se bande met die NWU kom van ver af. Hy het sy meestersgraad in kommunikasie met onderskeiding behaal en ook sy honneurs- en BA-graad aan die Mahikengkampus verwerf voordat hy in 2013 sy PhD in film- en mediastudies aan die Universiteit van die Witwatersrand voltooi het.

 

Gilbert sê sy tyd by die NWU en dié se voorgangers was gevul met ’n mengsel van uitdagende en vreugdevolle ervarings.

 

“Die tydperk rondom 1993 en 1994 het veral uitgestaan. Dit was tydens die onstuimige tyd van die oorgang van die ou Suid-Afrika na die nuwe demokratiese bestel.

 

“Benewens om te studeer, het ons dit geniet om deel te wees van die proses, aangesien die Unibo-studente op die voorpunt was van politieke veldtogte en mobilisering in die hoofstad, wat toe as Mmabatho bekend gestaan het. Studentepolitiek was in daardie tyd baie lewendig,” sê hy.

 

“Ek het dit ook geniet om deel te neem aan die aktiwiteite van verskillende verenigings, soos die Unibo-koorvereniging (nou die NWU-koor) en die Gemeenskapsvereniging, en ook om betrokke te wees by die publikasie wat die University Spectrum genoem is.”

 

Terug in die hede

 

Gilbert is tans ’n NNS-gegradeerde akademikus en geakkrediteerde afrigter, mentor en assessor op die gebied van joernalistiek en mediastudies en het meer as 26 jaar ervaring in die akademie, regeringskommunikasie en mediapraktyk.

 

Benewens dat hy ’n medeprofessor in die Departement van Joernalistiek, Film en Televisie by UJ is, is hy ook die hoofredakteur van die Communicare: Journal for Communication Sciences in Southern Africa.

 

Voordat hy by UJ aangesluit het, het Gilbert onderrig gegee by die Universiteit van die Verenigde Arabiese Emirate in die VAE, en was hy ook 10 jaar lank ’n senior lektor by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie. Hy het ook in Indië en Japan onderrig gegee.

 

Benewens sy akademiese aktiwiteite het Gilbert ook van 2013 tot 2016 as adjunkdirekteur vir mediaverhoudinge in die Hoofdirektoraat van Kommunikasie in Noordwes se premierskantoor gedien.

 

Hy was vroeg in sy loopbaan ’n nuusregisseur en uitsetredakteur vir Bop TV, SABC en e.tv.

 

Laat ’n wêreldwye voetspoor

 

Gilbert is ’n aktiewe lid van verskeie nasionale en internasionale liggame en is in 2016 as gas deur die VSA-regering uitgenooi om aan ’n maand lange internasionale besoekersleierskapsprogram deel te neem.

 

Vorige deelnemers aan hierdie program het voormalige staatshoofde soos FW de Klerk (Suid-Afrika), Festus Mogae en Ketumile Masire (Botswana), Mwai Kibaki (Kenia), Joyce Banda (Malawi) en Nicolas Sarkozy (Frankryk) ingesluit.

 

Gilbert sê dat hy dankbaar is teenoor ’n voormalige kollega en die veteraan uitsaaipersoonlikheid San Reddy, wat hom vir die VSA-regering se leierskapsprogram genomineer het.

 

“Ek is ook baie dankbaar teenoor my alma mater, die NWU, waar ek tans ’n buitengewone professor is in die navorsingsentiteit Inheemse Taalmedia in Afrika, waar prof Abiodun Salawu aan die hoof is.”

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

Prof Gilbert Motsaathebe het in 2016 besoek afgelê in Boston, die hoofstad van Massachusetts in die VSA.

 

Lewer ’n bydrae

 

As akademikus beoordeel Gilbert gereeld manuskripte vir vooraanstaande akademiese vaktydskrifte, dien op redaksies en was al eksaminator vir MA- en PhD-tesisse vir instellings tuis en oorsee.

 

“Ek doen ook baie bedryfsverwante werk.

 

“My dienste is byvoorbeeld al deur die Europese Unie ingeroep om in samewerking met die Nasionale Regeringskool intermediêre en gevorderde kursusse vir amptenare in die openbare sektor te ontwerp.”

 

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U