NUUs

“Ons het verskeie maatreëls in plek gestel om te verseker dat ons studente die optimale geleentheid het om in 2021 met hulle studies voort te gaan.”

 

- Prof Robert Balfour, die adjunk-visekanselier vir onderrig en leer.

 

Studente wat data nodig het

 

Wat data betref, sal die NWU voortgaan om maandelikse pakkette te verskaf aan studente wat nie nodig het om na die kampusse terug te keer nie en wat die data vir onderrig en leer nodig het.

 

Studente wat na die kampusse terugkeer en in die koshuise woon, sal nie data ontvang nie, aangesien hulle die universiteit se WiFi-geriewe sal kan gebruik. Diegene wat in privaat verblyf woon terwyl hulle toegang tot die kampusse moet hê, sal data ontvang as hulle verblyf nie WiFi het nie.

 

Namate die inperkingsvlakke gedurende die jaar verander, kan ons moontlik ons benadering wysig.

 

Onderrig en leer bly aan die gang en meestal aanlyn

As jy gewonder het oor die toestand van onderrig en leer by die NWU, kan jy verseker wees dat dit ten spyte van die impak van die Covid-19-pandemie steeds aan die gang is.

Prof Robert Balfour, die adjunk-visekanselier vir onderrig en leer, sê onderrig aan die NWU sal gedurende die eerste semester hoofsaaklik aanlyn bly. Die uitsonderings is akademiese programme waar studente persoonlik teenwoordig moet wees om te voldoen aan die vereistes vir die voltooiing van praktiese en laboratoriumwerk, en plasings vir werkgeïntegreerde leer, internskappe en so meer.

 

“Benewens ons toewyding aan uitmuntendheid in onderrig en leer, het die universiteit ook die gesondheid en veiligheid van ons studente en personeel verseker deur al die nodige Covid-19-gesondheids- en -veiligheidsprotokolle te volg,” sê hy.

 

Studente wat na die kampus terugkeer

 

Fakulteite het programme geïdentifiseer wat beperkte kontak-ervaring vir onderrig en leer vereis en het dit aan die betrokke studente gekommunikeer. Hierdie studente het toestemmingsbriewe ontvang om die kampusse waar hulle moet wees, te betree.

 

Studente wat nie geïdentifiseer is om na kontak-onderrig-leer terug te keer nie, het ’n paar opsies ontvang. Hulle kon aandui of hulle na ons kampuskoshuise wil terugkeer, of na privaat koshuise naby die kampusse, om toegang tot geriewe soos biblioteke en rekenaarlaboratoriums te kry.

 

Hierdie studente kon na ons kampusse terugkeer as hulle volledig geregistreer is, toestemmingsbriewe het en aan al die Covid-19-gesondheids- en -veiligheidsprotokolle voldoen. Slegs ’n beperkte getal mense sal byvoorbeeld op een slag in een ruimte toegelaat word.

 

Ons fakulteite was in aanraking met enige studente wat geskeduleerde, fisiese assesserings by die universiteit of by aangewese leerondersteuningsentrums moet ondergaan.

 

“Studente wat moet terugkeer of op kampus moet wees, maar verkies om tuis te bly, moet daarvan bewus wees dat hulle die programme moontlik nie sal kan voltooi nie,” waarsku Robert.

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

Teen 18 Maart het 6 895 eerstejaars en 22 676 seniors aangedui dat hulle na die NWU se kampusse wil terugkeer, terwyl die ander studente steeds van die huis af studeer.

 

vorige

<

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U