Nuus

 

Die ‘ouers’ van Backchat

 

Backchat is die breinkind van dr Henk Louw, senior lektor in akademiese geletterdheid, en Juan Steyn, wat gedurende die tyd toe Backchat ontwikkel is, IT-ondersteuning aan die Fakulteit Geesteswetenskappe verskaf het.

 

Henry Foulds, ’n voormalige NWU-dosent, het bygekom om die sagtewareprogrammering oor te neem nadat Juan ander werkverwante verantwoordelikhede aanvaar het.

 

Die idee vir Backchat het gekom nadat Henk gefrustreerd was omdat hy nie vir studente deeglike terugvoer oor vae en foutiewe sinskonstruksies kon gee nie.

 

“Ek het vir Juan gesê dit sal wonderlik wees as ’n mens stemnotas kon opneem.

 

“Navorsing het al oor en oor bewys dat dit baie voordelig is om stemterugvoer te gee eerder as die konvensionele en tradisionele manier om onder andere aantekeninge op papier te maak.”

 

Backchat maak terugvoer maklik

Die NWU was nog altyd trots op sy unieke en baanbrekerinnoverings. Een so ’n innovering is die Backchat-sagteware wat ontwikkel is om toetse en opdragte na te sien deur persoonlike terugvoer direk aan studente te verskaf.

 

Wanneer Backchat gekommersialiseer is, sal mense en instellings buite die universiteit – byvoorbeeld onderwysers en skole – ook lisensies vir Backchat kan kry.

 

Dr Henk Louw, senior lektor in akademiese geletterdheid sê Backchat is gebruikersvriendelik en kan gebruik word om voorafopgeneemde oudiobrokkies te kombineer vir daardie lastige foute wat herhaal word.

Waaroor dié ‘terugpratery’ gaan

 

Backchat is stel dosente in staat om oudioterugvoer op ’n groot skaal op te neem en te versprei. Hierdie stemnotas is geïndividualiseer as terugvoer aan elke student. Dosente kan ook naatloos kommentaar met voorafopgeneemde kommentaar kombineer vir foute wat gewoonlik herhaal word.

 

“Die groot voordeel om voorafopgeneemde boodskappe te gebruik, is dat dit ’n tydbesparende manier is om goeie response en verduidelikings te skep wat oor en oor gebruik kan word,” sê dr Henk Louw, senior lektor in akademiese geletterdheid.

 

Backchat loop die pad na kommersialisasie

 

Die NWU se kantoor vir Tegnologie-oordrag en Innovasie is tans besig om die kommersialisering van Backchat te ondersteun. Sodra die sagteware gekommersialiseer is sal meer gebruikers dit kommersieel kan aanwend.

 

Henk sê hulle het reeds belangstelling en navrae ontvang van ander Suid-Afrikaanse universiteite, skole en ander gebruikers – ook van potensiële gebruikers in die res van Afrika.

 

Hulle is besig met gesprekke met kommersiële entiteite wat belangstel om ʼn lisensie vir die gebruik daarvan van die NWU te verkry.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

 

Voordele van oudioterugvoer

 

Navorsing het getoon dat oudioterugvoer talle voordele het. Klik op elke blok om uit te vind wat dit is.

  • Meer terugvoer, vinniger

    In die tyd wat gebruik word, is dit moontlik om baie meer insette aan studente te gee wanneer dosente praat as wanneer hulle skryf.

     

    ’n Mens kan maklik 180 tot 250 woorde per minuut (wpm) praat, vergeleke met 50 wpm as jy moet skryf of tik. Jy kan ook amper onbepaald aanhou praat, terwyl tik- of skryfwerk ’n mens baie gouer moeg maak.

  • Duidelikheid en volume van verduideliking

    Jou terugvoer kan spesifiek en gedetailleerd wees, vergeleke met ’n geskrewe nota wat iets soos “onduidelik” of “dubbelsinnig” sê.

  • Meer persoonlik

    ’n Stemnota waar ’n mens ’n regte persoon se bekende stem hoor, is baie meer persoonlik as ’n blerts ink op ’n bladsy.

  • Meer konstruktief

    Oudioterugvoer word as meer konstruktief beskou en motiveer studente dikwels om te hersien en meer in die klas deel te neem.

vorige

<

NWU & U  |

NWU & U  |

 

INHOUD

NWU & U