REDAKSIONEEL

 

Alumnus dr Clever Gumbo het sy PhD in besigheidsbestuur en administrasie op 27 April 2017 ontvang. Die onderwerp van sy tesis was: “Cross-culture compatible leadership strategies for international joint venture success in Botswana’s manufacturing industry.”

 

Skryf gerus en vertel ons waar in die wêreld julle jul bevind en hoe dit met jul loopbane gaan, of skryf sommer oor ditjies en datjies wat julle na aan die hart lê.

 

Stuur julle briewe na nelia.engelbrecht@nwu.ac.za.

 

ONS HOOR GRAAG VAN JULLE!

Alumnus floreer in Zimbabwe ná groei by die NWU

Beste mede-alumni,

 

My naam is dr Clever Gumbo, en ek is tans die dekaan van die Fakulteit van Agribesigheid en Entrepreneurskap by die Marondera Universiteit van Landbouwetenskappe en Tegnologie (MUAST) in Zimbabwe. Ek het in 2018 by MUAST aangesluit.

 

Marondera is ’n klein dorpie 70 km oos van Harare en dit is een van die tuinbouproduksie-gebiede in Zimbabwe. My gesin is verdeel tussen Botswana en Zimbabwe, aangesien ek by een van my dogters bly wat besig is om vir haar A-vlakke te studeer. Ons neem nie veel aan pretaktiwiteite deel hier in die klein dorpie waar ons bly nie, maar ons spandeer die meeste van ons naweke op die plaas, wat ongeveer 200 km ver op die Harare-Chirundu-pad lê.

 

Studies in Suid-Afrika

 

Ek het in 2017 my doktorsgraad in besigheidsbestuur en administrasie aan die NWU verwerf. Die grootste les wat ek geleer het terwyl ek in Suid-Afrika studeer het, is dat Suid-Afrikaners alle studente eenders behandel, met geen segregasie hoegenaamd nie. Die vriendelikheid van die Suid-Afrikaners – swart en wit – is prysenswaardig. Ek het op alle vlakke tydens my verblyf in ’n vreemde land al die nodige ondersteuning ontvang.

 

Vir my was die grootste uitdagings om in ’n ander land te woon, dié wat verband gehou het met my afwesigheid van my huis en my plaas – ek het daardie gemis werklik gevoel. Nou, terwyl ek in Zimbabwe werk, is dit makliker om my werk en my verpligtinge met my boerdery en sosiale interaksie te balanseer.

 

Harde werk word beloon

 

Gedurende my tyd by die NWU het ek geleer dat harde werk beloon word. My studieleier vir my PhD, prof Yvonne du Plessis, en my medestudieleier, prof Nicolene Barkhuizen van die Mahikengkampus se Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur (nou die NWU Besigheidskool) is ware werkesels. Hulle het altyd binne 24 uur op my kommunikasie gereageer en het my geïnspireer om alles in die stryd te werp en dieselfde te doen.

 

Navorsing by die NWU het my toegerus om hoë standaarde te handhaaf. Ek het tot dusver oor meer as 50 meestersgraad- en PhD-navorsingsprojekte toesig gehou, waarvan nie een onsuksesvol was nie.

 

’n Blywende herinnering is die mate van kollegialiteit deur die deelname van die NWU-personeellede regdeur my navorsingsreis.

 

 

Vriendelike groete,

 

Dr Clever Gumbo

Marondera, Zimbabwe

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U