nUUs

 

Ons maskot, Eagi, verteenwoordig die handelsmerk-eienskappe van ʼn verenigde NWU.

 

Die arend het in talle kulture ’n positiewe betekenis. Dit verteenwoordig positiewe eienskappe wat perfek by die NWU se strategie en doelwitte pas. Dit sluit in sukses, ambisie, dapperheid, uitbreiding, nuwe lewe, leierskap en vryheid.

 

Eagi simboliseer ons toewyding om die lewe met kreatiwiteit aan te pak en bo die res uit te styg.

 

Hy verteenwoordig ook ons strewe om geleenthede te vind om uit te blink en voortdurend te verbeter.

 

Eagi vertel wat gebeur

Eagi, ons NWU-maskot, help julle om tred te hou met alles wat by die NWU gebeur. So, laat ons sonder meer na die nuuskamer toe gaan waar Eagi vir julle ’n oorsig sal gee.

Ons vertrou dat julle die volgende stories interessant sal vind. (Klik op die opskrif van elke artikel om meer te lees.)


NWU in die top-100 op die ranglys vir universiteite in ontluikende ekonomieë

Die NWU het weer eens presteer met ’n top-100-plasing – en oorkoepelende sesde plek in Suid-Afrika – op die internasionale ranglys vir universiteite in ontluikende ekonomieë (Emerging Economies University Ranking) van Times Higher Education (THE).

 

Die NWU is 97ste geplaas uit 606 deelnemende universiteite op die 2021-ranglys, wat op 9 Maart 2021 aangekondig is.

 


Ons eer jou, Jeandré Rudolph

Daar is losvoorspelers met die flair en die opwinding wat hulle meer flambojante broeders in die agterlyn beskore is. En dan is daar die onbesonge werkesels – Jeandré Rudolph val in laasgenoemde kategorie.

 

Jeandré sal vir altyd onthou word as die eerste kaptein van die NWU wat die Varsitybeker-trofee op daardie heuglike aand van 11 April 2016 omhoog gehou het.

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel


NWU Mahikeng-biblioteek maak studies makliker vir voorgraadse studente

Op 4 Maart 2021 het die biblioteek op die Mahikengkampus twee nuwe byvoegings tot sy studiemeent vir voorgraadse studente bekendgestel.

 

Volgens Tiyani Mabunda, die direkteur vir oop vakkundigheid, sluit dit ʼn 24-uur-studieruimte in met 178 sitplekke wat met kragpunte toegerus is en wat die huidige studiefasiliteite vir voorgraadse studente verbeter.

 

Daarby is daar nou vyf nuwe lokale met witborde en LED-skerms vir groepwerk beskikbaar. Die 119 rekenaarwerkstasies in die lokale het ook bykomende kragpunte en skakelpunte.

 


NWU-dosent gebruik inligtingstegnologie om ʼn verskil te maak

Chuku Taole, ʼn dosent in inligtingstegnologie (IT) en alumnus van die Vanderbijlparkkampus, is daartoe verbind om ʼn positiewe en blywende verskil in die Lethabo Power-omgewing waar hy grootgeword het, te maak.

 

Vir die afgelope jare is hierdie voormalige NWU-studenteraadslid besig om saam met ʼn groep van sy ou klasmaats wat saam met hom in die Pele-Ya-Pele Hoërskool was en nou verskeie beroepe volg, in hulle vrye tyd motivering en beroepsleiding aan leerders van hul alma mater te verskaf.

 

Chuku sê wat hom motiveer om deel van hierdie inisiatief te wees, is om IT-vaardighede aan leerders van agtergeblewe laer- en hoërskole oor te dra, wat dit vir hulle makliker sal maak om by tersiêre onderrig aan te pas.

 


Belangrikste teikens moet bereik word om finansiële Dunkirk te vermy

“Die belangrikste ekonomiese en fiskale teikens in die Begroting moet bereik word en groeibeleide moet geïmplementeer word as Suid-Afrika nog ʼn finansiële Dunkirk later wil vermy.”

 

Prof Raymond Parsons van die NWU Besigheidskool sê die Minister van Finansies, Tito Mboweni, het ’n baie moeilike taak gehad om in uitdagende ekonomiese omstandighede ’n balans in sy 2021-begroting te handhaaf.

 

Raymond sê die verbeterde onmiddellike ekonomiese vooruitsig is egter iets waaraan Suid-Afrika nou dringend moet werk om in die tyd wat voorlê sy ekonomiese en staatsfinansies in ’n meer volhoubare toestand te kry.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD


NWU-dosent gebruik inligtings-tegnologie om ʼn verskil te maak

Chuku Taole, ʼn dosent in inligtingstegnologie (IT) en alumnus van die Vanderbijlparkkampus, is daartoe verbind om ʼn positiewe en blywende verskil in die Lethabo Power-omgewing waar hy grootgeword het, te maak.

 

Vir die afgelope jare is hierdie voormalige NWU-studenteraadslid besig om saam met ʼn groep van sy ou klasmaats wat saam met hom in die Pele-Ya-Pele Hoërskool was en nou verskeie beroepe volg, in hulle vrye tyd motivering en beroepsleiding aan leerders van hul alma mater te verskaf.

 

Chuku sê wat hom motiveer om deel van hierdie inisiatief te wees, is om IT-vaardighede aan leerders van agtergeblewe laer- en hoërskole oor te dra, wat dit vir hulle makliker sal maak om by tersiêre onderrig aan te pas.

 

NWU & U