ONTDEK DIE NWU

Dit is ons:

 

Weens die Covid-19-pandemie kon die NWU nie soos gewoonlik die finalejaarstudente van 2020 byeen laat kom om van hulle afskeid te neem nie. In plaas daarvan het die universiteit ’n video gemaak om vir hulle totsiens te sê.

 

In hierdie video bring visekanselier prof Dan Kgwadi hulde aan die Klas van 2020 en sê die veerkragtigheid wat hulle in 2020 getoon het, sal hulle in staat stel om toekomstige uitdagings op hul pad te bowe te kom.

 

Hy moedig hulle aan om kontak met die NWU te behou, ons handelsmerk-ambassadeurs te wees en om die NWU te help om toekomstige geslagte te bemagtig.

 

Kyk gerus na die video om te deel in die talle aktiwiteite wat ons splinternuwe alumni as kosbare herinneringe aan hulle reis by die NWU saam met hulle neem.

 

Welkom, nuwe alumni

Werk met oorgawe, speel met oorgawe…. in hierdie video herleef die Klas van 2020 – nou ons nuwe alumni – hulle studentejare en dink terug aan die spesiale tye wat hulle op die NWU se kampusse ervaar het.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U