Profiele

Alumnus Mpho Mosia se betrokkenheid by die NWU se alumni-groep toon sy passie vir leierskapsrolle en -verantwoordelikhede.

 

Inspireer ander mense

 

Een van Mpho se korttermyndoelwitte is om sy PhD te verwerf voordat hy 35 is.

 

Hy beplan ook om sy korporatiewe en besigheidsloopbaan uit te brei en streef daarna om ’n bydrae tot die welstand van die jeug in Suid-Afrika te lewer.

 

Mpho vind inspirasie in sy omgewing, nabye vriende en mense om hom.

 

“Niks is meer inspirerend as om te sien hoe jou portuurgroep groei en ’n impak op hulle gemeenskappe maak nie.”

 

 

Aan die stuur

 

Mpho Mosia is die voorsitter van die Vanderbijlparkkampus se alumnikomitee en ’n ex officio-lid van die Alumnivereniging, waarvan Bert Sorgdrager die voorsitter is. Innocentia Mphuthi is tans die voorsitter van die Jong Alumni-afdeling.

Mpho maak seker dat alumni-interaksie van krag tot krag gaan

As dit nie die eerste keer werk nie, probeer maar weer en weer. Dit is nie net ’n cliché nie, soos Mpho Mosia, stigterslid van die Vanderbijlparkkampus se Jong Alumni-afdeling, kan getuig.

’n Klompie studente het in 2013 die idee gehad om ’n reünie saam met ander van ’n bepaalde koshuis op die kampus te hou, maar ongelukkig was die geleentheid nie ’n sukses nie.

 

Dit was toe dat Mpho en twee ander vriende, Jerry Lesele en Siphiwe Mbatha, besluit het om die planne vir die reünie oor te neem en dit weg van die kampus af te organiseer. Die opkoms was wonderlik.

 

“Ons het gou besef dit sou beter wees om in elk geval die geleentheid op die kampus te hou, eerder as by ’n privaat plek, sodat die hele finansiële opbrengs aan die NWU geskenk kan word.”

 

Hulle het met die kampusbestuur vergader, en die Jong Alumni-afdeling is gestig. Die res is, soos hulle sê, geskiedenis.

 

“Ek was ’n hele klompie jaar as voorsitter aktief by die Jong Alumni-afdeling betrokke en het amper vier jaar lank op die komitee gedien,” sê Mpho.

 

Die begin

 

Mpho kom van Petrus Steyn, ’n klein dorpie in die Vrystaat, en hy het in 2004 gematrikuleer.

 

“My aanvanklike plan was om radiografie aan die Randse Afrikaanse Universiteit, nou die Universiteit van Johannesburg, te studeer, maar die plek was beperk en ek kon nie daardie kwalifikasie volg nie.”

 

Hy het toe besluit om by die NWU in te skryf omdat hy plek kon kry om vir ’n IT-verwante graad te studeer – ’n besluit waaroor hy glad nie spyt is nie.

Mpho het sy BSc-graad in ontwikkelingsbestuur in 2008 verwerf, gevolg deur ’n honneursgraad in 2009 en ’n MBA in 2020. Hy is tans met ’n nagraadse diploma in finansiële beplanning besig.

 

Die pad vorentoe

 

Dit skakel goed by sy professionele aspirasies in. Mpho het in 2010 as leerlingbeplanner by die Old Mutual-akademie begin werk en sy NKR-vlak 5 deur hulle voltooi, en hy is tans besig met die proses om ’n gesertifiseerde finansiële beplanner te word.

 

“Ek wil baie graag die township-ekonomie ’n hupstoot gee en het reeds met ’n paar belanghebbers in daardie ruimte geskakel. Ons beplan om ’n paar projekte aan die gang te kry en dit lyk of 2021 dalk ’n baie besige jaar gaan wees.”

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

Mpho sê hy geniet dit om in sy vrye tyd tennis en skaak te speel en hy wil graag glo hy is ’n goeie skaakspeler, selfs al verloor hy hier en daar ’n paar wedstryde.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U