NUUs

Sosialemediakundige Emma Sadleir waarsku dat sosiale media ’n mynveld kan wees en dat ons almal baie lig moet loop.

 

Moenie jou maatskappy se naam in diskrediet gebring nie

 

Om jou maatskappy se naam oneer aan te doen deur wat jy op sosiale media plaas, kan jou in die moeilikheid laat beland en selfs veroorsaak dat jy afgedank word.

 

Dit hoef nie eers iets te wees wat werkverwant is nie. As jy ’n rassistiese of seksistiese grappie aanlyn publiseer – of selfs like of deel – is dit sleg vir jou maatskappy. Die “like”, deel of herplasing daarvan word direk met jou en die maatskappy vir wie jy werk, geassosieer.

 

“Dit gaan ook daaroor dat jy nie die hand moet byt wat jou voed nie,” sê Emma. Moenie jou werkgewer slegsê of dinge sê wat nie in sy of haar beste belang is nie.

 

Wat meer is: dit geld ook vir wanneer jy jou maatskappy indirek in gedrang bring. As jy byvoorbeeld ’n bank op sosiale media aanval, en daardie bank is ’n belangrike kliënt van jou maatskappy, kan jou werkgewer dalk teen jou optree.

 

Dit is net so belangrik om nie jou beroep se naam sleg te maak nie. Moet byvoorbeeld nooit ’n ander ouditfirma beledig as jy self vir ’n ouditfirma werk nie.

 

Sal jy jou plasings op sosiale media ook op ’n reklamebord uitbasuin?

Moenie enigiets op sosiale media publiseer as jy nie bereid is om dit op ’n reklamebord langs ’n snelweg te sien nie.

Die doen van die “reklamebordtoets” wanneer jy by sosiale media betrokke is, is goeie raad van Emma Sadleir, ’n voorste kundige oor sosialemediareg en stigter van die Digital Law Company, wat instellings en groepe oor die risiko’s en regsgevolge van sosiale media adviseer.

 

“Digitale inhoud is gevaarlike inhoud,” het sy gewaarsku tydens ’n webinaar wat die NWU Besigheidskool op 26 November 2020 aangebied het.

“Wanneer iets digitaal is, is dit buite jou beheer – dit versprei baie vinnig en baie ver.” Sy noem dit die tatoeëer-effek – as dit eers daar is, is dit baie moeilik om dit terug te trek of in toom te hou.

 

Wanneer ander mense jou inligting beheer

 

Emma wys daarop dat selfs as jy inligting uitwis net nadat jy dit geplaas het, mense moontlik skermskote kon geneem het net voordat jy die uitwisknoppie gedruk het, en dan het jy nie beheer oor wat hulle daarmee doen nie.

 

“Dit is waarom dit so belangrik is om ’n oomblik na te dink oor wat jy wil sê voordat jy enigiets publiseer,” sê sy.

 

Sy beveel aan dat jy jouself google om uit te vind watter inligting oor jouself op die internet gevind kan word.

 

Moenie in die publikasieketting vasgevang word nie

 

Emma waarsku dat as jy deel is van die publikasieketting, jy ook wetlik aanspreeklik is vir inhoud wat gepubliseer word.

 

Met ander woorde, moenie ’n plasing deel of “like” wat onwettig of lasterlik kan wees nie. Selfs al maak jy dit duidelik dat jy dink die plasing is aaklig terwyl jy dit deel, gaan dit nie jou bas red nie.

 

Deur ’n plasing te like, wys jy dat jy jouself daarmee vereenselwig en dit maak jou vir daardie inhoud verantwoordelik. “As iemand iets lasterliks of onwettigs op jou Facebook-blad plaas, is jy wetlik verplig om dit uit te vee,” sê Emma.

 

Dit is ook op WhatsApp-groepe van toepassing. “As die groep enigiets lasterliks plaas, moet jy aandui dat jy nie daarmee saamstem nie, of jy moet die groep verlaat.” Sy beveel aan dat daar duidelike inhoudsriglyne vir elke WhatsApp-groep behoort te wees.

 

Jou reg op privaatheid is nie ’n uitgemaakte saak nie

 

Volgens wet het almal ’n reg op privaatheid. Dit hang egter ook van omstandighede af – as jy byvoorbeeld op ’n verhoog is en ’n aanbieding doen, het jy ’n laer verwagting van privaatheid as die persoon wat in die gehoor sit.

 

Dieselfde geld vir mense wat prakties gesproke op sosiale media woon en elke paar uur iets plaas, vergeleke met iemand wat amper nooit sosiale platforms gebruik nie, sê Emma.

 

Sy gee nog ’n voorbeeld van ’n ma wat haar kinders se gesigte bedek wanneer sy hulle foto’s op sosiale media plaas. Daardie kinders het ’n hoër verwagting van privaatheid as kinders wie se ouers net ná hulle geboorte ’n toegewyde Facebook-blad vir hulle geskep het.

 

“Gebruik jou privaatheidstellings wanneer jy foto’s van jou kinders op sosiale media plaas,” stel sy voor. “Hoe meer jy na jou eie en jou mense se privaatheid omsien, hoe meer privaatheid het julle.”

 

Wat duidelik uit Emma se aanbieding na vore kom, is dat sosiale media ’n mynveld kan wees. Die beste ding om te doen om moontlike “landmyne” te vermy, is om die reklamebordtoets te doen voordat jy iets op enige plek op die internet plaas.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

 

Dan is jou reg tot privaatheid daarmee heen

 

Nog ’n voorbeeld waar jou reg op privaatheid ingeboet word, is wanneer jy die wet oortree.

 

“Wanneer jy iets doen of sê wat onwettig is, is jou reg op privaatheid daarmee heen,” sê Emma.

 

Wanneer iemand byvoorbeeld ’n video plaas van ’n persoon wat sy of haar gade in die slaapkamer aanrand, kan daar nie ’n verwagting van privaatheid wees nie.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

volgende

>

 

INHOUD

NWU & U