REDAKSIONEEL

Nicolize van der Walt is die afdelingshoof van die Alumnikantoor.

 

Redakteur

Nelia Engelbrecht

 

Redaksie

Belinda Bantham

Willie du Plessis

Bertie Jacobs

Zenoyise John

Maryke Laas

Phenyo Mokgothu

Christopher Motabogi

Tumelo Muteme

Marelize Santana

Kiewiet Scheppel

 

Ontwerp en uitleg

Karen Viljoen

 

Fotografie

Redaksie en diensverskaffers

 

Redaksie

Nelia Engelbrecht

Tel 018 299 4937 of nelia.engelbrecht@nwu.ac.za

 

Die NWU & U word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans en Engels uitgegee.

 

Boodskap van die Alumnikantoor

Beste alumni

 

Sjoe, die afgelope paar maande was omtrént uitdagend. Maar ons is dankbaar en bly om nog ’n jaar saam met julle te kan deurbring.

 

Ons kan kies om op die negatiewe dinge om ons te konsentreer, of ons kan verder kyk en fokus op die wonderlike geleenthede wat die lewe steeds vir ons inhou.

 

Aan die ander kant is ons almal bewus van die vrees, die verlies aan lewens en die erns van die virus. Ons innige meegevoel aan elke persoon en familie wat op een of ander manier geraak is. Wat ons alumni betref, hoop ons om op een of ander manier gedurende 2021 tot julle moraal en welstand by te dra.

 

Ek kan nie genoeg dankie sê vir elkeen van julle nie – vir julle insette, julle terugvoer en julle deelname aan gebeurtenisse by julle alma mater.

 

Die NWU is ’n sambreel wat dekades se geskiedenis, leer en onderrig byeenbring. Die universiteit is goed geanker, danksy die alumni van hierdie toonaangewende instelling.

 

Ons is goed op pad om seker te maak dat ons mededingend en internasionaal relevant bly. Ons sal ook toegewyd bly aan ons droom, ons doel en ons waardes. Ons handelsmerkbelofte bly steeds: Dinamies. Waardegedrewe. Uitnemendheid.

 

Julle, ons alumni, beliggaam hierdie kenmerke en ons waardeer julle bydrae, hetsy as mentors vir ons nuwe geslag studente, of om die belange van ons gegradueerdes in julle werkomgewing te bevorder om te verseker dat die NWU vir geslagte vorentoe sy plek kan volstaan.

 

Ons sien daarna uit om in 2021 met julle te skakel en ons verhouding uit te bou sodat ons ons drome kan bewaarheid en kan verseker dat ons ’n instelling bly wat bekend is vir sy sorgsaamheidsetiek, maatskaplike responsiwiteit en die vermoë om uit te blink sodat ons samelewing deur kennis baat kan vind.

 

Ons omarm diversiteit en verbind onsself daartoe om altyd verantwoordelik, aanspreeklik, billik en deursigtig te wees.

 

Ons wil graag met julle skakel, hoor wat julle dink en verseker dat ons oor kwessies wat vir julle van belang is, kommunikeer. Kontak my via e-pos by nicolize.vanderwalt@nwu.ac.za en laat ons die verhouding en gesprekke lewendig hou.

 

 

Hartelike groete,

 

Nicolize en die span

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

 

Alumniverhoudinge-praktisyns

 

Tshepisho Sebeela (Mahikeng) tshepisho.sebeela@nwu.ac.za

 

Abigail Leshope (Potchefstroom) abigail.leshope@nwu.ac.za

 

Zanele Ngobese (Vanderbijlpark) zanele.ngobese@nwu.ac.za

 

 

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U