X

NUUs

Potchefstroomkampus-alumnus, Johan Lottering, is 'n belangrike rolspeler in die aanvullingsbedryf.

Johan leef sy

lewensleuse uit

Gesondheid, meen Johan Lottering, is jou grootste bate en soos enige bate moet jy dit oppas.

Die stigterslid van die nutriëntaanvullingsmaatskappy, Value Added Life, draai nie doekies om as dit by gesondheid kom nie. Om te sê dis vir hom belangrik, is om dit sagkens te stel.

 

“Ons moet in ons bates belê,” vertel die 60-jarige entrepreneur wat in 1979 sy graad in farmasie aan die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys voltooi het.

 

Dié boorling van Krugersdorp is die afgelope sowat 17 jaar in die aanvullingsbedryf nadat hy eers as apteker gepraktiseer het.Value Added Life se bekendste produk, Procydin, het al vir menige jare verbruikers aan die gons. Procydin is ’n kragtige antioksidant-verpakking met druiwepitekstrak as die hoofelement, saam met vitamien C en E.

 

Die antioksidant wat uit druiwepitte onttrek word, word proanthocyanidin genoem.

 

“Ek en my skoonpa het toevallig op die internet daarop afgekom. Ek wou nog altyd ’n fabriek gehad het en hierdie was die ideale geleentheid om proanthocyanidin in Suid-Afrika te kommersialiseer. My skoonpa is ’n ingenieur en ek is ’n apteker, so dit het perfek uitgewerk.”

 

Druiwepitte doen die ding

 

Aanvanklik is proanthocyanidin, die kernbestanddeel van Procydin, uit denneboombas onttrek en is hierdie grondstof vanaf Frankryk ingevoer. Die kostes was egter astronomies. Druiwepitte is as ’n beter alternatief gesien en van daar af was daar geen omdraai nie.

 

“Wat proanthocyanidin so uniek maak is dat ons dit nie in ons normale dieet inneem nie. Tog het dit soveel belangrike eienskappe. Dit kan help om ons te beskerm teen kardiovaskulêre siektes, om bloedsirkulasie te bevorder (wat mense met diabetes kan help), om bloeddruk te normaliseer, inflammasie te beveg en die pyn wat met artritis gepaard gaan, te verminder.

 

"Daardie frank smaak as mens ’n glas rooiwyn drink? Dit is proanthocyanidin,” vertel hy.

 

Procydin is nie Value Added Life se enigste produk nie. “Ons het ander produkte ook, maar ons het altyd geweet Procydin gaan ons vlagskipproduk wees, daarom is ons groot fokus daarop,” sê Johan.

 

Dolgelukkig in Jeffreys

 

Daar waar hy in Lootspark in Jeffreysbaai sit, kon hy nie vir meer gevra het nie.

 

“Ek is dolgelukkig. Ek het gesonde kinders en ’n wonderlike vrou. Wat Value Added Life betref is ons ’n lekker klein onderneming, wat ons baie effektief maak.”

 

Die besigheid, sê hy, tel onder die top vyf grootste verskaffers van aanvullende nutriënte in die land.Behalwe in Suid-Afrika, word Procydin ook in lande soos Australië, Nieu-Seeland, Kanada en Duitsland versprei.

 

Vir wie sal hy Procydin aanbeveel? “Ons diëte is arm aan goeie voedingstowwe, so ek sal dit vir enige iemand van vyf jaar tot 95 jaar oud aanbeveel.”

 

Of dit in sy eie gimnasium by die huis is, of deur Value Added Life, Johan leef elke dag sy lewensleuse uit, naamlik “doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê.”

 

Gesondheid!

 

 

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER inLIGTING

NWU & U  |

NWU & U  |