X

REDAKSIONEEL

Prof Dan Kgwadi

Boodskap van

die visekanselier

Geagte alumnus,

 

Die afgelope twee jaar het ons baie tyd en energie bestee aan die formulering van ’n nuwe strategie en struktuur vir ons universiteit. Ter wille van ons toekoms, was dit onvermydelik en daarom ’n nodige proses.

 

Soos jy waarskynlik weet, het ons Raad in 2015 ’n nuwe strategie goedgekeur en verlede jaar ’n nuwe struktuur. Daarby het die minister van Hoër Onderwys en Opleiding ook ons nuwe Statuut in Februarie vanjaar goedgekeur.

 

Kortom, ons het alles in plek geplaas om as ’n eenheidsuniversiteit die toekoms te betree. Ons sal spoedig kan voortgaan met die aanwys van adjunk-visekanseliers, waarvan drie op kampusse gesetel sal wees. (Prof Fika Janse van Rensburg sal tot die einde van die jaar die Potchefstroomkampus lei.)

 

Ons sal ook voortgaan met die aanstel van uitvoerende dekane, wat die nuwe fakulteite sal lei. Hierdie agt fakulteite sal meestal oor al drie kampusse strek. Ons sal ook akademiese direkteure aanstel wat skole sal bestuur wat oor kampusse heen sal funksioneer.

 

Dit is ’n opwindende tyd vir ons as universiteit. Maar ek wil jou gerusstel indien jy effe bekommerd is: ons is versigtig om die stabiliteit van ons akademiese programme nie in gevaar te stel nie.

 

Die proses van herstrukturering was nie altyd aangenaam nie, maar ons moet nie nou die bal laat val nie – ons moet enduit voortgaan met implementasie. Ons is nie meer ’n universiteit wat in silo’s funksioneer nie.

 Ons is een universiteit met ’n struktuur wat kort voor lank hierdie eenheid sal reflekteer.

Kom ons onthou dat ons doelwit is om ’n finansieel volhoubare universiteit te wees waar uitmuntende onderrig, leer en navorsing plaasvind. Ons wil in alle opsigte ’n Suid-Afrikaanse universiteit wees waar die beste waardes van ons Grondwet uitgeleef word.

 

Daarom het ons ’n doelwit wat soos volg lees: “Om te presteer wat betref innoverende leer en onderrig asook baanbrekersnavorsing, om sodoende die gemeenskap deur kennis te dien.”

 

Dit sal ons primêre fokus bly.

 

Ek wil jou as gewaardeerde alumnus aanmoedig om ons steeds te ondersteun terwyl ons hierdie doelwit nastreef.

 

Vriendelike groete,

Prof Dan Kgwadi
Visekanselier



die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER inLIGTING

NWU & U  |

NWU & U  |

X

INHOUD

inhoud

NWU & U