X

NUUs

Die wenners van die 2017 NWU Alumnitoekennings vir Uitnemendheid sal hul trofeë tydens die toekenningseremonie op 6 Oktober 2017 ontvang.

Komaan, nomineer  alumni vir toekennings

Baie mense presteer uitstekend wat betref hul loopbane en die bydraes wat hulle tot hul gemeenskappe lewer, sonder dat hulle noodwendig erkenning daarvoor ontvang. Jy kan nou iets daaraan doen.

Indien jy mede-alumni ken wat in hul beroepe uitblink of hul stempel op die samelewing afdruk, moet jy hulle vir die 2017 NWU Alumnitoekennings vir Uitnemendheid benoem.

 

Deur dit te doen sal jy hulle die geleentheid gee om die waardering te ontvang wat hulle verdien en meebring dat hul alma mater hulle op 
6 Oktober 2017 tydens ’n glansgeleentheid in die openbaar vereer.

 

Jy het tot 8 Mei die geleentheid om kandidate vir die volgende toekennings te benoem:

 

  • NWU Alumnitoekennings vir Uitnemendheid (kategorieë: Navorsing, Onderwys, Gemeenskapsbetrokkenheid, Sakeleierskap, Kuns en Kultuur, Sport, Openbare Diens)

 

  • NWU Jong Alumnustoekenning (Vir hierdie toekenning kan ’n alumnus wat 35 jaar of jonger is vir enige van bogenoemde kategorieë genomineer word.)

 

Neem asseblief kennis dat huidige lede van die NWU Raad, die uitvoerende komitee van die Konvokasie, en lede van die institusionele bestuur nie vir die toekennings benoem mag word nie.

 

Klik gerus hier vir die elektroniese nominasievorm en om meer oor die toekennings te lees. As jy dink jy staan self ’n kans om ’n Alumnitoekenning los te slaan, kan jy iemand anders vra om jou te nomineer.

 

Moet dus nie huiwer om aan die nominasieproses deel te neem nie – ons maak op jou deelname staat vir die sukses van die toekennings.

 

 

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER inLIGTING

Klik hier om te sien wie die vorige wenners van die Alumnitoekennings vir Uitnemendheid was sedert die proses in 2013 begin het.

 

NWU & U  |

NWU & U  |