X

NUUs

Die NWU se tegniese personeel deel hulle kennis met boere tydens ’n inligtingsessie.

“Die program word in 2017 voortgesit, aangesien die NWU na boere in die Batswana-gebied uitgereik het om aan hulle dieselfde geleenthede te bied om hulle diere se gesondheid te verbeter.”

NWU help boere bul by die horings pak

Nagenoeg 35 boere van die landelike Mahikeng-omgewing in Noordwes en ongeveer 195 finalejaarstudente van die NWU was deel van en het voordeel getrek uit ʼn program om die algemene welstand van vee in dié omgewing te verbeter.

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER inLIGTING

Die Mafikengkampus se Ambulante Veeartsenykundige Gemeenskapsprojek voorsien in die dringende behoefte aan opleiding en ondersteuning met betrekking tot dieregesondheid, hoe om ’n veeboerdery as besigheid te bedryf, weidingsbeginsels, rekordhouding, parasietbeheer, voeding en teling.

 

Hoe dit begin het

 

Die projek, wat in 2012 in samewerking met die Departement van Landbou op die been gebring is, bied oplossings en hulp aan vee-eienaars en skep ook die geleentheid vir praktiese ervaring vir NWU-studente. Dit is begin nadat assessering onder verskeie boere in dié omgewing getoon het dat daar groot behoefte aan opleiding en ondersteuning was.

 

Dr Mathew Nyirenda van die Sentrum vir Dieregesondheidstudies op die Mafikengkampus sê een van die oogmerke van dié program was om die waarde van die betrokke boere se vee of kuddes te verhoog.

 

Hoe boere baat

 

“Die afgelope jare het kundiges en finalejaarstudente van die NWU verskeie boere weekliks besoek en ook verskeie waardevolle inligtingsessies aangebied. Die maandelikse seminare was veral gewild. Daar het boere, landboukundiges, studente en veeartse die geleentheid gekry om idees uit te ruil en hul kennis te verbreed,” sê hy. Die projek, wat reeds sedert 2012 gedeeltelik deur die Emthunzini Trust befonds is, fokus ook daarop om jong boere en vroueboere te bemagtig. Volgens Mathew het die program in 2015 ’n hoogtepunt bereik.

 

Hy glo die feit dat hulle verlede jaar minder belangstellendes gehad het, is ’n duidelike bewys dat baie van die omgewing se boere reeds by die projek gebaat het en goeie kennis opgedoen het.

 

“Hierdie boere het nou die selfvertroue ontwikkel om op hul eie die spreekwoordelike bul by die horings te pak.”Hoe die projek vrugte dra

 

Volgens terugvoer van die deelnemende boere het die program ’n beduidende verskil gemaak. Boere meen dit het hul kennis verbreed, vir hulle nuwe vaardighede aangeleer en bestaandes opgeskerp, wat tot ’n groot verbetering van die vee se gesondheid gelei het. Hulle sê weiding en water word nou beter bestuur, wat tot minder kompetisie en konflik oor die gebruik van dié skaars hulpbronne lei.

 

Mathew sê die program het die geleentheid geskep om verhoudings met die provinsiale regering te versterk. “Dit het die moontlikhede vir verdere projekte en ondersteuning in dié gemeenskappe baie vergroot.”

NWU & U  |

NWU & U  |