X

REDAKSIONEEL

vorige

<

 

Redakteur

Nelia Engelbrecht

 

Redaksie

Willie du Plessis

Bertie Jacobs

Maryke Laas

Phenyo Mokgothu

Marelize Santana

Kiewiet Scheppel

Hanlie Smuts

Johan van Zyl

Annette Willemse

 

Ontwerp en uitleg

Kurrikulumontwerp en Ontwikkeling

Grafiese Dienste

 

Fotografie

Redaksie en diensverskaffers

 

Vir verdere navrae/korrespondensie

Nelia Engelbrecht,

tel 018 299 4937 of nelia.engelbrecht@nwu.ac.za

 

Die NWU & U word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans en Engels uitgegee.

Pak 2017 se bul(le)

by die horings

Beste alumni

 

Een van die artikels in hierdie uitgawe van die NWU & U gaan oor die NWU se Mafikengkampus wat veeboere in die Mahikeng-omgewing help om "die bul by die horings te pak” om dierewelsyn te verbeter.

 

Hier by die NWU gaan ons in 2017 'n paar spreekwoordelike bulle by die horings pak. Eerstens – soos prof Dan Kgwadi, die visekanselier, in sy boodskap op die vorige bladsy noem – moet ons die nuwe NWU-struktuur, wat verlede jaar deur die Raad goedgekeur is, implementeer.

 

Hoewel dit na onder meer verskeie veranderinge aan fakulteite en rapporteringslyne sal lei, is die toewyding en uitnemendheid waarmee almal by die NWU hul daaglikse aktiwiteite aanpak 'n teken dat die instelling hierdie "toets" met vlieënde vaandels sal slaag.

 

Nog 'n spreekwoordelike bul is die berg uitdagings wat die hoëronderwyssektor in die gesig staar, soos byvoorbeeld finansiële hulp aan verdienstelike studente. Ten spyte van hierdie uitdagings is ons vol vertroue dat die NWU, met die ondersteuning van al ons belanghebbers en veral ons alumni, in 2017 net so 'n suksesvolle akademiese jaar as in 2016 sal hê.

 

Inderdaad: ons is vasbeslote om ons strategiese doelwit te bereik, naamlik om ons in ons onderrig-leer- en navorsingsaktiwiteite te onderskei en so die gemeenskap deur kennis te dien.

 

Wanneer mens deur hierdie uitgawe van die NWU & U blaai, blyk dit uit baie van die artikels dat ons alumni ook vervulling vind deur die kennis wat hulle by die NWU opgedoen het, tot voordeel van hul gemeenskappe en Suid-Afrika as geheel aan te wend.

 

Al ons alumni wat waardevolle bydraes tot die samelewing lewer, verdien erkenning. Indien jy van enige verdienstelike alumni weet, nomineer hulle vir die NWU se jaarlikse Alumnitoekennings van Uitnemendheid. Lees meer hieroor in die artikel: “Nomineer alumni vir toekennings.

 

Ons wens graag ons alumni alles van die beste vir hierdie jaar toe – mag die "bulle" mak en bedeesd, of ten minste hanteerbaar wees.

 

Lekker lees

 

Die NWU & U-span

 

 

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER inLIGTING

NWU & U  |

NWU & U  |