X

NUUs

Prof Herman van der Merwe

 

Almal wen

 

Deur die bemagtiging van leerders om wiskundig bevoegd en doeltreffend te wees, is die Vaaldriehoekkampus proaktief besig om aandag te gee aan die vaardigheidsbehoeftes van die land. So sê prof Herman van der Merwe, uitvoerende dekaan van die Fakulteit Ekonomiese Wetenskappe en Inligtingstegnologie.

 

“Wiskunde en wetenskap is baie belangrik vir die ekonomie en die verdere ontwikkeling van ons land,” sê hy.

 

“Leerders wat hul studies wil bevorder of in sektore soos ingenieurswese, natuurwetenskappe, inligtingstegnologie en medies wil werk, moet wiskunde, wetenskap of beide slaag om vir verdere studies in hierdie rigtings te kwalifiseer.

 

“Ons ekonomie het dokters, ingenieurs, argitekte, aktuarisse en IT-spesialiste nodig, en ek glo ons as universiteit en as kampus gee gehoor aan die oproep om werk te maak van hierdie vaardigheidstekort.”

 

Oorbrug die
wiskundegaping

Wat ʼn ramp. Jou kind se droom om aan die NWU se Vaaldriehoekkampus te studeer sodat sy ʼn IT-programmeerder kan word, is aan skerwe omdat haar punte vir wiskunde in die finale matriekeksamen nie goed genoeg is nie.

Moenie vrees nie – die kampus bied aan haar ’n tweede kans deur die Bridging the Mathematical Gap-program.

 

 

“Hierdie program is daarop gemik om studente te help om hul wiskundeprestasie te verbeter en gee hulle toegang tot graadprogramme wat ’n goeie wiskundige onderbou vereis, soos BCom en BScIT,” verduidelik prof Herman van der Merwe, uitvoerende dekaan van die Fakulteit Ekonomiese Wetenskappe en Inligtingstegnologie.

 

Stapel genoeg punte op

 

Soos wat by alle Suid-Afrikaanse universiteite die geval is, moet voornemende NWU-studente ook aan die vereiste Akademiese Prestasieskaal (APS) vir ’n bepaalde graad voldoen.

 

“Indien ’n voornemende student se APS-telling één punt te min is, of as dit slegs die laer as vereiste punt vir wiskunde is wat toelating verhinder, kan so ’n student voorlopig toegelaat word,” sê me Daleen Gerber, direkteur van die Skool vir Inligtingstegnologie. (Klik hier vir verdere inligting oor die APS.)

 

Sodra studente die Bridging the Mathematical Gap-program aan die begin van die akademiese jaar geslaag het, kan hulle vir die gewone programme binne die BCom-rigting en BScIT inskryf.

 

As studente nie die oorbruggingsprogram slaag nie, maar ’n finale punt van tussen 40% en 49% behaal, kan hulle vir een van die uitgebreide programme inskryf wat op kampus aangebied word. (In ’n uitgebreide program versprei studente hulle kursusse oor vier in plaas van drie jaar.)

 

Al die basiese konsepte

 

Die oorbruggingsprogram se sillabus dek die basiese wiskundige konsepte wat vanaf Graad 8 onderrig word, en die toepassing van hierdie konsepte in ooreenstemming met die uitkomstes soos uiteengesit in die Graad 12-kurrikulum. In kort: die intensiewe fokus op die hele wiskundige spektrum dien as voorkennis vir die wiskundige modules in die BScIT- en BCom-kurrikulums.

 

In die geval van ’n graadprogram soos BScIT is wiskunde die hoeksteen van alle natuurwetenskaplike vakke, en in BCom-programme word wiskunde gebruik om logaritmes en eksponensiële funksies te bereken.

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER inLIGTING

Daleen Gerber

 

Meer oor die program

 

Die Bridging the Mathematical Gap-kursus, wat vanaf 2014 in die Fakulteit Ekonomiese Wetenskappe en Inligtingstegnologie aangebied word, duur twee weke lank en word vir ses ure per dag aangebied, Saterdae ingesluit.

 

Gedurende hierdie tyd ontvang studente intensiewe opleiding in groepe en ook individueel. Hulle skryf ook verskeie klastoetse en twee eksamenvraestelle om hul vlak van insig te bepaal.

 

“Die program stel ’n minimum vereiste slaagsyfer van 50% vir alle deelnemers, maar ek is dankbaar om te kan sê ons kon tot dusver ’n slaagsyfer van 80% handhaaf,” sê Daleen Gerber, direkteur van die Skool vir Inligtingstegnologie.

 

NWU & U  |

NWU & U  |