X

NUUs

Prof Dan Kgwadi, visekanselier, het gedurende die verwelkomingsgeleenthede vir eerstejaars ’n baie spesifieke boodskap vir hul ouers gehad. “Ek wil julle die versekering gee dat die stabiliteit van ons kampusse van uiterste belang is. Ons het verlede jaar se akademiese program suksesvol voltooi en sal alles in ons vermoë doen om dit weer reg te kry.”

Studente het ’n draai by hul koshuise gemaak en is aan akademiese en ondersteuningspersoneel voorgestel om ʼn gladde oorgang van skool na universiteit te verseker.

 

NWU verwelkom

’n nuwe geslag

Die opwinding, maar ook ʼn tikkie senuweeagtigheid, was tasbaar. Daar was baie glimlagte, maar ook baie vrae. ʼn Gevoel van afwagting was in die lug toe studente die verwelkomingsgeleenthede vir eerstejaars saam met hul ouers op die NWU se Mafikeng-, Potchefstroom- en Vaaldriehoekkampus bygewoon het.

Die NWU het vanjaar 9% meer eerstejaars ingeneem as wat die teiken was. Hierdie studente van regoor Suid-Afrika en naburige lande het die eerste tree gegee in die rigting van ’n vervullende akademiese toekoms.

 

“Onthou ek het ’n afspraak met jou – by jou gradeplegtigheid oor ’n paar jaar,” het prof Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU, gesê toe die Potchefstroomkampus op Saterdag, 14 Januarie duisende studente en hul ouers op die kampus verwelkom het.

 

Die volgende dag het die Mafikengkampus hul volgende geslag studente, saam met hul ouers, verwelkom.

 

Prof Dan het die ouers geloof vir hul verbintenis tot ʼn voorspoedige toekoms vir almal.“Wanneer ’n kind na ’n hoëronderwysinstansie toe gestuur word, gebeur dit in die hoop dat daardie kind eendag op sy beurt iets vir die gemeenskap sal doen.”

 

Op 4 Februarie het die Vaaldriehoekkampus ook húl eerstejaarstudente verwelkom. “Ek is baie trots om te weet dat wanneer julle jul studies voltooi het, julle toegerus sal wees om ’n tasbare verskil in jul onderskeie gemeenskappe te maak,” het prof Dan gesê.

 

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER inLIGTING

’n Nuwe geslag staan aan die begin van ’n merkwaardige reis en hul toekoms lyk inderdaad blink.

NWU & U  |

NWU & U  |