NUUs

 

Ons helderste ster… Carmen Basson, ’n derdejaarstudent in verbruikerswetenskappe, was die algehele wenner van die 2019 Pukki Talentfees. Sy het die Solosang-kategorie, ATKV Belowendste Kunstenaar-toekenning en Eagi-prys gewen.

 

Sibusiso Simelane en Segomotso Shups het ’n wêreldgehalte-uitvoering van Andrew Lloyd Webber se Phantom of the Opera gelewer.Thloleho Lekana se uitvoering van Seal se Kiss from a Rose het aan hom die Juventis- en Protea Boekwinkel-toekenning besorg. Anro Janse van Rensburg en Herman Sauerman se uitvoering van Mel Brook se The Producers was ’n gunsteling by die gehoor. Carmen Basson beïndruk met Jenna Marbles se What bitches wear at the airport.<>

Alle foto’s deur Annemarie Wichmann, buiten waar anders aangedui.

Pukki Talentfees vertoon toptalent

Die 36ste Pukki Talentfees was anders as alle vorige talentfeeste. Hierdie jaar se fees is die eerste keer in ’n meer intieme omgewing aangebied, wat die gehoor in staat gestel het om manjifieke uitvoerings, met ’n vyfstuk-musiekgroep in die agtergrond, van naby te ervaar.

Eagi en Pukki, die NWU se maskotte, saam met Leroux Malan van NWU Potchefstroom Kunste, programdirekteur Nadine, algehele wenner Carmen Basson, en Jaco van der Walt, bestuurder van NWU Potchefstroom Kunste.

Die galageleenthede van die jaarlikse fees, wat deur NWU Kunste en die Kampusstudenteraad se Kunsteraad op die kampus in Potchefstroom aangebied word, het op 9 en 10 Mei plaasgevind.

 

Dit is by die Skool vir Musiek se konserwatorium aangebied, wat ’n baie kleiner lokaal is as die ouditorium waar dit voorheen aangebied is. Die aand was ’n viering van die uitvoerende en visuele kunste, wat ’n uitstalling in die foyer ingesluit het.

 

Altesaam 45 kunstenaars het in meer as 20 items hul beste gelewer, en seker gemaak daar is iets vir elkeen om te geniet.Die sanger Nadine was die programdirekteur, en die talentbeoordelaars het dosent Desmond Phuthi, televisieaanbieder en kommunikasiekundige Sinki Mlambo, en die Aardklop Kunstefees se Alexa Strachan ingesluit.

 

Dis waar sterre skitter

 

Jaco van der Walt, bestuurder van NWU Potchefstroom Kunste, sê die Pukki Talentfees is een van die talle platforms wat hulle geskep het vir studente om met hul talente te spog.

 

“Hierdie jaar se fees was weer ’n wonderlike ervaring. Die talent was verstommend. Ek glo vas hierdie jaar se deelnemers sal in die voetspore van dié van vorige Pukki Talentfeeste volg, byvoorbeeld dié van Katlego Maboe, en ons land se verhoë betree en in die toekoms bekende persoonlikhede word.”

 

 

 

dIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

En die wenners is … Ontspan en geniet die uitvoerings van sommige van ons kategoriewenners.

VORIGE

<

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U