redaksioneel

 

“Glo in jouself. Jy is dapperder as wat jy dink, talentvoller as wat jy weet, en in staat tot meer as wat jy jou kan verbeel.”

 

- Roy T Bennett, skrywer van The Light in the Heart

 

 

Redakteur

Nelia Engelbrecht

 

Redaksie

Willie du Plessis

Bertie Jacobs

Maryke Laas

Phenyo Mokgothu

Christopher Motabogi

Tumelo Muteme

Marelize Santana

Kiewiet Scheppel

Hanlie Smuts

Annette Willemse

 

Ontwerp en uitleg

Karen Viljoen

 

Fotografie

Redaksie en diensverskaffers

 

Redaksie

Nelia Engelbrecht

Tel 018 299 4937 of nelia.engelbrecht@nwu.ac.za

 

Die NWU & U word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans en Engels uitgegee.

 

Kom ons gebruik ons talente om ’n meesterstuk te skep

Geagte alumni

 

Die Amerikaner Michael Kearney het op die ouderdom van ses maande vir sy pediater gesê, “Ek het ’n infeksie in my linkeroor.”

 

Hierdie akademiese wonderkind het sy hoërskoolloopbaan voltooi toe hy ses jaar oud was, en het op 22 twee meestersgrade en ’n doktorsgraad in chemie gehad.

 

Volgens die definisie van die Amerikaanse federale regering toon begaafde en talentvolle studente besondere vermoëns op intellektuele, kreatiewe, kuns- of leierskapsgebied, of op spesifieke akademiese gebiede.

 

Wat sulke mense betref, staan ons in Suid-Afrika nie terug nie – ons het talle sulke mense, ook by die NWU.

 

Hulle sluit in die tegnologie-entrepreneur Elon Musk, en die wêreldleier in oopbron- en ondernemingsfilantropie, Mark Shuttleworth. Ons het ook verskeie kindergenieë, insluitende die tienjarige Sibahle Zwane van Soweto, wat onmiddellik yslike getalle in sy kop kan optel, en die tweejarige Omphile Tswai van Mapobane in Tshwane, wat kan lees en meetkundige figure kan identifiseer.

 

Ons ontwikkel ons mense se potensiaal

 

Wat die NWU-gemeenskap betref, is daar talle hoogs talentvolle persone, soos julle in hierdie uitgawe van die NWU & U kan sien.

 

Kyk byvoorbeeld na die marathonkampioen Elroy Gelant, of die veelsydige kunstenaar Cronjé Lemmer. Of die drie studenteleiers van die kampus in Mahikeng wat hul aangebore leierskapsvermoëns so ontwikkel het dat hulle nou hul vaardighede aan ander toekomstige jong leiers oordra.

 

Die wonderlike feit is dat elkeen van ons die potensiaal het om ons eie sterk punte te laat gedy.

 

In ’n artikel wat aanlyn in The Guardian verskyn, naamlik “What is talent – and can science spot what we will be best at?” beklemtoon Scott Barry Kaufman die belangrikheid daarvan om iets aan die gemeenskap terug te gee deur die vaardighede wat ons het, te deel. Wanneer ons ons individuele talente saamgooi, maak dit van die wêreld ’n meesterlike kunswerk.

 

Of jou talent dus is om met ander empatie te hê, om in die openbaar toesprake te lewer, of soos ’n nagtegaal te sing, ontwikkel hierdie talente.

 

Onthou, die wêreld is ons skilderdoek, en ons het ʼn meesterstuk om te voltooi.

 

Bronne: Wikipedia, Business Insider, parent24 en The Guardian.

 

 

Lekker lees!

 

Nelia en die

NWU & U-span

 

 

 

dIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

Alumniverhoudinge-praktisyns

 

Tshepisho Sebeela (Mahikeng) tshepisho.sebeela@nwu.ac.za

 

Abigail Leshope (Potchefstroom) abigail.leshope@nwu.ac.za

 

Zanele Ngobese (Vanderbijlpark) zanele.ngobese@nwu.ac.za

 

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U