REDAKSIONEEL

Alumna Yvonne Kgwarae sê sy kan haar akademiese kwalifikasies deurlopend in haar professionele lewe gebruik en terselfdertyd die kommunikasievaardighede wat sy opgedoen het, aanwend.

 

Geniet ’n aktiewe studentelewe

 

“Tydens my verblyf by die universiteit het ek aan verskeie buitemuurse aktiwiteite deelgeneem. Dit het gestrek van deelname aan vlugbal tot selfs ʼn tyd in studentepolitiek by die Menslike en Sosiale Wetenskappe (HSS) se Studenteraad.

 

Dit was nie vir my genoeg nie, dus het ek en ’n paar vriende op ’n dag besluit om ’n Vereniging vir Aktuele Sake te stig. Dit sou later lei tot die ontstaan van die studentepublikasie The Album (’n publikasie wat vandag nog bestaan).

 

My rol by The Album was om fondse in te samel en inhoud vir die publikasie te skep. Hierdeur het ek ’n pos as studente-assistent by die voormalige Openbare Betrekkinge-kantoor gekry, waar ek inhoud vir verskeie universiteitspublikasies ontwikkel en saamgevoeg het.”

 

 

Hou die fort in Botswana

Beste mede-alumni,

 

My naam is Yvonne Kgwarae en ek is ’n trotse gegradueerde van die NWU se kampus in Mahikeng – BA Sosiale Wetenskappe met sielkunde as hoofvak.

 

Ek het my studies as ’n jong, oorywerige meisie begin en dit voltooi as ’n afgeronde jong dame, reg vir die professionele wêreld.

 

Durf die wêreld aan

 

Gewapen met my graad en ervaring van die universiteit (kyk na die tekskassie in die linkerkolom), is ek terug Botswana toe, waar ek ’n pos by Populations Services International gekry het.

 

My loopbaan het in sosiale en gedragsveranderingkommunikasie begin. Daarna het ek vir verskeie NRO's in Botswana gewerk voordat ek by die Johns Hopkins Universiteit se Sentrum vir Kommunikasieprogramme aangesluit het.

 

Ek werk tans by die sentrum, waar ek toesig hou oor verskeie bedrywighede en verskillende gesondheidskommunikasieveldtogte ontwikkel en lei.

 

Behou die bande

 

Ek hou kontak met die universiteit deur die alumni in Botswana te koördineer.

 

Dis om seker te maak ons is almal in kontak en op hoogte van die verskillende gebeurtenisse en veranderinge by die universiteit. Dit sluit die koördinasie van verskillende liefdadigheidsinisiatiewe en die bevordering van die universiteit se handelsnaam in.

 

Ek is bevoorreg om ’n stewige grondslag by die Noordwes-Universiteit te kon kry en dit het my die formidabele vrou gemaak wat ek vandag is.

 

Groete,

 

Yvonne Kgwarae

#NWUAlumni

Skryf gerus en vertel ons waar in die wêreld julle jul bevind en hoe dit met jul loopbane gaan, of skryf sommer oor ditjies en datjies wat julle na aan die hart lê.

 

Stuur julle briewe na nelia.engelbrecht@nwu.ac.za, faks dit na 086 614 3222 of pos dit aan Nelia Engelbrecht, Korporatiewe Kommunikasie, Noordwes-Universiteit, Privaat Sak X1290, Potchefstroom, 2520.

 

ONS HOOR GRAAG VAN JULLE!

 

 

 

dIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U