ProfiELE

Prof Ilyayambwa Mwanawina

 

Prof Ilyayambwa Mwanawina dien tans as die NWU se waarnemende uitvoerende direkteur vir studentelewe.

 

Voor dit was hy ’n dosent op die kampus in Vanderbijlpark.

Ilya het in Lusaka in Zambië grootgeword en sy laer- en hoërskoolopvoeding in Botswana voltooi. Hy het toe by die kampus in Mahikeng aangesluit, waar hy ’n LLB-, LLM- en LLD-graad verwerf het.

 

Hy is op die ouderdom van 30 as medeprofessor in die regte aangestel nadat hy sy doktorale studie oor streeksintegrasie en internasionale reg voltooi het.

 

Terwyl hy by die NWU klasgegee het, het hy verskeie toekennings ontvang, insluitende die NWU se Institusionele Toekenning vir Onderriguitnemendheid en die Uitnemendheid in Navorsing-merietetoekenning.

 

Ilya word deur sy passie vir die Afrika Renaissance gedryf, en publiseer deurgaans oor onderwerpe wat met streeksintegrasie, beheer en menseregte verband hou.

 

 

Eenmaal ’n leier, altyd ’n leier

As jong studente het hulle reeds die kuns van leierskap ontdek en beoefen. Vandag is hulle nog steeds aan die voorpunt, terwyl hulle ander inspireer om ook leiers te wees.

NWU-alumni dr Bismark Tyobeka, prof Ilyayambwa Mwanawina en dr Tsietsi Mmutle het aanvanklik hul stempel as voorsitters van hul verteenwoordigende studenterade afgedruk.

 

Bismark het in die 1999/2000-ampstermyn die leiding by die studenteraad op die kampus in Mahikeng geneem, terwyl Ilya dit in 2010/11 gedoen het. Tsietsi was tydens 2012/13 die voorsitter.

 

Van daar af het hulle die akademiese leer geklim en hul PhD’s behaal, terwyl hulle hulself op hul onderskeie kundigheidsgebiede onderskei het. Deesdae gee hulle betekenis aan die woorde “terugploeg” en “gee dit aan”.

Dr Bismark Tyobeka

 

Dr Bismark Tyobeka, wat tans as die vyfde voorsitter van die NWU Raad dien, is sedert November 2014 ’n Raadslid.

 

Bismark word erken as een van die vooraanstaande kernkragkundiges in die wêreld.

 

Hy is op die oomblik die HUB van die Nasionale Kernreguleerder van Suid-Afrika (NNRSA), en speel ’n belangrike rol in die verskeie inisiatiewe van die Internasionale Atoomenergieagentskap (IAEA).

 

Sy loopbaan het in 2000 begin, toe hy as senior reaktorfisikus gewerk het – eers by Eskom en toe by die Penn State Universiteit in die VSA. Voor sy aanstelling as HUB by die NNRSA in 2013, het hy as kerningenieur by die IAEA in Oostenryk gewerk.

 

Bismark het sy akademiese loopbaan op die kampus in Mahikeng begin, waar hy ’n BScEd- en ’n MSc-graad verwerf het. Dit is gevolg deur nog twee meestersgrade: een van die Colorado Tegniese Universiteit in die VSA, en nog een van die Penn State Universiteit, waar hy ook in 2007 sy PhD in kerningenieurswese verwerf het.

 

Hy het in 2013 die NWU se Alumni-toekenning vir Uitnemendheid ontvang vir sy persoonlike en loopbaanprestasies, veral vir sy geweldige groot bydrae tot kernwetenskap regoor die wêreld.

 

Dr Tsietsi Mmutle

 

Dr Tsietsi Mmutle is ’n dosent by die Skool vir Kommunikasiestudies op die kampus in Mahikeng.

 

Hy het in 2011 sy eerste graad voltooi, toe ’n BAHons in 2012 en ’n meestersgraad in Kommunikasie in 2013, alles in Mahikeng.

 

In 2012 het sy akademiese prestasies aan hom die Rektorstoekenning besorg. Dit het hom die geleentheid gegee om as uitruilstudent by die Hanseo Universiteit in Suid-Korea die veldwerk vir sy meestersgraad te doen.

 

Kort ná sy terugkeer het Tsietsi in 2014 by die kampus se akademici aangesluit.

 

Hy het ook ’n PhD in kommunikasiebestuur van die Universiteit van Pretoria. Sy navorsingsbelangstellings sluit regeringskommunikasie, strategiese kommunikasie, reputasiebestuur, asook deelnemende en bemarkingskommunikasie in.

 

 

 

 

dIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

“Voordat jy ʼn leier is, beteken sukses om jouself te ontwikkel. Wanneer jy ʼn leier word, gaan dit oor die ontwikkeling van ander.”

- Jack Welch

 

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U