NUUs

 

Langafstandkampioen Elroy Gelant het in die Twee Oseane-halfmarathon in Kaapstad met die louere weggestap. Sy fokus is nou op die Denemarke-halfmarathon, en daarna roep die 2020 Olimpiese Spele in Tokio.

 

’n Uitstekende herstel

 

Volgens Jean Verster, bestuurder van die Hoëprestasie-instituut op die kampus in Potchefstroom, toon Elroy geen tekens van die beserings wat hom ’n rukkie terug gepla het nie.

 

“Hy het vir ’n paar sessies by ons aangesluit nadat hy op sy eie geoefen het, en hy begin nou weer lyk soos die Elroy wat ons ken,” sê Jean.

 

“Ek is amper geskok deur die vinnige verbetering wat hy getoon het. Hy is besig met ’n geweldige terugkeer, en ek is oortuig dat hy nie net dieselfde hoogtes sal bereik as vantevore nie, maar selfs beter sal vaar.”

 

Elroy, ’n Big Mac en Kopenhagen

Kopenhagen, die hoofstad van Denemarke, lyk presies soos ’n reisbrosjure: Helder oranje, geel en rooi kleure versier die vooraansig van die multiverdiepinghuise langs die Nyhavnkanaal.

In die middestad kronkel Strøgetstraat verby rooibaksteenkerke en koffiewinkels wat vaffelkos verkoop, terwyl Barok- en Nederlandse Renaissance-argitektuur saam met die moderne invloede ’n mengelmoes van kleure en lyne vorm.

 

Dit alles sal vir Elroy Gelant vaagweg verbyflits terwyl hy na ’n groot M-teken soek op pad na Øster Alléstraat. Daar sal hy op Sondag 15 September hierdie jaar by 25 000 ander deelnemers aansluit vir die Kopenhagen-halfmarathon.

 

Soek brandstof

 

Daar is vier McDonald’s-restaurante in Kopenhagen, en Elroy sal op die uitkyk wees vir Ronald se vriendelike glimlag. Dis omdat ’n deel van hierdie uitmuntende atleet se voorbereidings vir ’n wedren ’n Big Mac is.

 

Vir oor die 21 km, wat die grootste deel van die sentrum van Kopenhagen en Frederiksberg dek, sal dit help om vir Elroy se woema te sorg in sy strewe om die Suid-Afrikaanse halfmarathonrekord sy eie te maak.

 

“My doel is om die Suid-Afrikaanse halfmarathonrekord later hierdie jaar in Denemarke te verbeter. Om dit reg te kry, moet ek ’n wedren van onder 60 minute hardloop,” sê Elroy.

 

Dit is ’n fisiese sowel as ’n innerlike uitdaging vir die Olimpiese atleet.“’n Marathon is soos om skaak te speel: Jy moet jou skuiwe op die regte tyd maak, en jy moet ander mense se skuiwe dophou. Dit gaan oor deursettingsvermoë en jou wilskrag om te wen.”

 

Elroy sal weet. Dié 32-jarige assistent by die NWU se Departement Mense en Kultuur het onlangs die Twee Oseane-halfmarathon in Kaapstad gewen, en is opgewonde om later vanjaar na die Skandinawiese Skiereiland te vertrek.

 

Daarna, wanneer die 2020 Olimpiese Spele in Tokio aan die beurt kom, sal Elroy moet leer om te sê: “ビッグマック、お願い”. ’n Big Mac, asseblief.

 

 

 

dIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

Ná Elroy se oorwinning in die Twee Oseane-halfmarathon gee visekanselier prof Dan Kgwadi vir hom ’n brief van gelukwensing namens die universiteit en wens hom sterkte toe vir sy volgende marathons.

 

VORIGE

<

In hierdie video vertel Elroy hoe dit voel om ’n Olimpiese atleet te wees en ook wat hom inspireer.

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U