PROFIELE

Talle vooraanstaande vroue het mode-ontwerper Cronjé Lemmer se skeppings na groot geleenthede gedra. “Ek is mal daaroor om met materiaal te werk en te sien hoe ’n rok tot iets spesiaals ontwikkel wanneer ek alles bymekaarsit.”

 

Sy brood en botter

 

Hy sê klere-ontwerp is sy brood en botter.

 

“My aanleg vir kleremaak het op skool al begin. Toe ek in standerd 9 was, het ek drie poppe met klere wat ek vir hulle ontwerp het vir ’n kompetisie by die Randse Paasskou ingeskryf. Tot my verbasing het ek vier pryse met daardie ontwerpe gewen.”

 

Dit het vir hom ’n wêreld van moontlikhede oopgemaak en ’n belangrike rol gespeel in sy besluit om in die skeppende kunste te studeer.

 

Cronjé leef sy drome

“Ek gaan nooit aftree nie,” is die woorde van Cronjé Lemmer, bekende kunstenaar en ontwerper, wat van plan is om kreatief en produktief te bly.

 

Op 70 het hy ’n entoesiasme vir die lewe wat baie jonger mense nie het nie.

Dit is sy entoesiasme om gedurig te skep wat hom op verskillende loopbaanpaaie geneem het sedert hy in 1971 met ’n BA-graad in spraak en interpretasie, drama en kunsgeskiedenis aan die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO) gegradueer het.

 

Sedert sy studentedae, wat hy glo hom vir sukses voorberei het, het hy gereeld nuwe uitdagings aangepak – eers as mode-ontwerper en entrepreneur, en uiteindelik as kunstenaar en onderwyser.

 

Rokke en drama

 

“Ek wou mode-ontwerp bestudeer, maar die universiteit het dit nie aangebied nie. Ek het toe besluit drama is ’n goeie alternatief.”

 

Cronjé sê dit was ’n goeie keuse. Hy het spoedig kontrakte gekry om kostuums vir die universiteit se kuns- en teaterproduksies en vir die Alabama Studentegeselskap te ontwerp. Drama het vir hom die selfvertroue gegee om met nog meer vasberadenheid sy droom na te jaag om ’n ontwerper te word.

 

Nadat hy sy universiteitsgraad voltooi het, het hy onder die bekende ontwerper Joey Spiller as mode-ontwerper gekwalifiseer. Sy talent is raakgesien en gou het bekende vroue sy rokke gedra, soos die sangers Carike Keuzenkamp en Rina Hugo.

 

Die huis waar kuns lewe

 

Hierdie sukses was net die begin vir die rustelose Cronjé. Om ledig te wees, is een van die dinge wat hy met sy hele hart haat. ’n Ander een is kaal mure. ’n Besoek aan sy huis in Potchefstroom, wat hy jare gelede in ’n galery omskep het, onthul ’n skatkis van pragtige kunswerke.

 

Die meeste daarvan is deur homself geskep, met die uitsondering van ’n paar deur ander gerespekteerde kunstenaars en hegte vriende soos Erhardt Grobbelaar en Roy Forte.

 

 

 

dIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Cronjé sê sy twee rifrughonde, Olga en Ben, is sy oogappels. “Hulle is baie lojaal. Hulle weet wanneer ek gelukkig of hartseer is, en hulle weet net hoe om my dag op te vrolik.” Ben (4) is die jongste en baie spelerig.

 

“Een van my trotsste oomblikke was toe agt van my skeppings by die parlementsopening deur mense van regoor die politieke spektrum gedra is. Dit het gevoel of ek uiteindelik my doel bereik het.”

 

’n Heildronk op nuwe hoofstukke en kreatiewe planne!

 

Cronjé se passie vir kuns het uitgekring na illustrasiekuns – iets wat hy nou by die Potchefstroomse Akademie onderrig.

 

“Onderwys is ’n wonderlike ervaring. Dit is inspirerend om tegnieke en idees te deel en te sien hoe talentvolle jong mense dan hul ware vermoëns ontdek.”

 

Hoewel onderrig en kollagrafie hom besig hou – hy is besig om vir nog ’n groot uitstalling in Oktober voor te berei – ontwerp hy steeds aktief klere en kyk na nuwe uitdagings.

Talle van Cronjé se kunswerke het ’n tuiste gevind in die versamelings van die NWU en ander korporatiewe en privaat versamelings.

Gee vorm aan sy kuns

 

Hy het in 1991 ingeskryf vir ’n kursus in etswerk wat die voormalige PU vir CHO aangebied het.  Hy sê nadat hy ’n demonstrasie van kollagrafie deur Annelise Bouwker gesien het, het hy onmiddellik geweet dat dit die tegniek is wat vorm aan sy kuns sou gee.

 

Hy het spoedig begin om indrukwekkende kunswerke te maak, die meeste met godsdienstemas. Sy talent op hierdie gebied het nie net tot talle plaaslike kunsuitstallings gelei nie, maar ook tot internasionale uitstallings in Londen, Parys en Berlyn. “Ek vertoon my kuns oral – van groot galerye tot by kunsfeeste en selfs markte.”

 

Hy maak dit in Malta

 

’n Paar jaar gelede het ’n kunsversamelaar van Malta, Ingrid Kidder, sy en medekunstenaar Erhardt Grobbelaar se werk gesien by een van die markte waar hulle uitgestal het.

 

“Sy het 17 kunswerke gekoop en ons genooi om in Malta uit te stal. ’n Verdere 64 werke is by die uitstalling verkoop, wat dit een van my suksesvolste uitstallings ooit maak.”

 

 

“Een van my loopbaan se hoogtepunte was toe ek deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Vereniging vir Visuele Kunste gekies is om in 2007 die Cité International Des Arts in Parys by te woon.”

 

In hierdie video beskryf Cronjé beskryf hoe die kollagrafie-proses werk.

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U