NUUs

Dr Mpho Motlhabane, NWU-alumnus en  LUR vir gemeenskapsveiligheid en vervoer in Noordwes, lewer die hoofrede by die tuiskomsgaladinee vir alumni.

 

Dit voel soos ’n tuiskoms

 

Die gasspreker by die galadinee was die LUR vir gemeenskapsveiligheid en vervoer van Noordwes, dr Mpho Motlhabane, wat ook ’n alumnus van die NWU is.

 

Mpho sê hy is verheug dat hy ’n student aan hierdie wonderlike universiteit kon wees.

 

“Dit voel soos ’n tuiskoms om hierdie menigte voormalige studente te sien,” sê hy. “Die atmosfeer, die mense, die gemak, die aandag, die afwagting vir dit wat nog voorlê – dis myle verwyder van die tyd toe ons rou, verskrikte eerstejaars was.

 

“Ons is nou volwassenes. Ons het ons plek in die lewe gevind, en speel ’n belangrike rol as werkers, akademici, ekonome, politici, prokureurs, onderwysers, sakelui, en ander.”

 

Hoe om maatskaplike geregtigheid te laat werk

Maatskaplike geregtigheid is nie ’n abstrakte begrip nie, maar iets wat met dade gepaard moet gaan, soos alumni van die kampus in Mahikeng onlangs getoon het.

Die 250 alumni wat op 17 en 18 Mei 2019 ’n tuiskomsgeleentheid bygewoon het, wou iets aan hul gemeenskappe teruggee en het hul harte oopgemaak vir ander wat in nood verkeer.

 

Hulle het saam meer as 200 paar skoolskoene geskenk en belowe om sanitêre produkte en toiletware aan leerders van die Hoërskool Kagiso-Barolong te verskaf. Hul pogings is deur hulle mede-alumni Aobakwe Ditshetelo en Molefe Molamu gekoördineer.

 

’n Naweek vol pret en plesier

 

Dit was die eerste tuiskomsnaweek vir die groep, wat vanaf 1980 tot 1990 studente was. Die gebeurtenis het ’n verwelkomingsbraai, ’n 10 km-staptog, ’n potjie gholf, en ’n kampustoer ingesluit. En om af te sluit, was daar ’n galadinee.

Hier kuier Busi Ntsele, Memory Rabanye, Nonoki Rampai, Abigail Sono, Masodi Xaba, Legasa Mogadime en Rosa Mohube saam tydens die tuiskomsgeleentheid. Agter is Power Gopane.

Prof Sonia Swanepoel het tydens die galadinee beklemtoon dat die NWU nie net gegradueerdes van wêreldgehalte lewer nie, maar ook maatskaplike geregtigheid ernstig opneem. Sonia, wat die uitvoerende dekaan van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe is, het die alumni namens die adjunk-visekanselier, prof Marilyn Setlalentoa, toegespreek.

 

Alumnus Aobakwe Ditshetelo sê hy voel besonder geëerd om die geleentheid by te woon.

 

“Hierdie gebeurtenis het talle van die voormalige studente van hierdie besondere universiteit byeengebring. So ’n geleentheid moet nie net gebruik word om ons prestasies as voormalige studente en gegradueerdes van hierdie universiteit te vier nie, maar ook om iets vir huidige studente terug te ploeg.”

 

 

 

dIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Prof Sonia Swanepoel, die uitvoerende dekaan van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, het ook die alumni tydens die tuiskomsgeleentheid toegespreek.

VORIGE

<

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U